Zelda Mans

Zelda Mans_fotoZelda Mans is ’n Afrikaansonderwyseres op Cradock in die Karoo, wat graag saam met vriendinne in koffiewinkels oor die liefde filosofeer. Sy het op Kroonstad in die Vrystaat grootgeword en is ’n ywerige leser. Haar familie is die belangrikste mense in haar lewe en sy gaan fliek graag saam met haar twee susters, Liezl en Lucia. Sy het ’n groot liefde vir Geografie en droom daarvan om die wêreld vol te toer. As ’n ewige romantikus moes sy noodgedwonge die oorvloed van stories in haar kop neerpen. Sy skryf terwyl sy vir haar eie held wag.

Sy hart se lens

Sy hart se lens is haar eerste romanse in die Romanza-reeks.