Santie van der Merwe

 

Santie van der Merwe 3

Anderkant vergeet is Santie van der Merwe se derde boek. As toegewyde ma en huisvrou het sy ʼn paar tydskrifverhale die lig laat sien, maar toe haar jongste kind uit die huis uit is, het sy besluit om haar hand aan ʼn roman te waag. Die roman het ʼn tweeluik geword. Gelyke kans en Vandat jy weg is is in 2015 gepubliseer.

Helen Schoër, redakteur van Baba & Kleuter sê oor Gelyke kans: “Ek’s ietwat van ’n boeksnob, maar dit was ’n stresvolle week en om in die bad te lê met Gelyke kans was pure ontspanning en daarvoor is ek die skrywer, Santie van der Merwe, dankbaar.”

Alta Cloete sê op Bookslive: “Gelyke kans is ‘n welkome toevoeging tot Afrikaans se skat van moderne, geloofwaardige liefdesverhale en nog ‘n stappie in die proses van lekkerleesboeke (ontspanningslektuur) om hulle regmatige plek langs die letterkunde in te neem.”

 Madri Victor sê op goodreads: “Wat ʼn lekker debuut! Onvoorspelbare plot, lewendige karakters wat méns is en net genoeg spanning om jou vasgenael te hou. Ek sien uit na ‘n volgende boek van Santie.”

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s