Madelein Rust

Madelein Rust NUUT 3

Madelein Rust span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep wat die leser toelaat om self raaisels te ontrafel. Haar karakters is gewone mense wat ongewone dinge doen,  soos om te delf in die donkerste plekke van die mens se psige. Boosheid kontrasteer hierin met breekbare suiwerheid van gees, maar die oorwinning van lig oor donker loop soos ’n goue draad deur elke verhaal. Madelein se debuut, Die 13de kaart, was ’n finalis vir die ATKV Woordveertjieprys vir Spanningsroman in 2015 en verskyn telkens op Nielsen se topverkoperlys. Haar tweede spanningsroman, Monstersaad,  verskyn ook etlike weke op hierdie gesogte lys. Helen Schöer, redakteur van Baba & Kleuter sê van Monstersaad: “Ek’s ná net een van haar boeke ’n volslae Rust-verslaafde.”

Madelein se boeke: