Rika du Plessis gesels met ‘n manlike Romanzaleser

  1. Gaan koop jy self die romanses wat jy lees, of neem jy dit by ‘n biblioteek uit?

Nie een van die twee nie. My suster behoort aan julle Romanza-boekklub, so ek kry dit by haar.

2.Hoekom lees jy Romanzas? Mans hou mos gewoonlik van meer “manlike” leesstof, of hoe?

Wie het gesê ‘n man kan nie ook ‘n suiwer liefdesverhaal geniet nie? Natuurlik hou ek nog meer daarvan as dit ‘n agtergrond van spanning of speur het, maar dit is nie by my ‘n verpligting nie.

3. Die liefdesdaad… hou jy daarvan dat dit enduit gevoer moet word, of nie?

Vir my kan dit maar enduit gevoer word, maar dit moet so geskryf word dat ek nie die indruk van wellus of blote begeerte kry nie. Dit moet verkieslik ook nie meer as eenkeer in die boek voorkom nie, want dan laat dit my aan die laataand movies op TV dink.

4. Watter eienskappe moet ‘n romanse vir jou hê om dit ‘n goeie een te maak?

Die skrywer moet nie probeer om my intelligensie te onderskat en van goed te skryf wat op die aarde nie kan gebeur of bestaan nie. Daar moenie boring tussenin stukke wees wat my verveeld laat nie. Die verhaal moet darem ook iets van die werklike lewe in hê en nie ‘n onwerklike sprokiesliefde weergee nie. Natuurlik moet die verhaal goed en mooi eindig, want ons wil mos nie sad wees as ons klaar gelees het nie.

5. Watse tipe dinge in ‘n verhaal irriteer jou – iets wat jy dalk dikwels te lese kry?

As die skrywer skryf met die doel om mense te probeer beïndruk met hoë woorde of ingewikkelde terme ipv plein Afrikaans soos mense gewoonweg praat, is een van hulle. Nog ‘n ding is in sommige boeke hou die bakleiery tussen die held en heldin te lank aan en vorder die boek nie soos ek daarvan sou gehou het nie. Dit is goed en wel as in die begin verskille tussen hulle is, maar dit moenie uitgerek word nie dan begin dit geforseerd en “beplan” klink. Iets waarvan ek ook nie hou nie, is dat ‘n sekere iets te veel herhaal word – dit wek die indruk dat die skrywer dink die leser is onnosel en die sekere iets moet herhaal word dat die leser dit tog net onthou.

6. Hoekom wil jy nie jou naam geplaas hê of vir ons ‘n foto van jou gee om te plaas nie?

Ek is seker jy ken die antwoord op daardie ene. Al lees ek graag romanses, het ek steeds my manlike image om te behou onder die manne al wéét ek dat sommige van hulle dit ook lees, maar net soos ek nooit sal erken nie!

One thought on “Rika du Plessis gesels met ‘n manlike Romanzaleser

  1. Mari says:

    Dis ‘n great onderhoud! Ek het ‘n stukkie van manlike Romanza-lesers in die September Romanse-nuus geplaas.. Dit gaan Maandag drukkers toe.. ek wonder of ek nie ‘n deel van hierdie onderhoud vinnig kan inwerk voor dit print nie…. Hoe het julle ‘n kans gekry om ‘n onderhoud met die man te voer?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s