Annetjie van Tonder

annetjie lapa foto 2008 small

Annetjie van Tonder woon op Klerksdorp in Noordwes. Sy ervaar die skryf van romanses as ’n wonderlike terapie vir die verlange na haar kinders wat almal ver woon: twee kinders oorsee en een in Pretoria. In haar knus meenthuis dagdroom sy baie en so ontstaan die meeste van haar verhale. Gelukkig is haar man iemand met sy voete plat op die aarde en behartig hy hul finansiële sake met groot noukeurigheid. Sy kan sodoende kommervry haar aandag aan haar skryfwerk gee. Sy het al ’n paar kortverhale in tydskrifte gepubliseer en skryf verder ook gedigte. Haar drie kleinkinders is haar hart se punt.

Titels deur Annetjie van Tonder:

  • Altyd somer
  • Raaiselvrou
  • Man in ’n raam
  • Tussen twee vure
  • Haar ander helfte
  • Bruid in brokaat
  • Liefdesweb
  • Nooit weer alleen
  • Nuwe seisoen

 

16 thoughts on “Annetjie van Tonder

  1. Emcé du Plessis (van Lill) says:

    Annetjie, ek wil graag weet of jy nie miskien in jou kinderdae op Reivilo gewoon het nie?

  2. anngert Annetjie says:

    Aliche
    Kyk of daar by julle ‘n tweedehandse boekwinkel is, jy sal daar van my ouer boeke baie goedkoop kan kry.
    Lekker lees.

  3. anngert Annetjie says:

    Liewe Aliche, jammer dat ek nou eers antwoord. In die feestye het ek ook bietjie uitgespan en wat ‘n verrassing was jou briefie toe ek op die blog loer. Jy mag my tannie noem, alhoewel ons skrywers nie omgee om op die naam genoem te word nie. Dankie vir die opregte kompliment, ek waardeer dit opreg en voel geëerd dat jy my boek gelees het. Skryf is vir my baie lekker en soos jy kon sien, hou ek daarvan om kinderkarakters ook in my verhale in te skryf. Dit lyk my jy is lief vir lees, geniet dit en ek hoop jy lees nog baie jare Romanzas. Sê groete vir jou ouma.

  4. Miemie York says:

    Hallo tannie. Ek wil nie se Annetjie nie, want ek is 13. Ek is Miemie se kleindogter. Ek wil net se ek het die tannie se nuutste boek Nuwe seisoene gelees. dit was fantasties. Ek was veral mal daaroor, omdat dit nie begin het met die hartstogtilike dele nie. Tannie het my vasgevang deur die strorie uitstekend te maak en my laat wag vir die hartstogtelike dele. Baie dankie vir ure se lees genot. Tannie moet aanhou skryf en ek kannie wag vir die volgende boek nie.
    Met liefde en bewondeing, Aliche

  5. anngert says:

    Dankie, Ida. Ek het vir Madelie laat weet ek sal nie meer Bosveld toe kan kom nie, maar hoop ek sien jou by die indaba en Boek en Koek.

  6. Ida Gräbe says:

    Annetjie, ek hoor jy gaan by my tuis vir die Bosveldbesoek en is verheug daaroor. Ek is veral bly dat jy die volle tyd gaan bly. Petru en ek sal ons bes doen om dit vir jou ‘n genotvolle kuier te maak. Ek wil net waarsku, al is die dae oor die algemeen lekker word dit maar ook goed koud snags, hoor.

  7. Dina Botha says:

    Hi Annetjie. Dankie vir die goeie woordjie. ‘n Man op sig was in 2006 my heel eerste probeerslag. Natuurlik was dit ‘n ramp, maar ek kon nooit die verhaal weggooi nie. Toe ek in ‘n stadium nie regtig lus was om ‘n nuwe storie te begin nie, het ek besluit om dit oor te skryf. Of dan ten minste net alles die keer reg te doen. Ek het terselfdertyd op ‘n baie ou boekie in my kas afgekom, waar ek ‘n paar – amper uitgestorwe Afrikaanse gesegtes – in my verhaal kon gebruik. Soos bv. om ‘n Antjie Tatterat te wees. Nie eers my 19 jarige dogter het geweet wat dit beteken nie. Ek het besef dat ons ‘nlieflike en interessante taal het, maar dat dit tog besig is om stadig te sterf. Juis daarom moet ons Afrikaans lees en Afrikaans skryf. Groete Dina.

  8. anngert says:

    Rika, jammer dat ek nou eers reageer, ons is met vakansie op Kleinmond en hier is so baie om te doen dat ek nie by die rekenaar uitkom nie. Dit doen my skrywersmoraal goed om te hoor jy het Liefdesweb gelees en geniet. Die oorspronklike titel was Portret vir die suikerbaron, maar toe het die uitgewer gevra of dit eerder Liefdesweb kan wees. Hier in my sus se huis is daar een van jou hardebandboeke, Najaarsliefde, wat ek nou hierdie vakansie wil lees.

  9. Rika Du Plessis says:

    Ek het gister Liefdesweb gelees. Ek het dit baie geniet al is ek mosterd na die maal, maar ek moet ook maar tyd maak vir lees en ek het so baie boeke wat ek nog wil lees wat my laai vol lê.

  10. anngert says:

    Marietjie, dis heerlik om jou gesig hier op my blogblad te sien. Dankie vir jou positiewe kommentaar. Positief of negatief, mens wil graag hoor wat ander van jou werk dink. Lekker skryf, jy ook, hoor.

  11. Annetjie van Tonder says:

    Haai Madelie, dis heerlik om te hoor jy het die boek gelees en veral dat jy dit geniet het. Ek vaar eintlik beter met ouer heldinne. Dis of ek makliker in hul kop kan kom. Maartmaand word ‘Haar ander helfte’ vrygestel waar die heldin weer jonger is, maar Juniemaand se ‘Nuwe Seisoen” se heldin is ook weer ouer. Op die oomblik is ek weer met ‘n jonger heldin besig. Lyk my ek wissel dit so af. Dankie vir jou belangstelling.

    • Marietjie Welgens says:

      Hi Annetjie
      Dankie dat jy vir ons ouer vroue ook skryf. Romanse is tog nie net vir die jonges bedoel nie … inteendeel.
      Gee vir die jonges wat hulle wil lees, maar … Jy bring die vonkel in ouer oë terug.

  12. Madelie Human says:

    Annetjie, jou ‘Nooit weer alleen’ het lekker gelees. Die agtergrond was heerlik romanties en ek het die gesinselement geniet. Ek wil ook graag ‘n storie met ‘n ouer heldin aanpak.

  13. Annetjie van Tonder says:

    Hallo Sarah. Baie dankie vir jou kommentaar. Bloeisels was my heel eerse boek, nog van die ou hardebande. Daarna volg Liefdesgety, ook ‘n hardeband en dan die vierboeke hierbo genoem. Ek wag nog om te hoor van my jongste mss wat ek einde November gestuur het. So, jy kan sien ek is nog maar ‘n heel beginner, maar geniet die geweldig.

  14. Sarah du Pisanie says:

    Hoeveel boeke het jy al geskryf Annatjie. Ek het jou boek, ‘Bloeisels in die reën’ by ons bibliotekie gekry en dit gelees, baie oulik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s