Waar kom die storie vandaan?

Madelie Human vertel oor die ontstaan van Allesbehalwe:

My pa het altyd oor die verskille tussen mense se opvoeding en hul verskillende maniere van doen, gesê : “Dis duidelik ’n ander voël se kuiken daai.”

Enige liefdesverhouding verg aanpassing om te kan slaag en as die paartjie se opvoeding hemelsbreed verskil, kan die vonke behoorlik spat. Toe wonder ek hoe dit sal werk as ek die held en heldin van my storie sulke radikaal verskillende agtergronde gee – vandaar Corneli en Nardus.

Corneli het in ’n ambassade grootgeword met ouers wat uiters gesteld is op die fyner dinge van die lewe. Sy is  dus perfek opgevoed, belese en berese en in staat om haarself in enige geselskap te handhaaf. Boonop is sy net die beste van alles gewoond.

Nardus het as kaalvoetkind op ’n Bosveldplaas grootgeword. Van luukse restaurante, geleerde gesprekke, kuns en kultuur weet hy klaarblyklik  niks en dit kan hom oënskynlik geen duit skeel nie.

Maar nou is hy die enigste erfgenaam van ’n sakereus en sy ouma besluit hy het afronding nodig sodat hy eendag in haar voetspore kan volg as besturende direkteur van die Kritzingers se familiesaak. Sy reken Corneli, een van haar werknemers, is net die regte persoon om hom “op te voed”.

Corneli kry ’n ellelange lys van vaardighede wat sy hom binne drie maande moet leer. Haar opdrag is om die ruwe diamant wat hy is, te poleer en te boetseer – sy moet die bos uit die Bosveldboer uithaal. Maar natuurlik het die aantreklike boerseun ’n paar idees van sy eie en Corneli kom agter hy is inderdaad die “kuiken” van ’n heel ander spesie.

Om ’n verdere interessante blerts op Corneli se onkreukbare beeld te plaas, is sy verknog aan haar veteraanmotor wat sy van haar oupa geërf het – ’n bloedrooi Morgan uit die sestigerjare – wat ooglopend vir Nardus meer interesseer as sy mooie metgesel.

One thought on “Waar kom die storie vandaan?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s