Rika du Plessis

Rika du Plessis_2016

Rika du Plessis is op Riebeek-Kasteel gebore en het haar skooljare op Riversdal en Wolseley voltooi. Daarna het sy ’n skryfkunsdiploma verwerf. Sy het eers haar twee seuns grootgemaak en nadat haar eerste man oorlede is, het sy begin skryf. LAPA Uitgewers het al heelwat van haar liefdesverhale gepubliseer. As ’n liefdesdaad skryf sy ook kleuterverhale en tienervervolgverhale vir ’n Christelike jeugtydskrif.  Hiervan het 120 kleuterverhaaltjies en 11 tienervervolgverhale verskyn. Sy woon op Thabazimbi in die Bosveld saam met haar man Gys en twee Jack Russells. Sy is ’n natuurliefhebber wat daarvan hou om in haar vrye tyd voëls in die veld dop te hou. Vir so lank as wat die Here vir haar ’n helder verstand gee, wil sy graag skryf omdat dit vir haar lekker is.

Gesels saam met haar op haar Facebook-blad: https://www.facebook.com/pages/Rika-du-Plessis-Skryfster/277993152273855?fref=ts

Die ring_MOBITropiese liefde (hoëres)Kayla se erfenis - Rika du Plessis

Rika se boeke:

  • Moedswillige vreemdeling
  • Eindelose liefde
  • Struikel oor liefde
  • Liefde agter sluiers
  • Die ring
  • Tropiese liefde
  • Dans van liefde
  • Kasteelbruid
  • Wewersvlei se mense
    Dokter Tinka se erfenis
    Voëlparadys *
    ‘n Kontrak vir Talana
    Wanneer die sluier lig
    Skuilplek: Elandsbaai
    Tuinhuisie van liefde
    Liewe klein nagmerrie *
    Versteurde liefde
    Elmine se ruiltransaksie
    Assistent vir Eden
    Verborge waarheid
    Gryp die dag
    ‘n Hand vol onthou
    Voetslaan na die liefde
    Vlug na Dorado
    Troebel erfenis
    Misterie op Ulundi
    Liefdestrik vir Inge
    Huis met baie vensters
    Paradysliefde
    Liefde met ‘n ompad
    Liefdespand uit die see
    Geknakte vlerke
    Sing ‘n nuwe lied
    ‘n Bonus vir Malinda
    Kupido se tuiste
    Najaarsliefde
    Leer my die liefde
    Angs en liefde op Makoppa
    Dans in die skadu
    Liefde soos vonkelwyn – GROOTDRUK
    Strydvure van die hart – GROOTDRUK
    Liefde in ‘n Noag-kar
    Ontgrendelde hart
    Sluier oor Drakenstein
    Bakhand vir die liefde – GROOTDRUK
    Asiel vir Annelie
    Oase in ‘n dorsland
    Tussen storms en sterre*
    Liefde soos confetti *
    Sterligliefde*
    Tweede liefde *
    ‘n Vrou soos Janine*
    Swerftog van liefde*
    Liefdesweerkaatsing*
    Proeseltjie liefde – GROOTDRUK
    Prinses van Lorani
    Liefdeshawe vir Ijani
    Glansligmeisie – GROOTDRUK
    Bosveldvlinder
    Jaarringe van liefde – Romanza sagtebandreeks
  • Liefde wink
  • Kayla se erfenis
  • Beproefde geluk
  • Kolkende emosies – Mei 2012
  • Boeke met ‘n sterretjie by was later herdruk.
  • Daar is ook twee onder my ander skuilnaam, Liza Moore, deur Lapa uitgegee.
    Tweeling van Utopia –GROOTDRUK
    Gesluierde waarheid

Boeke deur Hartbees Uitgewers uitgegee:

  • Vlek op die horison
  • Vure van onheil
  • Gesluierde nagte
  • Skim in die skadu
  • Spoor na liefde – word nou gedruk
  • Lelies van liefde – is op pad

E-boeke op Amazon

  • Wraakgodin
  • Vlindervrou
  • Eilandbruid
  • Gekneusde harte
  • Prinses Sumi

Jaarringe van liefde. Voor Sandra haar oë kon uitvee, is sy verloof. En sy dag sy huur net twee vertrekke.

Spoor na liefde.

Nina keer vanaf Engeland terug met wraak in haar hart teenoor die onbekende Tjaart, maar sy het nie geweet van sy aantreklike broer, Chris, wat haar pad gaan kruis nie, en die liefde laat hom mos nie voorskryf nie, dit ontkiem en groei waar dit wil.

Vlek op die horison.

Jessica gaan verpleeg by ‘n sendinghospitaal in die boendoes. Groot is haar skok om die baie aantreklike Otto, die man met wie sy op troue gestaan het, as dokter daar aan te tref. En hy verdink haar nog steeds van allerhande sondes.

Liefde wink:

Charlene het geen trek vir mans nie, sy weet van te veel ongelukkige huwelike. Maar hoe langer sy saam met Anton Brink werk, hoe meer voel sy tot hom aangetrokke – tot sy hoor hy het sy oog op ’n ander meisie.

Kayla se erfenis:
Kayla kom op haar bosveld erfplaas aan en is vuur en vlam om groot dinge daar te doen. Sy ontdek egter ‘n indringer op die plaas wat al vir maande daar wegkruip.  Weens sy bos baard herken sy hom nie dadelik nie, maar toe sy hom wel herken, is sy geskok. Hy was haar kunsonderwyser op universiteit en hy het haar – wat erg verlief op hom was – voor ‘n hele klomp studente erg verneder.

Beproefde geluk:

Sonita se rustige lewe word gekompliseerd toe sy bots teen ‘n uiters aantreklike man, Henro, se Herdershond. Toe haar eksverloofde, Len, haar kort daarna begin afpers om vir ‘n ruk lank voor te gee sy is sy meisie, vererger die komplikasies, want hy is Henro se neef. Haar lewe word vervleg tussen die verskeie paadjies wat Henro en Len met haar loop.

Die baie interaksies met Henro laat haar op hom verlief raak. Ook hy toon duidelik dat hy  haar wil hê.  Sy kan hom egter nie vertel waarom sy voorgee dat sy Len  se meisie is nie, en weens  misverstande kort daarna, glo hy boonop sy is ‘n  geldjagter en ‘n  onverantwoordelike  mens. Dinge loop lelik tussen hulle skeef, en sy wonder waar dit  alles gaan eindig.

 Kolkende emosies:

Walda verloor haar werk en besluit om haar ouma se erfenis in die vorm van ‘n gastehuis  in die Wildernis te gaan heropen.

Sommer die eerste dag daar maak sy weer kennis met Ben toe hulle voertuie bots. Hulle  was  eens verloof, maar vir haar lyk dit asof hy met opset maak of hy haar nie kan onthou nie.  Uit pure ergernis besluit sy om eers saam te speel. Sy oord is net langs hare  en daar volg  baie kopstampe gepaard met kolkende emosies.

Dit is ‘n stryd vir haar om so naby aan hom te bly, want sy het hom nog net so lief soos jare gelede, al stel hy duidelik nie belang om weer met haar ‘n verhouding te begin nie en  boonop is die beeldskone Lerina ook in sy lewe.

53 thoughts on “Rika du Plessis

  1. Heila Fourie says:

    Ek is opsoek na afrikaanse hardeband boeke en weet nie waar om afrikaanse boeke te koop nie.
    Groete
    Heila

    • cliffordenen says:

      Goeie dag Heila

      Die boeke is nie meer in hardeband beskikbaar nie, dis is nie ‘n volhoubare formaat nie. Jy kan Afrikaanse boeke by enige groot handelaar soos exclusive Books, CNA, PNA, BARGAIN BOOKS, ens. koop. Jy ook boeke direk by LAPA Uitgewers aankoop of jy kan by LAPA se Romanza-klub aansluit en tot 30% afslag op jou boekaankope kry. Hoop dit help. Vriendelike groete

  2. Rika Du Plessis says:

    Baie dankie vir die kompliment, Desiree, maar ek is bevrees van die oudstes gaan julle nie meer by Lapa in die hande kry nie, miskien in 2de handse boekwinkels. Stuur die lys aan Lapa en vra watter van die wat julle kort nog by hulle beskikbaar is, en indien nie, waar julle daarvoor kan soek. Met die boeke wat elders gepubliseer is, sal daardie uitgewers julle kan help, hulle is nog redelik nuut. Die volgende nuwe een verskyn by Lapa in Feb. 2012.

  3. Desiree Strydom says:

    Ek dog ek het die mederheid boeke gelees en tot my ontstelling ontdek ek daar is baie wat ek nog moet lees…en wil weet hoe ons te werke kan gaan om die te kry wat ons gemis het te kry,ek begin navra kry by bib lede wat nou hul persoonlike bib wil begin…ja nee kyk ons is bevooreg om jou in ons midste te kan he kyk uit vir nuwe lees stofxxx

  4. Suzie Combrinck says:

    Dankie dat jy my laat weet het van die 2 e-boeke. Ek het dit gelees en dit baie geniet. Ek is nie baie lief vir daardie medium nie want ek wil graag die boek in my hand en op my rak he, maar ongelukkig het nie al die mense die ruimte om die boeke te bere nie, so, ek moet vooruitgang nie veroordeel nie. Dankie en ek sal dit waardeer indien jy my op hoogte hou van jou skryfwerk.

  5. Friedel Marx says:

    Kayla se erfenis was vir my ‘n besonderse storie. My man het iets soortelyks as jou held beleef en ek het dit saam met hom beleef. Nooit gedink ek sal eendag ‘n verhaal lees wat ons so deel daarvan sal laat voel nie.

  6. Rika Du Plessis says:

    Sjee, Louwna, dat ek nou die dag moet beleef dat ‘n leseres graag soos ‘n heldin van my wil wees – dis darem ‘n yslike kompliment waarvoor ek baie dankie sê. Ek is bly jy en jou sus lees graag my boeke.

  7. Louwna says:

    Rika, Kayla se erfenis is wat ek noem, ‘n heeeeerlike verhaal. Die soort wat jy net eenvoudig nie neersit voor jy die laaste punt gelees het nie. Ek en my sus hoop daar kom nog baie sulkes. Jy het die vermoë om jou heldin intiem met jou leser te deel. As ek kon kies, sou ek soos jou Kayla wou wees.

  8. Rika Du Plessis says:

    Dit is goed om weer van jou te hoor, Fiona. Ja, Kayla se eksemplare het nog nie by my uitgekom nie, maar hy is seker op pad. Jy is reg, die biblioteke kry maar swaar met nuwe aankope. Julle doen ‘n goeie ding. Dankie vir jou e-pos en nuwe adres ook, en ek is bly ek kon jou nuuskierigheid darem ‘n antwoord gee.😛

  9. Fiona Linde says:

    Dit is weer ek, Fiona die Namakwalander. Ek het gelees van jou nuwe boek vir Junie, Kayla se erfenis, en ek kan nie wag om hom te lees nie. Ek en ‘n paar vriendinne het nou besluit dat ons al die leesboeke wat ons koop en klaar gelees het, aan ons biblioteek gaan skenk, want ons sien nie juis veel nuwes daar inkom nie. Ons verstaan dat die bibs se fondse maar swak is. Ek het ook ingestem, maar joune bly op my rak, want op vyf na, het ek al jou boeke en ek SAL nog daai vyf ook kry. O ja, ek het ‘n nuwe e-pos adres, ek stuur hom vir jou na joune toe, want ek skryf nog vanaand vir jou ‘n briefie – is baie nuuskierig oor iets wat ek gehoor het.

    • Madelie Human says:

      Rika! Het uiteindelik by ‘Liefde wink’ uitgekom! Lekker gelees. Ek kan sien hoekom Lapa so baie van jou boeke gepubliseer het oor die jare. Moenie nou-al ophou nie!

  10. vene says:

    hi tannie
    hoe gaan dit met tannie
    ek hou baie van tannie se boeke ek en my ma die meeste
    tannie moet n leka jaar he en ek hoop alles is wonderlik vir tannie in die jaar ek is verlief op lees kan nie sonder dit nie is maar my stokperdjie en my ander een is skryf maar ek sukkel maar n bietjie maar dit hou my leka besig .nouja tot later toe
    baie liefde daar vene xxxx

  11. Rika Du Plessis says:

    Vir die klompie van my lesers wat die afgelope ruk gekla het omdat hulle nie my nuwe boeke by Lapa kan kry nie, los ek hierdie boodskap sodat ek nie al jul mails hoef te antwoord nie- ek het net na hierdie blog vir julle verwys om hier te kom lees.
    My Hartbees boeke en die Crink boeke word nie deur Lapa gepubliseer nie en daarom is dit nie by Lapa te koop nie. Jul moet dit koop by Hartbees se website wat as volg is: http://www.hartbees.site11.com of hul kontak by 028-5141468 en die Crink boeke kan jul direk by Crink op hul website koop of hulle skakel by 012-4246521.
    Daar sal wel in November enetjie by Lapa self verskyn waarna julle kan uitkyk, Liefde Wink.
    Dankie vir jul belangstelling, dit word waardeer.

  12. Rika Du Plessis says:

    Ek wil net vir al my lesers sê dat ek nie meer in die toekoms my boeke wat by ander uitgewers verskyn hier sal aantoon nie aangesien hierdie blog eintlik net vir Romanzas is. Julle kan my ander boeke op my facebook en ook by Hartbees Uitgewers sien. Baie dankie.

  13. anngert says:

    Rika, ek het Jaarringe van die liefde by ‘n tweedehandse boekwinkel hier raakgeloop, dit vinnig gelees en baie geniet. Geluk daarmee, al is dit al lankal uitgegee.

  14. Rika Du Plessis says:

    Suzie, dit is lesers soos jy wat mens soos ‘n klontjie goud moet bewaar… dit is wat een van ons skryfsters oor jou gesê het nadat ek hulle van jou vertel het – en ek stem volmondig saam. Baie dankie dat ek ook onder jou lysie val en jy is enige tyd welkom op ons lesersblog.

  15. Suzie Combrinck says:

    Rika, baie dankie dat jy my voorgestel het aan hierdie addy. Ek het al jou boeke, ook die wat jy onder die naam Liza Moore geskryf het, dankie vir jou boeke. Ek dink ek kan met reg se dat ek “Geknakte vlerke” seker die meeste geniet het, nie dat die ander enigsins afgesteek het nie, veral “Vlek op die horison” was baie goed.

  16. Rika du Plessis says:

    Hi Louwna, dankie vir die kompliment. Ek is tans besig om heerlik vakansie te hou en die laptop is by my slegs vir emails en ander kleinighede. As jy van Vlek op die Horison gehou het, sal jy dalk ook die volgende een Vlamme van onheil geniet asook die een wat na hom gaan kom, nl. Gesluierde Nagte wat albei by Hartbees Uitgewers gaan verskyn.

  17. Louwna says:

    Hi Rika, ek het so pas jou Vlek op die Horison gelees, en ek wil graag vir jou noem dat ek hierdie boek nog meer geniet het as al jou ander voor dit. Ek het nog altyd van ‘n liefdesverhaal wat te midde van ‘n bietjie ander soort aksie ook afspeel. Ek hoop dit is vorentoe jou doel om so daarmee voort te gaan.

  18. Rika Du Plessis says:

    Elize, as ‘n skrywer sulke lojale lesers soos jy en Marcia het, wat meer kan sy vra. Baie dankie vir julle lieflike kommentaar, en laat weet gerus as daar van die boeke in jul versameling ontbreek sodat ons kan kyk of ons dit vir julle iewers in die hande kan kry. Sal jou laat weet wanneer Vlamme van onheil verskyn.

  19. Elize Grobler says:

    Liewe vriendin Rika,
    Marcia en ek is nou beisg om al jou 50+ boeke deur te gaan en dit te merk volgens jou lys van boeke. Ek vermoed dat daar so een of twee gaan wees wat ek nie het nie, maar sal jou laat weet. Ek geniet nog steeds al jou boeke en het self jou nuutste boek Vlek op die Horison baie geniet. Dankie vir die mooi boeke en asseblief hou tog nie op nie want ons is honger vir nog……
    Elize

  20. Elize Grobler says:

    Hi Rika, Marcia het jou boek Vlek op die Horison verslind. Soos altyd is dit ‘n lekker leesboek met baie liefde en ‘n paar interessante kinkels. Spoor na Liefde kon sy nie neersit totdat die boek klaar gelees was nie. Baie dankie vir al jou lekker boeke en sien uit na die volgende.
    Groete,
    Elize

  21. Kristen Olivier says:

    Rika, mag ek vra vir jou e-pos addy? Ek wil graag vir jou ‘n persoonlike briefie stuur? Nog ‘n ding, as Vlek op die horison gekom het, kan ek dit vir jou pos dat jy dit vir my teken?

  22. Kristen Olivier says:

    Hi, Rika, ek kap ook gou sommer hier by sus Kristen in om vir jou te se dat ek die enigste twee boeke van jou wat ek nog nie gelees het nie nl jou heel eerste boek, Wewersvlei se mense en Geknakte vlerke onlangs in n klein 2de handse winkel gekry het. Wewersvlei se mense was ‘n groot en aangename verrassing, want dit is nie aldag dat jy ‘n gestremde kry as held nie. Geknakte vlerke het ‘n dierbare en fantastiese heldin. Lekker skryf, ons kyk uit vir nog. Lise.

  23. Rika Du Plessis says:

    Kristen, ja, hy het verskyn, maar selfs ek het hom nog nie gesien nie, want my outeurseksemplare is nog op pad van Swellendam af waar die uitgewers is. Dit is Hartbees Uitgewers en jy kan hulle kontak by telefoon nr. 028-5141468 of hul posadres is Bus 329, Swellendam, 6740. Hulle is ook op Facebook op die Internet. Die eienaar is Gert Basson wat ook sy eie blog op die internet het. Dankie vir die navraag, ek waardeer dit.

  24. Kristen Olivier says:

    Ek sien Vlek op die Horison sou Februarie verskyn het. Indien hy wel verskyn het, kan jy my asb. vertel waar kan ek hom bekom? Ek het al jou ander boeke gelees en wil nie graag die een misloop net omdat hy nie by Lapa is nie. Ek sal weer kom inloer vir die informasie. Baie dankie.
    Kristen Olivier

  25. Rika Du Plessis says:

    Feona, jou briefie was ‘n aangename verrassing. Dit is verblydend om te hoor dat my boeke by julle ‘n gunsteling is – dit is altyd ‘n groot inspirasie vir my as skryfster om so iets te hoor. Baie dankie.

  26. Feona Linde says:

    Rika, ek is ‘n gebore Namakwalander en sal seker maar hier begrawe word ook. Ek het jou radiogesprek met Radio Namakwaland nou die dag gehoor en toe eers gehoor hoeveel boeke jy al publiseer het. Ek het nog net sewe van hulle gelees, want ons biblioteek is maar arm en koop nie baie boeke aan nie. Ek het almal baie geniet en sal graag meer wil lees. Ek het dadelik jou nuutste – Spoor van liefde – vir my bestel, dit pas klaar gelees en my so in die verhaal ingeleef dat ek eintlik spyt was toe ek klaar is. Ek hoop dat jy nog lank vir ons gaan skryf – jou boeke is ‘n gunsteling onder ons Namakwalandse vroue en na jou Radio-gesprek was daar nie een boek van jou op die rak toe ons gaan soek nie – almal was uitgeneem!

  27. Dina Botha says:

    Ek het jou Glansligmeisie by my skoonma se ouetehuis raakgeloop en gisteraand gelees. Ek het dit baie geniet. Dis eintlik lekker om te weet hoe wyd en suid ‘n ou se goed gelees word, ne.

  28. Rika Du Plessis says:

    Dankie, Dina, ek voel ek is die bevoorregte een om julle almal ook hier te leer ken.
    Ek het daardie Arrogante Yank van jou baie geniet, hoor.
    Ja, ek het net twee kinders – twee seuns – en die een wat by die omslagontwerp betrokke was, sit in Hamburg, Duitsland. Ek sien hom net so een keer in twee jaar en verlang maar baie. Noudat jy dit noem – ek het al sy karakter in ‘n verhaal gebruik juis omdat hy so ‘n bedagsame kêrel is.

  29. Dina Botha says:

    Rika, ek lees nou eers van die storie van jou seun se betrokkenheid by die omslag. Dis so sweet. Is dit nie wanneer ‘n mens jou seun wil opvreet van liefde nie? Die tipe karakter wat jy as ‘n held in ‘n boek wil gebruik?
    Ek het deur die jare heelwat van jou goed gelees en nooit besef ek sal jou eendag in Cuber space ontmoet nie. Dis vir my ‘n aangename voorreg.

  30. Rika Du Plessis says:

    Wie julle ook almal is, ek kan net sê baie dankie vir die mooi woorde, ek waardeer dit regtig. Solank die Here my spaar met ‘n gesonde verstand, sal ek probeer om nog vir julle en almal wat graag lees, te skryf.

  31. Rika du Plessis-fans says:

    Ek skryf namens ‘n hele paar lesers van Setaria en Thabazimbi, net om vir jou te sê hoe baie ons jou boeke geniet. Daar is nie juis uitsonderings nie, want ons geniet almal. Tog moet ek sê dat ‘n hele paar jou nuutste boek, Spoor na liefde, besonders gevind het en ons het lekker daaroor gesels. Jou Romanza-boek, Jaarringe van liefde het ook baie aftrek gekry as ek so na geselsies om my luister.

    Ons het net een boodskap vir jou,Rika en dit is dat jy tog nie moet ophou skryf nie, en baie sterkte daarmee. Ek noem nie ons almal se name hier nie, dis te veel.

    Rika du Plessis-fans!

  32. Rika Du Plessis says:

    Sjoe, waar het dit uitgelek?? Hou nie van lieg nie, so, ja, dit is waar. Die rede daarvoor is dat my seun betrokke was by die omslagontwerp en dit ewe geheim gehou het vir my tot die end. Hy besit daai skildery van my. Maar nogtans dankie dat jy die verhaal mooi vind – dit is altyd goed om te hoor as iemand jou skryfwerk geniet het.

  33. Sarie Coetzee says:

    Rika, ek het Spoor na liefde baie geniet, dit is ‘n heerlike liefdesverhaal. Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat die meisie op sy omslag van ‘n skildery van jouself is toe jy nog baie jonk was. Mag ons as lesers weet of dit die waarheid is? In elk geval, ek sien uit na jou volgende twee boeke waarvan jy praat.

    Sarie Coetzee

  34. Jenny Nel says:

    Baie geluk met Tannie se verjaarsdag, dieselfde dag as Nekita van Johnny! Hoop dit gaan beter met die gesondheid en alles wat mooi is en sommer baie inspirasie word jou toegewens vir die nuwe jaar! Almal sien baie uit na jou nuwe boeke. Laat weet maar wanneer die heel nuutste gepubliseer word en wanneer ons weer ‘n kleuter boekie kan verwag, want ek is nou ook ouma en kan dan begin bymekaar maak.

    Mag die Here jou seen en jou gedagtes goue vleuels gee! Baie liefde

    Jenny.

  35. rikaduplessis says:

    Elize, baie dankie vir jou ondersteunende kommentaar en mooi wense – dit word waardeer. Jy weet, sonder julle lesers beteken ons ou skryfseltjies nie veel nie.

  36. Elize Grobler says:

    Graag wil ek ook net kommentaar lewer op jou boeke. Glo my, ek het nog elke boek van jou geniet en sien uit na die wat nog kom. My dogter Marcia wat in in die Kaap woon vra gereeld of daar al ‘n nuwe boek van Tannie Rika uit is. Ek sien uit na die nuwe boek Vlek op die Horison en Vlamme van Onheil.
    Ek wens jou net die beste toe met jou wonderlike gawe van Bo om vir ons so lekker te kan skryf. Geluk ook met jou verjaarsdag gister (11.1.2010) en wens jou ‘n gesonde, gelukkige, voorspoedige jaar vol liefde toe.

    Vriendin
    Elize

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s