Ridder ETTIENNE WILLEMSE

Sy verkyk haar aan die boerseun wat die rooster vol vleis beman. Lank, donker en selfversekerd, maar sonder die arrogansie wat sy makkers kenmerk. Ineens kyk hy op en sy leeubruin oë hou hare gevange. Sy sluk en wens dat sy harder gekonsentreer het in die Afrikaanse klas op skool, hoe flankeer mens in Afrikaans? Nie dat sy dit oorweeg nie, sy is nie in die mark nie en klaar.

“Jy lyk al heel aand asof jy eintlik êrens anders wil wees,” praat ’n stem later sag agter haar.

Sy swaai om. “Kyk jy vir my?” Die Afrikaans voel vreemd op haar tong en sy kan voel hoe haar wange warm word. “Do you make a habit out of spying on young girls, Mister…?”

“Ettienne, Ettienne Willemse. En ek weet wat is jou naam, ek het klaar rondgevra oor jou.”

Sy lig ’n wenkbrou. “So jy kyk vir my?”

Hy knik bevestigend, sy oë lig van pret. “Jy kan my nie kwalik neem nie. En voor jy vra, ek kyk nie vir alle meisies nie. Ek verkies dit eintlik om te braai, of te eet. Wel, te braai én te eet.” Hy haal diep asem. “Kyk, jy het my voete onder my uitgeslaan. Kom sit ’n rukkie by my, toe?”

Sy wik en weeg ‘n oomblik. “My family does not really encourage me to make Afrikaans friends. They believe all you do is listen to Afrikaanse treffers and sokkie.”

Sy glimlag word breed. “Gesels net met my, dan bewys ek jou verkeerd.”