Nuut van Chanette Paul!

Siende blind - CopyCara ontsnap aan haar heb- en magsugtige familie deur die groot roman onder ’n skuilnaam te skryf. Tot iemand haar skrywersidentiteit deur middel van kuberkrakery steel en sy nie kan bewys sy is die ware skrywer nie.

Advertisements

Proestukkie: Liefdesboodskap

Liefdesboodskap“Kris!” Sy ignoreer die bevelende stemtoon en stap haastig voort.

Haastige voetstappe klink agter haar op en vir ʼn oomblik dink sy hy stap saam met Claudie weg. Sy trek haar asem rukkerig in toe haar elmboog in ʼn ystergreep vasgevat word en sy met min ontsag omgeswaai word. 

Die grys oë is donker toe sy teen ʼn harde borskas vasgetrek word.

“Groet jy nie ordentlik nie?” vra hy sag en vir ʼn oomblik is sy verward, maar dan sak sy kop en kom sy mond op hare neer met ʼn beslistheid wat haar asem wegslaan. Dit is beslis nie ʼn Continue reading

Lusmakertjie: Kans van ‘n leeftyd

Kans van 'n leeftyd

“Milla, kan ek jou voorstel aan meneer Roland Strauss. Dis my suster Milla Edwards.”

Roland steek dadelik sy hand uit,  sy aanraking kort en saaklik. En die oë wat op haar afkyk, is ewe koel. “Goeiemiddag, juffrou Edwards.”

Net “goeiemiddag”, nie “aangename kennis” nie? Die man is glad nie beïndruk met haar nie. Hoekom? Bitter min mans kry dit reg om met ’n eerste ontmoeting hulle bewondering weg te steek, haar groen oë en natuurlike rooibruin hare laat gewoonlik die mans se koppe draai, al moet sy dit self sê. Sy knik net koel terug, maar dit is heeltemal onnodig. Hy kyk reeds na Francis. 

“Ek is jammer ek val sommer hier in, maar my tyd is beperk. Is dit moontlik dat ek met Joe kan gesels? Al is dit net vir ’n paar minute?”

Sy houding is selfversekerd en sy stem gekultiveerd, goed gemoduleer. Dit pas glad nie by sy bebaarde gesig nie. Terwyl Francis hom antwoord, het Milla tyd om sy gesig te Continue reading