Susan Olivier

eT0jtAmAVpOScVSFHGi6YImA18H-gWu3diqA3XK0wH8%2CWnFsOMEezCzDL6OfkXE4FivQ10i0SKNAQBTam0lIy7E

Susan Olivier het grootgeword op Boksburg. Volgens haar het sy die ideale kinderjare gehad, want sy kon onophoudelik lees. As tiener het sy gedroom oor die boeke wat sy wil skryf. Sy het gaan studeer, getrou en kinders gehad: haar liefdesverhaal gelewe. Noudat sy tyd het om te skryf, leef sy haar droom. Dis haar stokperdjie, want sy werk voltyds. Met haar twee kinders wat nou albei op universiteit is, hoop sy om meer tyd vir skryf in te ruim.

 

 

 

Susan se boeke:

  • ’n Stukkie perfeksie
  • Fantasieman
  • Vyfsterman
  • Troukandidaat
  • Onvergeetlik
  • Aanloklike proposisie
  • Aptyt vir liefde
  • Liefdesles vir Lynelle
  • Kylie se Keuse
  • Verborge Obsessie
  • Vir altyd joune
  • Bod op ‘n Biljoenêr

 

11 thoughts on “Susan Olivier

  1. Ronelle says:

    Hi Susan
    My ontspanning vandag was “Bod op ‘n biljoenêr” en was dit nie heerlik nie!
    Baie dankie, ek het dit soos jou vorige boek, “Vir altyd joune” baie geniet, kon nie wag om die uiteinde te lees nie, moes myself telkens keer om nie na die laaste paar bladsye te blaai nie!
    Hoop jou volgende romanse is al amper weer klaar!
    Lekker skryf!
    Ronelle

    • Susan says:

      Baie dankie, ek waardeer altyd die terugvoer. My volgende ms is amper klaar, en sal eers volgende jaar verskyn as dit aanvaar word.

  2. Ronelle says:

    Hallo Susan
    Ek het Jou “Vir altyd joune” Vrydag in die pos gekry en, vrou, ek kon die boek nie neersit nie, het so tussen kind sport toe ry, koshuis wasgoed was en kosmaak, ‘n bladsy in gepas.
    Baie dankie, dit was ‘n lekker ontvlugting in my deurmekaar lewe!
    Ronelle

    • Susan Olivier says:

      Sjoe Ronelle, jy maak my aand met jou terugvoering!!! Baie dankie.

      Jou lewe klink omtrent soos myne. Ek beloon myself ook met lees terwyl ek my verantwoordelikhede nakom- ek sit gou die patats op, en daarna lees ek ‘n bladsy of twee, dan sit ek wasgoed in die masjien, dan lees ek weer ‘n stukkie, dan gee ek aandag aan my man of kinders, dan lees ek ‘n stukkie, en so gaan dit aan. Ek is bly dat my boek die keer jou afleiding was.

  3. Dina Botha says:

    Susan, baie dankie. Om te hoor iemand, wat self ‘n goeie skrywer is, geniet my boeke is al die aansoring wat ek nodig het vir my volgende storie. Ek hou in elk geval van jou boeke se titels. Dis prikkelend en ek gaan ‘n plan maak om van hulle te lese te kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s