Chanette praat oor Meetsnoer

Hier volg ‘n paar aanhalings uit Chanette se toespraak by die bekendstelling van Meetsnoer op 17 November 2010:
Godsdiens bly natuurlik steeds ʼn baie sensitiewe saak en ʼn baie riskante tema in enige boek. Dis ʼn onderwerp wat mens veral nie sommer in ontspanningsfiksie sal verwag nie. Ek het egter nog altyd geglo dat mens enige tema in ontspanningsfiksie kan aanpak op voorwaarde dat dit ontspanningsfiksie bly en nie iets anders probeer word nie. Soos byvoorbeeld ʼn preek, of ʼn afdwing van idees nie. Ek hoop ek kry dit met Meetsnoer reg en ook om objektief te bly. Ek hoop dat dit steeds net ʼn storie bly wat mens wegvoer van die werklikheid en jou na ʼn ander, verbeelde realiteit neem.
***
Die verhaal begin waar Raine vir die eerste keer op pad is Fluisterbos toe en ontknoop van daar af. Dit maak ʼn draai by meerminne en moorde, by ʼn uitsonderlike plant met die naam Annie-se-lot en stuur uiteindelik op ʼn hele paar krisisse af. Dit gaan uiteindelik ook oor die meetsnoere waaraan Raine deur buitestaanders gemeet word en wat sy daaraan doen – of nie doen nie. En aan die einde oor die meetsnoere waaraan sy haarself, haar medemens en haar lewe meet.
***
Uiteindelik gaan die geloofsaspek in die boek oor iets wat goed en reg in sigself is, maar verabsoluteer en dan misbruik word vir persoonlike gewin. Dit gaan oor geestelike misbruik en uiteindelik geestelike mishandeling. Ek probeer nie antwoorde hieroor gee nie, so kan ek my nooit aanmatig nie. Die storie bly in die vorm van ontspanningsfiksie gegiet. ’n Verbeeldingsvlug wat storie geword het.

Die bronne wat ek gebruik het om vorm te gee aan die kerke en die profeet in Meetsnoer se storie, is nie Suid-Afrikaans nie. Ek het hoofsaaklik gaan kers opsteek in Amerika. Die stramien van wie en wat Profeet Sias is, is geskoei op die lees van mense soos – onder andere – Jim Jones, David Korresh en Jeffery Lundgren, maar Profeet Sias word ʼn eiesoortige Suid-Afrikaanse weergawe van wie en wat hulle was.
***
Die Meetsnoer kerk asook die drie broederkerke is die vrug van my verbeelding. Die kerke bestaan nie – nie in Suid-Afrika nie, ook in Amerika of in enige ander land nie. As hulle bestaan, weet ek nie van hulle nie. In my navorsing het ek egter op skokkende webwerwe afgekom waarin die haatspraak en fanatisme my asem weggeslaan het. Sommige was nie net Suid-Afrikaans nie, maar ook spesifiek in Afrikaans. Maar ek het darem ook op webwerwe afgekom wat my gemoedsrus gegee het dat fanatisme verreweg die uitsondering op die reël is.
***
Omdat die boek baie dik geword het, moes die gebruiklike Leeskringvrae wat ek in die vorige Gys-boeke gevra is om te plaas, dié keer wegval. Daar is egter een aspek wat ek baie graag sou wou hê in leeskringe bespreek word. Dit gaan oor een van die laaste krisis tonele dus kan ek nie te eksplisiet wees nie anders bederf ek die spanningsfaktor vir dié wat nog nie die boek gelees het nie.

Ek sal egter graag wil hê dat leeskringlede gaan kyk na die laaste toneel wat in Meetsnoer se kapel self afspeel. Gaan kyk na die manier waarop die mense uit die kapel probeer uitkom. Wat die mans doen, waarmee hulle dit doen en wat die vrouens doen. Kyk na die simboliek daaragter en bespreek dit. Ek dink as die leser dit verstaan, sal sy verstaan in watter gees die boek geskryf is. Vergelyk dit dan ook met Gys se gevoelens nadat die krisis verby is.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s