Thea Holland

 

 

 

Thea Holland

Thea Holland woon by die see en skryf stories oor die liefde. Haar belangstellings strek so wyd soos die hemelruim: Sy hou graag wolke dop, maak bont skilderye vir haar eie plesier en bewonder haar kleindogters wat oë soos hulle ma het. Sy vergaap haar aan veldblomme, lag saam met haar spitsvondige seun en stap ver op stofstrate en sandstrande. Sy swem ook graag in ’n vlak baaitjie met stil water waarvan min mense weet, begeer haar buurman se stoep en pas soms die huishond op. Die lewe is vir haar ’n geskenk waarvoor ’n mens nooit dankbaar genoeg kan wees nie.

Titels deur Thea Holland

  • ’n Reënboog vir Mouette
  • Bruid in blou
  • Sê ja
  • Doodgewone wonderwerk
  • ’n Onverstandige vrou
  • Nog ’n casanova

 

 

11 thoughts on “Thea Holland

  1. Bets Smith says:

    Thea, ek het pas (hier by die see!) jou Doodgewone WOnderwerk gelees, en dit gate uit geniet. Dis ‘n heerlike storie en ek sien uit na nog baie.

    • theaholland says:

      Dis nou ‘n lekker ding om te hoor! Ek hoop jou ma het nie gedink die heldin is te voor op die wa nie.

  2. dirnaackermann says:

    Hoe bly is ek nou vir Amelia se skrywe, want dis toe ‘n aanmaning dat ek dit ook wou doen en toe nie so naby gekom het nie. Ek het (voel vir my) laaaank gewag vir iets nuuts van jou, en toe ‘n rukkie gelede Doodgewone Wonderwerk gelees. En sowaar, daar doen jy dit toe weer!!! Ek MOES dit eenvoudig in een sitting klaarmaak! Heerlik, Thea, absoluut heerlik!!!!!

    • theaholland says:

      Ja-nee, ek het langer as gewoonlik gesukkel met Wonderwerk, hoofsaaklik omdat die heldin so jonk is, maar natuurlik ook omdat ek bloot stadig is. Gelukkig het ek ‘n baie goeie verskoning vir die boek waaraan ek op die oomblik werk: Hy kom nie klaar nie want die lewe val my aanhoudend in die rede. Jy weet hoe dit is. Ek moes trek, ek moes nesskop op ‘n nuwe plek, daar was etlike rampe wat ek moes hanteer, en boonop was dit blykbaar die mooiste somer in jare op Bettysbaai, dus moes ek aanhoudend see toe gaan … Jou reaksie kom op presies die regte oomblik – ek sal beslis nou gaan sit en die knoop in my nuwe heldin se hart begin lostorring.

  3. ameliastrydom says:

    Hi Thea, wou jou net laat weet dat ek hierdie langnaweek jou Doodgewone Wonderwerk gelees en vreeslik geniet het. Dis sommer hoog op my lysie van gunsteling Romanzas. Ek sien uit na ‘n Onverstandige Vrou en hoop jy skryf sommer nog baie!

    • theaholland says:

      Dankie, Amelia. Jammer ek reageer nou eers, maar jy weet hoe besig ‘n mens met allerhande ander dinge kan raak! Dis vir my ‘n groot kompliment dat jy van die boek gehou het.

  4. Rika Du Plessis says:

    Thea, ek is baie agter met my leeswerk, maar ek was vandag geforseer om niks anders te doen as lees nie, want ons krag was driekwart van die dag af. Ek het jou “‘n Onverstandige vrou” gelees, en het jou karakters geloofwaardig gevind, die storie geniet en sommer net lekker gelees.

    • theaholland says:

      Dankie, Rika! Ek is bly (en verlig) dat jy van die storie hou. En ek is régtig bly die krag was af …

  5. theaholland says:

    Komende van jou is dit vir my ’n yslike kompliment! Jy sien, van al die Romanzas wat ek al gelees het, het ek die meeste van jou en Magdaleen Walters se boeke gehou.

    Die ander boek, “Nog ’n Casanova”, is lankal nie meer in druk beskikbaar nie, maar is nog, saam met “’n Onverstandige Vrou”, as e-boek beskikbaar by Kalahari.net en ’n paar ander web-plekke.

    O ja. Ek kan jou verseker dat die boek waaraan ek nou werk, nié in die eerste persoon geskryf is nie …

    • Dirna Ackermann says:

      Sjoe, en daar kleur jy my Saterdag sommer helder pienk! Of dalk pers ook! (ek is gek oor pers!) Ek weet nie waar jy bly nie, maar sien Madelie het gewonder of jy na Chanette se boekbekendstelling kom? Sal heerlik wees om jou te ontmoet. Ek gaan verseker kyk of ek Casanova as e-boek kan kry.
      Jy kan maar weer die eerste persoon takel, ek dink hoeka jy is baie dapper. Lyk vir my of dit nie maklik kan wees nie.
      Mooi loop en lekker werk. Ek sit met n ms wat einde Nov moet klaar en o koekemakranka, daar is nog baie om te doen. Seën en vrede

  6. dirnaackermann says:

    Hallo Thea, ek wens hierdie blog het klank gehad dat jy kan hoor hoe ek vir jou hande klap. Jy het iets reggekry wat ek nie gedink het moontlik is nie. En dis om my ‘n boek wat in die eerste persoon geskryf is, te laat lees. Ek haat stories in die eerste persoon en vermy dit gewoonlik soos die pes. MAAR nou die dag staan ek in ‘n boekwinkel, sien jou Onverstandige Vrou en besef ek het dan nog niks van jou gelees nie. Ek koop dit summier, (gelukkig sonder om binne-in te kyk) kom by die huis en met die oopmaak, sien ek … eerste persoon. Teleurgesteld gooi ek dit eenkant. Die middag gaan ek bietjie rus en besluit, ag, kyk tog maar daarna. Jy het dit dan nou gekoop. EN hier is nou die punchline! Ek kon dit nie neersit nie!!! Ek het dit sooooooooooo geniet! Baie dankie vir n heerlike leesavontuur! Jy het die heerlikste skryfstyl. So reg in my smaak! Doe so voort! Ek is nou op soek na nog van jou titels.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s