Vera Wolmarans

Vera WolmaransVera Wolmarans bly steeds in Parys alhoewel haar huis in die mark is en sy iewers in die toekoms sal wegtrek. Mense vra haar of sy ná Louis se dood nie eensaam is nie en dan antwoord sy eerlik: “Miskien soms alleen, maar nooit eensaam nie.” Sedert haar kinderjare het sy in haar verbeeldingswêreld geleef en het die karakters in haar verbeeldingsvlugte haar geselskap gehou. Deur die jare het sy ouer geword, maar haar verbeeldingsvriende het haar nooit verlaat nie. Eers nadat hul kinders hul eie nessies gaan skop het, het sy begin om haar vriende te verewig op die blaaie van manuskripte. Saam met hulle loop sy hul pad en help hulle om struikelblokke te oorwin totdat hulle die wêreld kan aandurf om as karakters in ’n manuskrip te verskyn. Al kom daar ’n tyd wat haar vingers stram word vir die rekenaartoetse, sal sy nooit ophou om in die liefde te glo nie.

Vera se boeke:

  • Ridder  vir Jenny
  • Die misverstand
  • Liefdeskomplot
  • Die belofte
  • ’n Dokter vir Arabelle
  • Ter wille van Nikola
  • Die hartebreker
  • Sigeunerman

Ridder vir Jenny HoëresDie hartebreker Liefdeskomplot

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s