Elsa Drotsky

Elsa Drotsky (Rademeyer) 005

Elsa Drotsky skryf graag omdat sy dit haar lewe lank wou doen en nou daarvoor tyd het. Sy is ’n weduwee met drie kinders, ’n skoondogter en ’n kleinseun. Een van haar gunstelingstokperdjies is om saam met familie en vriende te kuier. Wanneer sy nie daarmee besig is nie, maak sy graag musiek deur klavier te speel. Lees en tuinwerk is ook gunstelinge. Sy geniet dit om romanses te skryf – veral omdat soveel lesers romantiese stories geniet.

Vorige titels deur Elsa Drotsky:

  • As die liefde blom
  • Skaduseisoen
  • Kersiebruid
  • Die seewind sing liefde
  • Op mekaar aangewese