Marile Cloete gesels met Rentia Bartleman

  1. Hoekom lees jy graag liefdesverhale?
    Die liefde is vir my ‘n vervullende atmosfeer waarin ek kan ontsnap van die seer van die alledaagse lewe, en liefdesverhale neem my in daardie sfeer in.

2.  Lees jy ander genres ook? Engels? (biografieë, gedigte, speurverhale, ens?)
Graag geestelike fiksie maar dan in Engels verkieslik, of in elk geval as die oorspronklike skrif. Autobiografieë soms, en het ‘n groot voorliefde vir gedigte, veral oor die liefde!

3.  Wat irriteer jou soms aan die Afrikaanse liefdesverhale wat jy lees?
Dat ek eintlik vooraf weet watter twee bymekaar gaan uitkom.’n Verrassing van ‘n nuwe held wat die einde anders maak as verwag, is baie meer opwindend as die voorspelbare!

4.  Hoe lees jy? Stuk-stuk – of kan jy die boek nie neersit voor dit klaar is nie?
Sit dit nie neer voor dit klaar is nie!

5.  Hoe kies jy ‘n boek? Deur na die voorblad te kyk, die skrywer of die lokteks?
Die skrywer, en dan die lokteks.

6.  Verkies jy die slaapkamerdeur oop of wil jy jou verbeelding gebruik? M.a.w. seks of slegs geïmpliseerde seks? Of geen?

Slegs geimpliseerde seks. Maar as daar geen seks in is nie, mis ek dit nie.

7.  Is dit vir jou belangrik dat die voorblad die hoofkarakters moet wys soos hul in die boek beskryf word?
Nee, maar die voorblad moet darem iets van die titel van die boek weerspieël.

8.  Hou jy van verhale wat op eksotiese plekke afspeel?
Ja, maar ek het verhale wat in bekende plekke afspeel al net so geniet. Eksotiese plekke prikkel maar slegs die verbeelding meer, dit maak nie die storie beter nie.

9.  Verkies jy alledaagse name vir die karakters of iets eksoties?
Iets eksoties. Veral romanties as die een karakter alledaags is en die ander eksoties.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s