Mari Roberts vertel meer oor Liefdesboodskap

Copy of Mari en MariléDit het nog altyd vir my ‘n besonderse bekoring ingehou om mense se stories te hoor. Veral as ‘n paartjie wat duidelik baie goeie vriende is, eendag ontdek hulle is eintlik baie lief vir mekaar. Dit is amper vir my meer romanties as wanneer ‘n man en vrou ontmoet en dit is liefde met die eerste oog opslag.

Soos dit maar gebeur het Sebastiaan en Kristie as newekarakters in Liefdesdroom hulle opwagting gemaak en toe die boek klaar is, wou hulle my nie los nie. Hulle storie oor ‘n vriendskap wat in ‘n liefdesverhouding verander, moes vertel word. 

Ek hoop julle lees lekker.

Advertisements

Lusmakertjie: Diamant uit Afrika

Diamant uit AfrikaRoald se streng gesig is enkele sentimeters van hare. Wasem slaan van hulle lywe op terwyl hulle mekaar in die oë kyk. Sy knip-knip haar oë teen die aanslag van die reën terwyl haar hart in haar keel spring. Hy draai weg van haar toe die rebel langs hom hulle aanjaag en sy beur weer vorentoe deur die reën. Sy verberg haar gesig agter haar nat hare terwyl sy haar bes probeer om nie toe te gee aan die oorweldigende gevoel dat hulle verlore is nie. Die reën vee alle tekens van die magtelose trane wat oor haar wange rol af. Tog hou sy haar gesig afgewend, want sy wil nie hê haar kollegas moet die innerlike stryd in haar sien nie. 

Dit word blykbaar ook vir die leier ongerieflik om in die reën voort te sukkel, want hy roep halt en sy gaan staan dankbaar.

Een van die rebelle beduie hulle moet net daar waar hulle staan in ʼn bondel op die grond sit en sy kyk ongelowig na die man, haar moegheid vir ʼn oomblik vergete. Sy keer toe Shannon wil gehoorsaam. Dis verregaande dat van hulle verwag word om netso in die modder in die gietende reën te sit. Die man kom geïrriteerd nader terwyl hy woes met sy geweer beduie. Die ander gehoorsaam en sy voel hoe sy hard af grond toe getrek word.

“Wat is fout met jou?” vra Roald vererg toe sy noodgedwonge langs hom neersak. “Wíl jy die rebelle verkeerd opvryf?”

“Nee, maar ek gaan nie hier in die modder sit nie. Hulle kan ons gerus êrens anders laat rus.”

“Luister jy nou vir my,” sê hy en sy stem is laag van ingehoue woede. “As jy lewendig hier wil uitkom, doen jy wat hulle sê en jy doen wat ek sê. Dis nie nou die tyd om jou upstairs te hou nie. Hierdie is nie jou gerieflike koninkryk in Engeland nie, hierdie is Donker Afrika. ʼn Koninkryk wat jy nie verstaan nie en nie moet waag om uit te tart nie.”

Proestukkie: Onpeilbare vreemdeling

Onpeilbare vreemdelingZoë druk die foon dood en toe sy omdraai, bots sy teen iemand. Haar oë vlieg op na die man se gesig om verskoning te vra, maar die woorde stol op haar lippe. “Alan!”

“Haai, Zoë. Ek is net so verras om jou hier te sien.”

Verrassing beskryf nie juis wat sy voel nie. Sy herwin haar ewewig. “Wat doen jy hier?”

Hy boog sy wenkbroue en sy oë is onverklaarbare kil. “As jy wil weet of ek ook tussen hierdie besope en lawaaierige Continue reading

Proestukkie: Die ander vrou

Die ander vrou - CopyDie volgende oggend skrik sy en Fanus gelyktydig wakker van die gespat van water buite by die swembad. “Wiedehel swem hierdie tyd van die oggend?” brom Fanus.

“Dit kan net Kyla wees wat so vroeg al aan die swem is. Hierdie tyd van die oggend!”

Kon sy nie ten minste net gewag het totdat almal behoorlik wakker is en dalk ’n slukkie koffie gedrink het nie. So vroeg in die oggend het ’n mens sowaar jumper cables nodig om aan die Continue reading

Lusmakertjie: Kasteelbruid

Kasteelbruid GEPLAAS“So, ek is nou die sogenaamde ysterman waarvan jy praat,” spot hy tussen lagbuie deur.

            “Ja, net om Deidre jou teleur gestel het, is alle evas nou sommer vir jou net so onbetroubaar soos sy. Weet jy wat? Ek dink jou tante is reg. Jy het Deidre nog lief, en daarom hou jy jou so hardgebak.”

            Hy trek haar meteens styf teen sy bors vas, lig haar ken met sy vingers en laat sak sy kop tot sentimeters van hare af. Sy groen oë boor in hare en om sy mond speel nou ‘n sarkastiese glimlag. Hy praat nie, laat net sy oë Continue reading

Kristel vertel meer oor Die ander vrou

Die ander vrou - CopyIn my vorige boek, Eendagmooi, het Linda de Jager haar verskyning gemaak as die ander vrou, sy wat ’n hele klomp mense se lewens kom verfomfaai het. Sy, met haar lang bene en blonde haarlokke was die spreekwoordelike femme fatale, die flippen verleidelike Barbie waarmee Fanus van sy middeljare wou ontsnap.

Ek het hierdie feeks van ’n vroumens, saam met my lesers, met ’n passie gehaat. Die skelmpie wat mans van hul vroue en kinders steel en huise Continue reading