Naomi Eloff

Ek is getroud met ‘n uitsonderlike man, het drie pragtige kinders, twee seuns en ‘n feëprinses. Ons woon op ‘n avokadoplaas in die Limpopo naby ‘n klein dorpie genaamd Soekmekaar. Ek is my man se sekretaresse, ‘n voltydse ma en studeer tans ‘n “Comprehensive writing” diploma.
Ek is lief vir tuinmaak, perdry, fietsry, lees en natuurlik skryf. Ek skryf nie net romanzas nie, maar is ook lief om gedigte en lirieke te skryf.
Ek is tans besig met my eerste roman. Ek hoop om hom voor die einde van die jaar voor te lê en goeie terugvoer te kry.

7 thoughts on “Naomi Eloff

  1. Dina Botha says:

    Hi, Jammer om van al jou probleme te hoor. Jy is ‘n sterk mens en ek glo sal deur alles kom. Alles wat met jou gebeur sal jy wel eendag in ‘n m/s kan gebruik. Het jy hulp nodig met die m/s waarmee jy so swoeg? Kan ek help? Ek het Desember baie tyd op hande. Laat my weet. Groete Dina

  2. Dina Botha says:

    Hi Naomi. Die tyd het so gou verbygegaan en ek wou jou al vroer kontak om te hoor hoe dit met jou skrywery gaan. Is jou boek al gepubliseer of in die proses? Groete Dina

  3. Anzel says:

    Ek wou sê ek herken die gesiggie! Ek was ook op daardie skryfskool en het ook sopas my eerste manuskrip ingestuur. Nou wag ek ook maar in spanning. Sterkte jong! Ek hou vir jou duim vas. 🙂

    • Naomi Eloff says:

      Dankie, Madelie. Ek werk hard aan ‘n manuskrip waarop ek in April verlede jaar ‘n volledige verslag ontvang het en hoop van harte dat Lapa dit hierdie slag sal aanvaar. Ek moes eers die skryfskool in September 2009 bywoon vir die nodige riglyne. My grootste probleem is fokalisering. Voordat ek die kursus bygewoon het, het ek nie geweet wat fokalisering beteken nie! Nou weet ek, die uitdaging nou is om my hele manuskrip te herskryf! Al my karakters fokaliseer, dis harde werk om dit om te draai sodat slegs die heldin fokaliseer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s