Nuut van Frenette van Wyk!!

Frenette bederf ons in Oktober met nog ‘n kan-nie-neersit-nie boek!

EK WIL JOU HÊ – Frenette van Wyk

Romanza, Oktober 2012

Sugar is nou wel ’n mechanic en garage-eienaar maar sy is ook vrou. En onverwags bevind sy haar alleen saam met ’n aantreklike man op ’n 4×4-roete in ’n nag vol Bosveldsterre.

Nuut van Marilé Cloete!

In Oktober word ons bederf met ‘n nuwe lekker-lees boek van Marilé Cloete!

HAAR GROOTSTE GESKENK – Marilé Cloete

Romanza, Oktober 2012

Bernice wil kranksinnig word soos die nuwe buurman se hond blaf. En dit terwyl sy haar tweede misdaadroman skryf. Haar aantreklike buurman word egter op die lange duur vir haar ’n groter probleem …

Ontmoet vir Heila van der Merwe!

1.  Dis moeilik om een gunsteling Afrikaanse boek te kies, want elke boek het iets wat dit besonders maak. Ek hou van ‘n historiese roman en daarom sal ek maar Kringe in ‘n bos en Tussen stasies kies.

2.  My gunsteling skrywer is Jane Austen.

3.  Ek kan nie sê ek het een rolmodel vir skryf nie, maar mens is seker wat jy lees. Elke verhaal vra ‘n ander ritme en musiek. Ek probeer net om in gewone taal te skryf  en so my eie styl te ontwikkel.

4.  My gunsteling aanhaling is: aan jou dade grens ‘n ewigheid, DJ O.

5. Ek het vier jaar gelede begin skryf. Maar ek moet sê, vandat ek by Lapa uitgekom het, het ek baie geleer.

6.  Ek het nog nooit baie van ‘n vaste roetine Continue reading

Agtergrond: Verlore jare

Verlore jare se storie dwaal al baie lank in my onderbewussyn rond en ek moes dit net eenvoudig skryf.  Daar was destyds ‘n meisie in my klas wat op 16 swanger geraak het en haar baba opgegee het vir aanneming.  Sy was ‘n stil, voorbeeldige en goed opgevoede kind en ons was almal vreeslik geskok dat so iets met haar kon gebeur.

Toe my eersteling jare later gebore is en ek hierdie oorweldigende vloedgolf van liefde vir die kleintjie ervaar, was ek so dankbaar dat ek nooit voor daardie moeilike keuse te staan gekom nie.  Ek het weer aan my klasmaat Continue reading

Waar kom die storie vandaan?

Rika du Plessis vertel as volg oor haar nuutste Romanza:

Sterre vir ewig is gebore as gevolg van ‘n Kreeffees wat ek op Lambertsbaai bygewoon het. Daar het ek ‘n stom meisie ontmoet, ‘n pragtige mens. Haar stokperdjie was houtwerk, maar anders as die meisie in Sterre vir ewig wat enigiets in houtwerk gedoen het, het hierdie meisie net kaboutertjies uit hout gekerf en hulle vernis. Sy was nou net nie ‘n sangeres wat net tydelik haar stem verloor het nie, maar dit het my aan die dink gesit, en Sterre vir ewig was in aantog. Al was dit net haar stokperdjie, het sy ook dikwels daarvan verkoop wat sy op aanvraag gemaak het, vandaar die heldin se winkel.

Die ontstaan van Hart oorboord

Ida Bester vertel:

Hierdie Romanza het my grys hare besorg, waarskynlik omdat dit uit die blote idee van ‘n titel ontstaan het. Na Pasmaats en Duikmaats wou ek opsluit oor Kajuitmaats skryf. Nadat ek terugvoer van medeskrywers gekry het, het ek die intrige herskryf en na LAPA se manuskripontwikkelar se terugvoering nog verdere ingrypende veranderinge aan die karakters en die storielyn aangebring. Toe besluit ek sommer op ‘n ander titel ook. Die insette was van onskatbare waarde.

 

Waar kom die storie vandaan?

Madelie Human vertel oor die ontstaan van Allesbehalwe:

My pa het altyd oor die verskille tussen mense se opvoeding en hul verskillende maniere van doen, gesê : “Dis duidelik ’n ander voël se kuiken daai.”

Enige liefdesverhouding verg aanpassing om te kan slaag en as die paartjie se opvoeding hemelsbreed verskil, kan die vonke behoorlik spat. Toe wonder ek hoe dit sal werk as ek die held en heldin van my storie sulke radikaal verskillende agtergronde gee – vandaar Continue reading

Proestukkie: Verlore jare

Nakita blaf opgewonde en spring teen die voordeur op. Isabella frons en maak die deur versigtig oop.  Die hond skiet by haar verby na buite.

Juan sit op die rand van die stoepie met sy kop in sy hande. Hy kyk om toe hy haar gewaar en staan tydsaam op om die trappies na die stoep op te klim.

“Ek weet jy wil my nie sien nie, Bella.” Hy skud sy kop en vee sy vingers deur die donker, deurmekaar gewaaide hare. “Ek kon nie wegbly nie,” sê hy sag en beweeg nader aan haar waar sy Continue reading

Proestukkie: Sterre vir ewig

“O, maar jy ruik vreeslik lekker.” Die volgende oomblik druk hy sy gesig in haar nek en snuif hard soos ‘n hond aan haar.

Geskok staan sy vir ‘n sekonde stil. Is die outjie nou skoon laf? Clarissa gee vinnig pad van hom af, en maak of niks gebeur het nie. Sy sien eers vir Erwee  toe sy by die trappe kom en hy besig is om met syne afgestap te kom. Daar is al  weer ‘n grinnik op sy bakkies. Hy het natuurlik die hele gedoente gesien. Hy kom vinnig nader Continue reading