Nuut van Annetjie van Tonder!!!

Nie een van ons wil ‘n Annetjie van Tonder liefdesverhaal misloop nie!!! Maak seker jy bederf jouself so net voor Kersfees!

MAN IN ’N RAAM – Annetjie van Tonder

Romanza, Desember 2012

Surene raak verlief op die foto van haar woonstelmaat se broer, Michiel. As sy hom uiteindelik op ’n vakansie ontmoet, besef sy dit is makliker om verlief te wees op Michiel-in-die-raam, as Michiel-in-lewende-lywe.

Advertisements

Nuut van Dina Botha!

Nog ‘n vergeet-van-alles boek van Dina! Ai, ons word lekker bederf so net voor Kersfees..

BOKS VOL SOENTJIES – Dina Botha

Romanza, Desember 2012

Celeste moet alleen reëlings tref vir haar huwelik wat op hande is terwyl haar verloofde ’n paar maande oorsee is. Gelukkig help die aantreklike man met die bloemistewinkel met meer as net die blomme …

Nuut van Elsa Winckler!!

Desember is tyd vir ontspan en lekkerlees boeke. Maak seker jy het Elsa se nuutste om saam te neem op vakansie!

HELDERGEEL DAG – Elsa Winckler

Romanza, Desember 2012

Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het? Hulle storie het al in Waar liefde lê en Want daar’s skoenlappers begin …

 

Proestukkie: Lam in wolfsklere

“Kan ons nou maar ophou?” Amie trek ‘n laaste swart streep met die dun kwassie. “My hele ou lyfie pyn.”

 Kobus verf soos ‘n demoon. “Komaan! Ek dag jy is Mejuffrou Fiksheid? Ek is nou superopgewonde en superopgesyche. Dit gaan ongelooflik lyk.”

 “Mejuffrou Fiksheid en die Nutsvrou is twee verskillende meisies.”

Amie rol die lelike oorpak se mou op om na haar horlosie te kyk. “Dit is al tien oor vier. Ek moet amper die Continue reading

Proestukkie: The Gauguin Connection

I shrieked. Sadly, no other word would be apt to describe my undignified reaction. I closed my eyes for a second to regain control. When I opened them to glare at Colin, I allowed all the annoyance burning in my stomach to seep into my voice. “How did you get in?”

The art re-appropriator was lounging in my reading chair. How did he get in and walk past me without me noticing? His denim clad legs were stretched out in front of him, crossed at the ankles. This high comfort position was not lost on me. He felt confident and safe. It annoyed me even more. While I was studying him, he simply sighed and tilted his head to the side with an amused Continue reading

Bernette vertel meer oor Lam in wolfsklere

Ná ses wonderlike jare op Stellenbosch het dinge baie vinnig drasties verander. Ek moes terug Pretoria toe en ‘n droomlewe en kosbare vriende in die Kaap agterlaat. Om Lam te skryf was soos terapie, ek kon identifiseer met die hoofkarakter se emosies, selfs emosies aan haar toeken wat ek nie noodwendig bereid was om te erken nie, en so het my eerste roman gestalte gekry.

Soos dit maar met skryf gaan, maak karakters ongenooid hul opwagting, soos Continue reading

Estelle gesels oor The Gauguin Connection

Waaroor gaan The Gauguin Connection?

Dit is ’n storie wat al my gunsteling onderwerpe in een boek saamsmelt. Kuns, sielkunde, misdaad, kunsvervalsing, sameswering en sexy boewe. Genevieve, die hoofkarakter, is autisties, maar hoogs funksioneel. Sy het verskeie doktorsgrade in sielkunde met haar spesialisasie in nie-verbale kommunikasie, oftewel, liggaamstaal. Sy werk vir ’n versekeringsmaatskappy en ondersoek verdagte eise. ’n Kunsstudent is vermoor en sy word gevra om te help met die ondersoek. Teen haar wil werk sy Continue reading

Dina vertel meer

Hierdie is die eerste van drie stories wat handel oor die Du Pre broers. Elk ‘n miljoenêr in eie reg.

Die eerste is Dianette Cronje en Linde du Pre se liefdesverhaal. Dianette is ‘n kleuterskool-onderwyseres wat pas klaar gestudeer het en met ‘n ma wat by haar inwoon gaan dit maar broekskeur. Haar begroting klop nie. Rekenings moet betaal word en haar motor loop nie op water nie. Maar sy is jonk en die lewe kry haar nie sommer onder nie. Selfs al beteken dit dat sy ‘n draai by die pantjieswinkel moet gaan maak. En daar is geen skande in om ‘n hele maand se huurgeld met koper- en silwermuntstukke te betaal nie. Natuurlik verdien so ‘n moderne Aspoestertjie ‘n ryk prins – Linde du Pre. Daar is net een probleem. Dianette wil nie gered word nie.    

Proestukkie: Haar eie miljoenêr

Dianette rek haar treë om uit te vind wie in die swart motor sit, maar dan verloor haar bene hulle krag en sy gaan botstil staan.

Linde klim agter die stuur uit en kyk rustig om hom rond voordat hy sy motor met die beheerapparaat in sy hand sluit. Steeds weier haar bene om haar vorentoe of terug huis toe te dra. Sy het nie vergeet hy is so aantreklik nie. Die herinnering het net effens getaan, dink sy toe hy haar sien en in haar Continue reading