Madelie Human praat met Cathy Rheeder

1. Vertel ons so ‘n bietjie oor jouself.

Ek werk by Transnet, maar mense verwys ook na ons as “Loaf net” maar ek kan jou verseker – ons werk hard. Ek is verantwoordelik vir die Top bestuur in Transnet se ontwikkeling en reël opleidings programme vir hulle wêreldwyd en dan is ek ook betrokke by die saamstel van opleidings materiaal.

Ek is agt jaar gelede geskei en het ’n pragtige seun van 12. Ek het 22 Julie 2010 gedurende ons vakansie in Namibia verloof geraak in Sossusvlei aan ’n wonderlike man en hy het ook ’n seuntjie van 10. Ons is baie geheg aan mekaar en ek glo daar wag ’n goeie toekoms vir ons saam.

2. Waar het jy die eerste keer van Romanza gehoor?

Hulle het ’n gratis boekie in die Rooi Rose gehad wat ek gelees het.

3. Behoort jy aan die Romanzaklub?

Ja, na ek die boek gelees het, het ek sommer besluit om in te teken.

4. Sou jy sê die Romanzas is oor die algemeen beter as ander Afrikaanse romanses? Indien wel, hoekom? Indien nie, hoekom nie?

Ek is gaande oor enige romantiese boek so ek sou nie se hulle is beter nie, maar ek geniet die formaat waarin die boeke kom – dit lees vinnig en maklik.

5. Hoekom lees jy graag romanses?

Dit laat my ontspan, fantaseer en drome droom – ek leef my heeltemal in ’n storie in.

6.  Watter tipe agtergrond verkies jy in die stories?

Ek geniet enige storielyn, maar plaasstories amuseer my die meeste. Ek het nog nie ’n  smaak vir ou Kaapse verhale ontwikkel nie.

7. Watter Romanza se storie het jou tot dusver die meeste aangegryp? Hoekom?

Gits, net een? Elke boek is aangrypend.

8.  Wat laat jou tone krul van lekkerte wanneer jy ‘n romanse lees?

’n Boek moet ook humoristies wees en as die meisie “hard to get” speel en die man besluit genoeg is nou genoeg en hy oorrompel haar sommer daar en dan of hy gee haar so bietjie van haar eie medisyne terug en dan begin die groenoogmonster gesig wys.

9.  Wat sit jou dadelik af in ‘n boek?

Ek is (was) nie regtig gaande oor verhale waar mense geskei is nie, maar tog elke boek wat ek gelees het, het ’n baie goeie storie gehad en dis tog realiteite…

10. Watter soort helde verkies jy?

Groot sterk manne wat alles self kan doen en nie tyd en lus het vir die teenoorgestelde geslag nie, maar dan hulle moses teëkom!

11. Watter tipe heldinne identifiseer jy die beste mee?

Sterk, onafhanklik en intelligente vroue wat alles self wil en kan doen.

12. As jy voorstelle kan maak aan ons skrywers oor hoe ons Romanza kan verbeter, wat sou jou voorstelle wees?

Ek kan nie dink aan iets om te verbeter nie –  Moet net asseblief nooit ophou skryf nie.

One thought on “Madelie Human praat met Cathy Rheeder

  1. anngert says:

    Cathy, jy klink na ‘n lieflike, intelligente mens. Ek dink dit is ‘n kompliment vir Romanza se gehalte en vir al die skrywers dat jy die boeke almal ewe goed vind en nie uitsonderings wil maak nie. Ek dink lesers moet waag om die minder bekende skrywers se boeke ook te lees. Die spreekwoord sê mos onbekend maak onbemind en ‘a strangers’s just a friend you do not know.
    Lekker lees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s