Agtergrond: Verlore jare

Verlore jare se storie dwaal al baie lank in my onderbewussyn rond en ek moes dit net eenvoudig skryf.  Daar was destyds ‘n meisie in my klas wat op 16 swanger geraak het en haar baba opgegee het vir aanneming.  Sy was ‘n stil, voorbeeldige en goed opgevoede kind en ons was almal vreeslik geskok dat so iets met haar kon gebeur.

Toe my eersteling jare later gebore is en ek hierdie oorweldigende vloedgolf van liefde vir die kleintjie ervaar, was ek so dankbaar dat ek nooit voor daardie moeilike keuse te staan gekom nie.  Ek het weer aan my klasmaat gedink en ook aan die tallose jong meisies wat so ‘n moeilike besluit moes maak en ek wou graag vir hulle almal ‘n storie skryf met ‘n gelukkige einde, want nie almal se stories draai gelukkig uit nie.

Isabella, my hoofkarakter, het haar pastoriedogter-agtergrond self gekies en was aanvanklik baie bitter oor wat met haar gebeur het.  Ek het my hande vol gehad om haar te laat besef dat haar keuses bygedra het tot die verloop van haar lewe en dit het baie wysigings en herskryf gekos om haar tot haar sinne te bring. Daar is ‘n paar onverwagse verwikkelinge en verassings wat op haar wag en wat haar lewe kompliseer, maar uiteindelik aanvaar sy dat haar besluit ook ander mense se lewe raak en dat die waarheid moet uit om werklik vry te word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s