Sarah du Pisanie

Sarah is gebore op 21 Januarie 1940 in Oos Londen, maar het in Namibië op Walvisbaai grootgeword. Sy is vanjaar 75 jaar oud.

Sy en haar man, wat op Steytlerville in die Oos Kaap grootgeword het, het in Walvisbaai ontmoet en is reeds 56 jaar getroud. Hulle het drie kinders, agt kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Sarah skryf sedert 1980 en het met haar debuutboek Jakkalswater die prys vir die beste nuwe skrywer by LAPA Uitgewers, toe nog J.P. van der Walt, ingepalm. Daar is reeds 46 boeke op die rak. Die laaste twee was bundels wat elkeen twee boeke bevat het en bring dus die getal enkelboeke op 48.

Haar eerste 30 boeke het in 10 Omnibusse vanaf 1999 – 2006 uitgekom by NB Uitgewers (Tafelberg). Hulle is vir ’n tweede keer uitgegee vanaf 2010 – 2015. As ’n toegif het daar nog ’n Omnibus 11 ook vanjaar uitgekom met drie boeke wat nie in die eerste omnibusse was nie.

Sarah skryf gewoonlik met die ou Namibiese geskiedenis as agtergrond. Volgens haar is daar ’n skatkis vol stories. Haar stories laat die liefde leef en die swaarste karakter vir haar om te skryf is die skurk in die storie. Sy sê sy is vir hom of haar altyd so jammer en dan voel sy soos ‘n skurk om dit te doen.

Haar lesers is haar kosbaarste besitting. Hulle laat haar altyd so bemind en soos ’n geliefde ouma voel.

Huweliksklokkies op Jakkalswater (hoëres)Liefde in die Ou Kaap
Hier volg ‘n volledige lys van haar boeke.

1 Jakkalswater
2 My Hartjie, my Liefie
3 Die Voorskootbataljon
4 Erfgenaam vir die Baron
5 Liefste Koos
6 Suidwestertjie
7 Die Rooiduiwel van Rotskloof
8 Katrientjie
9 Liefde is ‘n Sprokie (Elna Senekal)
10 Fort van die Kappiedraers
11 ‘n Juffrou vir Skurwekop
12 Die Woestynplantjie
13 Hard soos Kameeldoringhout
14 Die Winskopie
15 Dierbare Drosters
16 Prins van die Duine
17 ‘n Nooi vir Omdraaikans
18 Sandroos uit Meob
19 Die Huis van Makir
20 Toe kom Klaartjie
21 Die Meisie van Toekomspoort
22 Die Kralebruid
23 As die sweep klap
24 Vir twee koppies meel
25 Die vroue van Nonniesrus
26 Maroelas uit Libanon
27 Die Baron van Rauenshoff
28 ‘n Prinses vir Somi
29 Vêr reis na die liefde
30 Die Voshaar van Biesiesvlei
31 Fontein in die Dorsland
32 As die Nina-wind waai
33 ‘n Vrou vir Herman
34 Liefde per Dosyn
35 Die Losprys
36 Soentjies van Lani
37 Emma
38 Waar die Suiderkruis hang
39 ‘n Kans vir liefde
40 Piet se beurt
41 Gedeelde Geluk
42 Danskraal
43 Aandeel in die liefde

OMNIBUS LYS

OMNIBUS 1
Liefde is ‘n Sprokie
Erfgenaam vir die Baron
Prins van die Duine

OMNIBUS 2
‘n Prinses vir Somi
Maroelas uit Libanon
Toe kom Klaartjie

OMNIBUS 3
Die Huis van Makir
Die Rooiduiwel van Rotskloof
Vir twee koppies meel

OMNIBUS 4
As die sweep klap
Fontein in die Dorsland
Vêr reis na die liefde

OMNIBUS 5
As die Nina-wind waai
Die Woenstynplantjie
Die Voshaar van Biesiesvlei

OMNIBUS 6
Liefste Koos
Jakkalswater
Die Winskopie

OMNIBUS 7
My Hartjie, My Liefie
Die Voorskootbataljon
Fort van die Kappiedraers

OMNIBUS 8
‘n Juffrou vir Skurwekop
Hard soos Kameeldoringhout
Sandroos uit Meob

OMNIBUS 9
Katrientjie
Die Baron van Rauenshof
Die Kralebruid

OMNIBUS 10
Die Suidwestertjie
Dierbare Drosters
‘n Nooi vir Omdraaikans

127 thoughts on “Sarah du Pisanie

  1. Suzean Haumann says:

    Hallo Erica,

    Weet jy waar ek Piet se beurt kan kry? Ek het al die ander boeke maar kry nerens hom nie.

    Hoop jy kan help…

  2. Michelle says:

    Omnibus 1,2 en 3 van Sarah du Pisanie is peper duur op bid or buy. Ek is self op soek na hulle. Ek het al gevra op Romanza of daar nie ‘n kans is vir herdruk nie.

      • Michelle says:

        Was nou net op foon met Tafelberg. Hulle het nie die eerste 3 omnibusse in voorraad nie. Die boeke is tans uit druk volgende hulle sisteem. My ma is nou met al by boeke af Durban toe om hulle daar te lees sy is so in haar noppies met Sarah se skryfstyl. Sy het omtrent meer boek gelees as gekuier. Ek het al die ander omnibusse behalwe die eerste drie. Vriendelike groete. Michelle

        • Linda says:

          Ek het toe Omnibus 1 en 2 by ‘n oulike tweedehandse “online” boekwinkel bestel en gekry. Julle kan by http://www.lizmarboeke.co.za kyk na boeke. Moet net se ‘n mens kan sien dis tweedehands en dat iemand dit gelees het. Nogmaal BAIE dankie vir almal se hulp en raad. Gaan vanaand vroeg in die bed klim en begin lees.

      • Heilet says:

        Liewe Tannie Sarah,

        Waar kan ons tannie se boeke aflaai op ‘n ebook reader? Ek en my ma is groot aanhangers en lees al tannie se boeke. Sodra ek een kry dan koop ek hom of ek dit al het of nie. Nou wil ons graag tannie se boeke aflaai, maar weet nie waar om te begin of waar om aan te sluit nie. Help asb!

        Liefde
        Heilet

        • Sarah du Pisanie. says:

          Helet ek is baie dom met die nuwerwetse goed. Ek het n Kindle en ek gaan net na die winekel toe op hom en daar is baie van my boeke.
          Die beste is gaan by Lapa of NB boeke in en kyk na hulle E-boeke. Hulle verkoop dit want ek weet ek kry tantieme vir E-boeke by hulle altwee.

          • Suzean Haumann says:

            Liewe Tannie Sarah,

            Eersten baie baie dankie dat tannie ons al jare die plesier van wonderlike boeke verskaf.

            Ek is dringend opsoek na n kopie van Piet se beurt. Ek kry dit eenvoudig nerens op die wye web nie. Kan tannie dalk raad gee asb?

            Groete
            Suzean Haumann

  3. Linda says:

    Hi Sarah
    Ek het omtrent al u boeke. Al boeke wat ek nie van jou het nie is Omnibus 1 en 2. Ek sal die VREESLIK wardeer as u vir my kan se waar ek dit kan kry? Ek het op alle internet boekwinkels ingegaan en by 2de handse boekwinkels gesoek en nerens kry ek dit nie. Blykbaar al hoe ek dit kan kry is eboek, maar ek verkies hardeband boeke.
    Groete Linda

    • Sarah Du Pisanie says:

      linda,
      Skryf of skakel vir Tafelberg Uitgewers. hulle sal moontlik nog vir jou n eksemplaar kan gee.
      ek verstaan van ander mense dat hulle altyd regkom by Bid and Buy. Hoe dit werk weet ek nie maar hulle kry dit baie goedkoop daar. tel no.0214063033
      Op Radio Pretoria woensdaemiddae is daar n boeke program. Mense soek boeke en ander mense het om weg te gee. radio Pretoie kry jy op die skottel. Gaan na die musiekprogramme toe en druk 887. Op die radio kry dit op kanaal 104.2 of bietjie verder soek maak daar rond.
      liefde
      Sarah

  4. Nileta Prinsloo says:

    Liewe tannie Sarah

    Ek is beslis een van tannie se grootste aanhangers. My eerste boek van tannie het ek in St.6 gelees. Dit was Maroelas uit Libanon en van toe af is ek ‘gehook’. Ek was 1 Julie, 31 jaar oud en het al amper al tannie se boeke versamel. Daar is nie ‘n boekwinkel waar ek verby loop sonder om vir tannie se boeke te soek nie. My familie is al amper meer opgewonde as ek as hul ‘n boek iewers vir my opspoor.

    Ek was nog nooit in Namibie nie, maar dit voel vir my of ek die mense en natuurskoon van die ou SuidWes al so goed ken. Liefste Koos en Katrientjie is my twee gunsteling boeke. Ek was so verlief op Dewald in Katrientjie, hy was my ‘droom man’🙂

    Ek wil net vir tannie dankie se vir al die ure se leesgenot wat tannie al vir ons lesers gegee het. As ek die dag af voel, kies ek ‘n boek uit my boekrak. Daar is min dinge wat my so laat ontspan.

    Dis my droom om tannie eendag te ontmoet en ek sal sooo graag ‘n getekende boek van tannie wil he. Tot dan is ek nog op soek na:
    – Die vroue van Nonniesrus
    – Die Losprys
    – Soentjies van Lani
    – Emma en Gedeelde Geluk.

    Baie liefde

    Nileta Prinsloo

    • cliffordenen says:

      Goeie dag Nileta

      Wat ‘n pragtige boodskap. Ek sal dit aanstuur, maar Sarah kuier ook gereeld op die blog, so hopelik antwoord sy gou. EMMA en GEDEELDE GELUK is weereens beskikbaar. EMMA is beskikbaar in sagteband by Clicks, Pick n Pay en Checkers. Gedeelde geluk is deel van ‘n omnibus en is beskikbaar van hierdie maand af by Pick n Pay, Crazy Stores en PNA. Lekker lees!

      • Madelein says:

        Goeie more. Ek lees Tannie Sarah se boeke al vir die afgelope 25 jaar. Sy bly my gunsteling Afrikaanse liefdesverhaalskrywer. Ek kon daarin slaag om al haar boeke in die hande te kry. Ek kort nog net Gedeelde Geluk in harde kopie. Ek kon hom nog net in eboek koop. Ek was by al ons plaaslike PnP en Crazystore takke op soek na die omnibus, maar tot dusver sonder sukses. Daar is ook nie n PNA op ons dorp nie! Wie het die omnibus uitgegee? Kan n mens dit direk van hulle bestel? Ek het dit probeer google, maar word niks wyser nie!

    • Sarah Du Pisanie says:

      Hi Nelita,
      Ag wat n pragtige ou briefie. Clifforden het nou vir my die boodskappie gestuur (dankie)
      Toe het ek besef hoe ek julle afskeep, jammer hoor.
      die Boeke is almal by Lapa waarna jy soek. Hulleq is nie in die Omnibusse wat by NB boeke uitkom beskikbaar nie. die Vrouens van Nonniesrus is in 2007 weer geherdruk. Kyk op Lapa se eboeke of by Bid en Buy.
      Al my ou boeke is deesdae op E boeke maar ek weet nie hoe werk dit nie. Ekhet n kindle en kan darem daarop koop
      Ek blyi op Olifantshoek in die Noord Kaap. Ek sal dit vreeslik waardeer as jy my kom groet as jy hier verby kom. Olifantshoek is tussen Upington en Kathu. As jy uit die Transvaal kom en Weskus toe wil gaan. Dan ry jyvoor my deur verby op die N 14.
      liefde
      Sarah

  5. Lelani says:

    Hallo

    Ek stel baie, baie belang in die geskiedenis van ou Suidwes, veral die jare voor 1910. Daar is soveel dinge wat ek graag sou wou uitvind, soos byvoorbeeld: hoe het mens te werk gegaan om ‘n plaas in Duitswes te bekom in die jare 1890-1900? Waar kon mens toe plase kry en hoe groot was hulle min of meer?
    Is daar iemand wat dalk ou boeke het, geskiedenisboeke of boeke oor die Dorslanders of wat weet waar ek inligting in die hande kan kry?
    Ek sal terugvoering baie waardeer.

    Groete
    Lelani

    • Sarah Du Pisanie says:

      Ek is net baie dom met die rekenaars. Ek Google maar. Vra die vraag soos nou vir my en sit die jaartal in en kyk wat kry jy.
      Dankie vir jou ondersreuning. Ek kan nie glo dat die mense my boeke so geniet nie. Dit voel altyd cir my of ek die grootste klomp bog kwytraak.
      Met my gaan dit nog goed, gesond en rustig

  6. Marlene says:

    Ek het omnibus 11 in CNA gekry en Huwliksklokkies op Jakkalswater by Kalahari bestel. Was skaars geadverteer toe koop ek hom net ingeval hulle uit voorraad loop. Yippee en viva Sarah du Pisanie vir die plesier om te kan wegraak in sulke wonderlike en ordentlike ou verhale. God Bless

  7. Ciska Burger says:

    Dankie vir die genot wat u al ons lesers verskaf, jonk en oud. Ek het al amper al u boeke en kan nie genoeg van hulle kry nie, al het ek sommiges al amper vyf keer gelees vandat ek hulle seker tien jaar gelede al begin bymekaarmaak het net na ek die eerste een op sestien gelees het. As ‘n namibiër self, is dit heerlik om te lees van toenterjare in ons land. Daar is iets meer romanties in geskiedkundige boeke, miskien juis omdat dit iets is wat baie van ons nie beleef het nie en hierdeur onsself daarin kan inleef. U is my grootste inspirasie en ek dink ‘n wonderlike voorbeeld vir alle meisies, veral in vandag se lewe. Ek het ook uiteindelik my prins ontmoet en hy kan soms net laggend na my kyk wanneer ek weer soos ‘n tienermeisie van genot lag oor u boeke met hul plotte, kwikslae en ‘heartwarming endings’. Dit is ‘n groot vooreg om te weet dat u ook maar skryf/geskryf het wat vir u reg is en nie noodwendig wat voorgeskryf word of aan bande gelê is nie, want dit was tot nog ook my grootste probleem. Nou kan ek met meer gerustheid my manuskripte stuur en hoop vir die beste en droom daaroor dat ek ook eendag miskien so klein smakie van u gewildheid kan proe. Ek skryf ook vir die genot daarvan en om ander mense dieselfde lekker gevoel te gee wat u ons so lank al verskaf en hoop dat u nog vir baie jare gespaar en geseënd sal wees.
    Baie liefde uit ‘n warm droeë Namibia

    • Sarah Du Pisanie. says:

      Ek is baie ontrou. Vandag het ek via Clifforden boodskappe gekry en besef ek moet weer n slag hier uitkom sodat ek net weer van my kan laat hoor.
      Hoe laat jy my nou velang na Namibai. Ek sal wat wil gee om daar te wees.
      Dankie vie jou mooi woorde en ondersreuning.

      • Solanie says:

        Hallo tannie, ek wou net die hartseer nuus deel dat my ouma tannie Annetjie van Rooyen alreeds 2 jaar oorlede is. Sy het n groot liefde vir lees by my wakker gemaak en ek het nog die foto van ons op langstrand. Hoop alles gaan goed. My oupa Gert leef nog en bly nou by my ma hulle op Vredenburg. My gunsteling bly nog Liefste Koos. Dankie tannie vir alles

  8. Marlene says:

    Hi dit is vir my absoluut goeie nuus ek is so bly daaroor. Als op sy tyd glo ek. Baie dankie vir hierdie verblydende nuus. En ek kan ook nie wag om die boek huweliksklokkies op jakkelswater in die hande te kry nie. Ek het omtrent ook al u boeke gelees toe my Ouma daardie jare aan President boekklub behoort het.

  9. Die Skryfbesigheid says:

    Eers die groot bieg-ding … Ek lees nie eintlik liefdesverhale nie, maar soms geniet ek een. Veral as die lewe soos ou uitgetrapte skoene begin skaaf. Nog minder kan ek dit skryf. Het al probeer, maar ai!

    Tog het ek omtrent AL Sarah du Pisanie se verhale gelees. Daar is net iets anders aan die verhale en ek sal graag op hoogte wil bly van nuwe publikasies.

    • cliffordenen says:

      Hello, ek is baie bly dat jy soms liefdesverhale lees. ‘n Mens het soms nodig om net af te skakel. Sarah se nuutste boek HUWELIKSKLOKKIES OP JAKKALSWATER verskyn in April. Dit is die stories van die jongste Van Rensburg-broers wat op en om Jakkalswater woon.

        • Christa Pretorius says:

          dankie sarah.

          On 05 Feb 2015 4:01 PM, “Romanzalesersblog” wrote: > > Sarah Du Pisanie commented: “Dankie dat jy sommer vir my die inligting deurgee het. Ek is so ontrou met hierdie goed. Ek was al in Januarie 75 jaar old en sukkel maar met hierdie nuwerwetse goed.” >

  10. Sarah Du Pisanie. says:

    Hi lizanne
    Ek was die afgelope ruk so Lui vir die Internet. Word ook al ouer. Vanaand toe kuil my gewete my op en toe kom loer ek in
    Baie Dankie vir jou briefie. Ek waardeer al my lesers . Ek is so lief vir julle

  11. Marlene says:

    Hoekom is dit so moeilik op ‘n vrou vir herman in die hande te kry? ek het omtrent oral probeer

    • Sarah Du Pisanie says:

      N vrou vir Herman het by Tafelberg uitgekom nadat die omnibusse itgewers is. Ek her goeie nuus vir Jou.Hulle gaan vanjaar nog n omnibus 11 uitgee met n Vrou vir Herman, Liefde per dosyn, Waar die Suiderkruis hang.
      Liefde

      • Jannet Stone says:

        Hi Sarah ek het vanaand eers op hierdie webblad afgekom. Ek gemiet jou boeke ontsettend baie. En glo my van hulle het ek al meer as 3 keer gelees. Kan net nie genoeg van hulle kry nie. Ek is ook n gebore Suid-Wester. Ek kan nie genoeg se hoe baie ek jou skryf talent geniet nie. Ek hoop ook om al jou boeke te kan he. Ek is so dankbaar dat jou omnibusse weer uitgegee word. Baie dankie vir al jou stories! Geniet jou aand. Liefde Jannet Stone

  12. Marlene says:

    Sal u asb so gaaf wees en vir my die titel van die boek gee wat gebasseer is op Jakkelswater – die tweeling se verhaal Bennie en Faantjie

  13. Amanda says:

    Tannie Sarah
    Een van u boeke is in standerd 3 deur ‘n onderwyseres gevat by my toe ek dit in my studietyd gelees het. U sien, so weggesteek tussen skoolblaaie was dit die lekkerste lees ooit vir ‘n koshuiskind. Wie kon dan nou wag tot slaaptyd … waar ek in elk geval met ‘n flits onder die komberse my jongmeisie drome in u boeke gevind het. Skoon mag-maar-lees boeke wat ‘n jongmens nog skoon wou hou. So vreeslik dankie daarvoor!

    Groete
    Amanda Van As-James

  14. Linda says:

    Goeiedag Sarah
    Ek wil graag weet of jy die boek Liezl van Lindela geskryf het, ek het dit jare terug die boek gelees en sou dit baie graag wou lees. As dit dalk ‘n ander skrywer is waarvan jy weet sal ek die hulp waardeer. Baie dankie jy skryf lekker lees boeke.

  15. Lizanne Smit says:

    Hello Tannie

    My naam is Lizanne en ek is soooo bly dat ek hierdie webblad ontdek het omdat dit nog altyd een van my drome was om u te kan bedank vir al die vreugde wat u al in my lewe in gebring het. As kind wou ek nooit aan `n boek raak nie, totdat my ek op 10 jarige ouderdom vir Katrientjie ontdek het. Dit is nou al 12 jaar (en rakke vol boeke) later en u bly steeds my gusteling skrywer. Ek het al u boeke al oor en oor gelees. Jakkalswater, 2 koppies meel en liefste koos ken ek uit my kop, maar Katrientjie sal altyd my gunsteling bly. Dankie dat u die wereld van lees vir my oop gemaak het.

    Ek is mal oor u skoon, pragtige verhale wat my nog altyd in `n ander wereld kon verplaas. Op die oomblik leer ek hard op Stellenbosch, maar wees verseker dat ek altyd te minste 3 van u boeke in my bedkassie hou vir ingeval ek `n paar minute wil ‘ontsnap’.

    Moet asseblief nooit u skryfstyl verander nie en indien die inspirasie toeslaan-skryf grooootttt asseblief nog een van daai historiese, duitswes verhale.

    Dankie vir alles.

  16. Christa says:

    Hallo al my Sarah du Pisanie lesers soos ek, Ek maak baie van “www. Bid or Buy.co.za” gebruik, het so te se al die boeke, die volgende plekke het ook baie gehlep, kyk op hulle web site, wwww.lizmar.co.za, http://www.loot.co.za, glo my ek het baie boeke daar opgespoor. Ek het elke boek van haar gelees, van begin tot einde, ek lees hulle gereeld deur oor en oor, ek wa so bly toe ek op die “bruid vir soetvlei afkom”, het nie eers geweet van hom nie, aai dit was ‘n lekker versassing beter as enige kers geskenk.

  17. Annelie Bezuidenhout says:

    Wil graag die volgende boeke bestel asb van hierdie boeke het ek gehad maar soos die jare aanstap raak boeke weg weens leen
    Aandeel in die liefde, Danskraal die losprys Die suiderwestertjie Die voorskoot bataljon Emma Erfgenaam van die baron Fontein in die dorsland Gedeelde geluk Katrietjie Liefde is n sprokie Liefde per dosyn N kans vir liefde Soentjies vir Lani Toe kom klaartjie Vrou vir Herman waar die suiderkruis hang liefste Koos die krale bruid As die Nina_ wind waai dankie laat weet prys Posbus 166 Iswepe 2382 Liefde groete

  18. Marcelle Barnard says:

    Ek is mal oor Sarah Du Pisanie se boeke! Wens ek kon my hande op al haar boeke kry om te lees!

  19. ansie van der merwe says:

    Sarah baie dankie vir jou antwoord ek het al n klompie van jou boeke gekry by vlooimarke en selfs eendag baie voorbarig voor n huis waar ek n motorhuis vol boeke gesien het gestop en gaan vra het . ek soek op die internet en my man is al moedeloos met met my maar ek glo aanhouer sal wen . ek hoop om gou van Dr Bloemhof te hoor want ek sal bitter graag soentjies vir lani ,liefde per dosyn en die vroue van nonniesrus wil kry omdat ek hulle nog nie gelees het nie en biblioteke het hulle net nie .Ek het vandag weer vier van u boeke bestel wat ek op internet gekry het .Ek wens daar was n manier wat ons die uitgewers se arm kan draai om vinniger u boeke weer uit te gee my gunsteling boek isdie meisie van toekomspoort Katrienjie is net soos wat my kleindogter was
    maar ek berus in die wete dat ons Hemelse Vader al die blomme wat hy geplant het op Sy tyd vir Hom pluk om sy wooning mee te versier
    Groete
    Ansie van der merwe

  20. Vicky says:

    Tannie Sarah, ek geniet elke boek wat jy geskryf het baie! Sommige het ek al meer as een keer gelees, Liefste Koos en Vir twee koppies meel is net twee daarvan. Ek versamel al jou boeke en kan nie wag vir die volgende omnibus nie. Baie dankie vir wonderlike ure se wegraak in jou karakters se lewens…

  21. Retha Holtzhausen says:

    My dogter is 27 jaar oud, ongetroud en bly nog by ons. Glad nie outyds nie, heel modern en verstandig. Sy is versot op Sarah du Pisanie boeke. Ons het al ‘n klomp by die biblioteek uitgeneem, later boeke begin koop. As ek ‘n Omnibus sien, koop ek dit dadelik want ek lees lekker saam. Ons trek by Omnibus 5 en het van die stories al meermale gelees. Dis asof mens nie lus kry vir ander skrywers se stories nie. Hoop daar kom nog heelwat nuwe stories. My gunsteling was ‘Hard soos Kameeldoringhout’ en ek hou ook van die Voortrekker stories, omdat ek van geskiedenis hou. Hou so aan, die heldinne sal baie jongetjies ‘n les of twee leer!

  22. Sarah Du Pisanie says:

    Ai Ansie ek wens ek kon help. Nb Uitgewers (Tafelberg) gee weer al 10 omnibusse (my eerste 30 boeke) uit. No. 5 het nou uitgekom.
    Hulle adres is Tafleberg uitgewers Posbus 879 Kaapstad en stuur die briefie soos wat jy dit hier geskryf het vir Dr. Ettienne Bloemhof.)

  23. Ansie v d merwe . Ek wil graag AL sarah du pisanie se boeke he . Myne is almal verbrand toe ons huis af gebrand het , kan iemand help asb says:

    Ek sal graag al Sarah du Pisanie se boeke wil he , myne het verbrand toe ons huis afgebrand het haar boeke is vir my n troos na my seun en enigste kleinkind se dood kan iemand help

  24. Claudia says:

    Liewe Tannie,

    Dit is so ‘n vooreg om met U te praat! U is al deel van my lewe vir oor 15 jare. Vandat my sussie U boeke aan my voorgestel het is hulle my gunsteling(ek moët verskooning maak vir my swak spelling- ek bly al meer as 10 jaar in Engeland en die enigste Afrikaans wat ek lees is Tannie se boeke wat ek oor gepos kry).

    Ek geniet U werk want dit voel vir my asof U ‘n regte verhouding met God het, so ek voel nie asof ek my siel gaan versondig as ek U boeke lees nie. Wat wel die gevolg is van so baie leestof deesdae.

    Ek wens ek kon elke boek wat U al geskryf het op my boekrak he. My gunsteling is Katrientjie – beste avontuur (omtrent 6 keer gelees)! Volgende is seker Maroelas uit Lebanon. Hulle is my gunsteling, maar ongelukig die eens wat ek nie kan bestel nie die afgelope paar jare.

    Baie dankie vir aal die genot oor die jare(veral order my kombers met ‘n torch tot die dag amper begin breek in die somer vakansies :-))
    Alles van die beste en God se rykste seeninge
    Claudia

  25. Sarah Du Pisanie says:

    Soos ek vir die vorige leser gesê het. Probeer die Omnibusse wat nou uitkom. Kontak vir Tafelberg vir die erste drie. Hulle gee die hele reeks nou weer uit en no. 4 is nou op die rakke.

  26. Gerrit says:

    HI tannie,
    ek is nou 40 en het die afgelope naweek weer 1 van tannie se boeke gelees(Liefste Koos). Ek het so 15 jaar terug die eerste keer een van tannie se boeke gelees(was op daardie staduim nog baie verlief op die vroutjie en sou enige iets doen on haar te beindruk), kan nie die naam van die boek onthou nie, weet net dit het afgespeel in Otavi. Die boek le my baie na aan die hart omdat ek self in Otavi groot geword het, die lekkerste tyd van my lewe. Sederdien het ek al die boeke wat my vrou kom leen of uitneem gelees. Ek sien daar is ‘n hele paar wat ek nog nie gelees het nie, is besig om te soek waar ek hulle kan kry.

    Baie dankie vir die wonderlike stories wat tannie deur die jare met ons gedeel het, ek as man het dit baie geniet.

    • Sarah Du Pisanie says:

      Gerrit,
      Ons het 2 jaar op Otavi gebly. in 1967/8. Dit moes voor jou geboorte gewees het. Wie was jou ouers?
      Ek is so bly as die mense my boeke geniet. Die ou Suidwesters is darem maar enig in hulle soort.
      Ons kloek saam en dink is ons land is te wonderlik.
      Groete,
      Tannie Sarah.

      • Gerrit says:

        My ouers is Gert en Ester Pretorius, my pa was stasiemeester op Kombat en my ma het die stasie winkel op Otavi gehad. Ons moes vir veiligheid op Otavi bly omdat die stasie op Kombat so 3km buite die dorp was.
        Tannie onthou seker nog die fontein? Lekkerste ontspannings plekkie in die area, net jammer hy is later toe gemaak.

  27. Leandrie says:

    Helo tannie ek is Leandrie (15) ek is verlief op lees en ek is opsoek na tannie se boekke ek het “bruid ver soetvalei” gelees en ek het baie daar van gehou ek soek graag tanie se ander boeke ek het al by 6 boek winkels gan kyk HELP!!! Asb tannie
    Leandrie

    • Sarah du Pisanie. says:

      Leandrie,
      Die boeke verkoop so vinnig. (Dit is ‘n groot kompliment vir my)
      Tafelberg gee nou weer al 10 Omnibusse uit wat elkeen 3 van die ou boeke bevat. No 4 het Desember verskyn en 5 sal in April uitkom.
      Kontak vir Tafelberg hulle tel. no. is 0214063033 en by Lapa is nog ook van die nuwer boeke Hulle tel no. is 0124010700

  28. Greta-Marie says:

    Mev Sarah du Pisanie ek was ‘n leerling van jou in Walvisbaai. Ek is ‘n gebore Alberts en jy het ‘n vervolgverhaal vir Huisgenoot geskryf waarin jy my gebruik het as ‘n kinderoppasser. Greta. Ek sou bitter graag persoonlik dalk telefonies met u in aanraking wil kom.

    • Sarah Du Pisanie says:

      Greta ek het jou op die E-pos geantwoord en net vergeet om my telefoon no, te gee. Dit is 0533310500

  29. Riana Engelbrecht says:

    Liewe Sarah, Ek het dit my lewenstaak gemaak om elke boek wat jy geskryf het bymekaar te maak. Dit is ook die enigste van my boeke wat ek onder geen omstandighede uitleen nie. Elke een is vir my kosbaar.

    Ek het seker al omtrent die helfte van jou boeke, maar sukkel om die ander in die hande te kry. Party is net doodeenvoudig uit druk en ek is selfs bereid om tweedehandse boeke te koop as ek dit kan kry.Is daar nie n moontlikheid om dit as e-boeke aan te koop nie?

    • Sarah du Pisanie. says:

      Riana,
      Dit bly maar ‘n probleem. Tafelberg gee darem nou weer die Omnibusse uit wat elkeen 3 van die ou boeke bevat. No. 4 het so pas verskyn.
      Kontak hulle vir die vorige drie. Daar behoort nog op voorraad te wees.

    • Sarah Du Pisanie says:

      Riana,
      Die enigste manier is maar om die Omnibusse te koop. Tafelberg gee die hele reeks van 10 nou weer uit. Nao 4 het reeds verskyn en 5 sal in April verskyn.

  30. Sarah Du Pisanie says:

    Hi Nicola,
    Jou pa was nie dalk ‘n onderwyser op Walvisbaai nie?
    Ek woon nie meer in Suidwes nie. Ons het kom aftree op Olifantshoek hier in die Noord Kaap.
    As julle eendag hier verbykom, sal dit heerlik wees om julle te ontmoet en te ken.

  31. Nicola von Wielligh says:

    Hallo Tannie Sarah
    Ek is nou 19 en is baie trots om te se dat ek al Tannie se boeke al gelees het.My ma het Tannie se boeke op Universiteit begin versamel en het vandag almal.Ek is gek na Tannie se boeke en kan my nie ‘n lewe sonder lees indink nie.Ek is mal oor stories van toeka se tyd.
    My pa kom van Suidwes af en so ook baie ander familielede.Party bly steeds daar en ek het al baie foto’s gesien en hoor altyd ongelooflike stories.Ek self wil vreeslik graag soontoe gaan en sover maak Tannie se boeke dit vir my ‘n werklikheid.Tannie se boeke het my leer droom en verryk my lewe op soveel maniere.
    Ek sal baie graag eendag as ek my kans kry om Suidwes toe te gaan, by Tannie wil kom kuier.
    Ek hoop Tannie het ‘n wonderlike dag verder en dankie vir wat Tannie vir ons almal doen en beteken!!!
    Groete Nicola von Wielligh

  32. Sarah Du Pisanie says:

    Dankie Sally.
    Dit is vir my ‘n groot eer as die jong mense nog my boeke geniet.
    Liefde,
    Tannie Sarah.

    • Sally Kruger says:

      Hallo tannie
      dankie dat tannie terug geskryf het dit is lekker om van tannie te hoor
      gaan tannie nog nuwe boeke skryf en as tannie gaan wel ek kan nie meer wag nie
      tannie moet n lekker dag he
      God bless

  33. Sally Kruger says:

    Liewe tannie Sarah ek het al omtrent al jou boeke gelees en geniet dit baie ek het al liefste koos seker tien keer gelees on nie van hard soos kameeldoring hou te praat nie . As die sweepklap het my in trane gehad dit is so mooi en Vir twee koppies meel het ek my hol geskeer (gelag) ek moet se tannie het die wonderlikste gawe van God gekry om die mooiste stories te skryf . Ek leef my so in die stories in . Ek wil dankie se vir die lekkerste ontspan
    groete Sally

  34. Sarah du Pisanie says:

    As jy my boeke geniet dan kan ek seker maar in Afrikaans antwoord.
    Dit is ‘n yslike groot kompliment dat jy my boeke so geniet. ‘n Mens voel regtig of dit tog die moeite werd was.
    Baie dankie, ek waardeer dit.
    My eerste dertig boeke het reeds in Omnibusse uitgekom en word nou weer geherdruk. Hulle is by NB-Uitgewers (die ou Tafelberg Uitgewers) uitgegee en die 3de Omnibus het so pas verskyn. Ek is seker daarvan dat daar nog van die eerste twee ook beskikbaar sal wees.
    Liefde,
    Sarah du Pisanie.

  35. Cristina Ruela says:

    Hello Sarah

    Firstly I want to apologize for submitting this post in English. I am not Afrikaans but I have been searching for your books for a friend of mine. It has actually turned into a ‘treasure hunt’ to find them.

    Your books really go hand in hand with my teenage years as my friend Janine, would religiously read your books then phone me and tell me all about them. Even though I never read them myself, I got to enjoy the stories you wrote; their rustic surroundings and interesting characters made them so lovely.

    My favorite one would have to be ‘Die Kralebruid’. I just found the story so beautiful!

    I am so sad that most of your books are out of print, from what I have gathered they are part of South African culture, especially in the Afrikaans department. I sincerely hope that your books are reviewed and printed again.

    As I said at the beginning I have been searching for your books but with little luck! People that have copies of them don’t want to sell it! I would really love to buy them, so if anyone is willing to sell please let me know!

    Yet again your books have made their mark in memories of true friendship.

  36. Susan Brand says:

    Ek het nou onlangs Sarah se boeke begin lees en ek is mal daaroor. Ek kan nie wag om vir my die volgende boek van haar te koop nie. Welgedaan

  37. Christelle Bester says:

    Goeie More Tannie Sarah,

    Ek was nie bewus van die webblad nie anders was ek al laaaaaaankal hier gewees.
    Ek het nou net My hartjie, my liefie weeeeeeeeeer gelees, en omtrent myself weer uit my nate uit geniet!!! Nee kyk dit kan ek vir Tannie se tannie se boeke lees ek oor en oor ek het darem nou al so 10 van tannie se boeke in my besit, maar ek sal nog my reeks volledig maak.

    Ek geniet Tannie se boeke vreeslik baie van kleintyd af (ek lees al van st 1 af boeke) ek dink ek is ‘n boek verslaafde.

    Die heel lekkerste is ek kan my kinders ook die boeke gee om te lees want hulle is SKOON. Ek is nou 37 en ek en Tannie verjaar amper saam ek verjaar die 26ste Januarie.

    Wonderlike dag vir Tannie

    Groete uit Pietersburg
    Christelle

    • Sarah Du Pisanie says:

      Hi Christelle,
      Soos ek nou net vir die vorige leser gesê het – ek is baie ontrou met hierdie moderne goed. My dogter skakel my soms om te sê ek moet weer n slag op my Faceboek kyk(Ek hou niks van Facebook nie) dan is daar somtyd 1o of meer boodskappe.
      Ek is bly dat jy van my boeke hou want ek is nou baie lui vir skryf en het niks meer stories oor nie.
      Die Omnibusse word nou weer geherdruk en nommer 3 sal hierdie maand verskyn. Hulle is by Leserkring en by Tafelberg of NB (Nasionale boeke ) beskikbaar. Tafelberg is nou deel van NB.
      Die boeke is so uit druk uit dat n mens nou maar vir die omnibusse sal moet gaan want die eerste dertig boeke is daarin vervat.
      Liefde,
      Tannie Sarah.

  38. Janetta Rossouw says:

    Hello tannie Sarah! Is daar dalk ‘n manier hoe ek vir tannie ‘n persoonlike boodskap kan stuur – sonder dat dit op die blog verskyn? Kan maar nog nie gewoond raak dat almal alles van almal kan sien nie! Dankie! Janetta

  39. Sarah Du Pisanie says:

    Ag dankie, Hartjie! Nou verlang ek weer stukke na my land en sy mense.
    Dit was sulke wonderlike jare. Ek is nou weer skoon nostlagies.
    Liefde,
    Tannie Sarah.

  40. Ria Kruger says:

    Tannie Sarah

    Nog te jonk om net “sarah” te se………ek verslind jou boeke en my meisiekind snuffel leke boekwinkel op soek na boeke van ons suidwes tannie.

    Baie dankie vie die mooi stories oor ons Heimat land………….ja ek is ook n oud-suidwester………..namibier klink net nie vir my reg nie……..

    Het in die Noorde van suidwes groot geword en ek was altyd in die moeilikheid by pa want ek het sommer van jongs afgelees….en die leifdes stories.soos my pa hulle genoem het was hope vol die hele huis.

    Nou baie jare later lees pa ook die stories en kan ons nie voor bly om aan te dra nie. pa is nou 84 en sy gesondheid is nie mer wat dit was nie.so enige verskoning om met n storie boke op die bed te le is aanvaarbaar.maar hy vra altyd eerste.is daar n boek van Sarah.so ek soen maar en gee aan.

    Baie dankie vir die mooi en skoon verhale.my kliendogter begin ook nu lees en ek gee met n lekker hart jou boeke vir haar.

    Groete van n mede suidwester

  41. Sarah Du Pisanie says:

    Magda,
    Ek is bietjie tegnologies gestremd. Ek het nou vir jou ‘n antwoord geskryf en dit toe op die verkeerde plek gepos. Nou sal ek dit maar weer herhaal.
    Ek is baie trots op jou kinders wat nog daar in die verte my boeke lees. Dit is ‘n groot kompliment.
    Baie dankie.

  42. Magda Botha says:

    Ek het – MET GROOT MOEITE – al jou Omnibusse in die hande gekry en PERSOONLIK na my dogter, wat saam met haar gesin in Australië woon, geneem! Sy geniet elke oomblik daarvan – voel asof sy weer terug is in ‘bekende omgewing’ wanneer sy dit lees. En wanneer ons daar kuier, begin ek maar weer met Omnibus 1!! Ek is nog op soek na die boek – ‘n Vrou vir Herman … hoop regtig dat jy besluit om ‘n nuwe Omnibus te ‘maak’ met Piet, Herman, ens! Sterkte met die skryf – ek is SEKER daarvan daar gaan weer nuwe idees kom!

  43. Sarah Du Pisanie says:

    Sunel,
    Ek weet nie of jy die vorige stukkies gelees het nie. My eerste 30 boeke is mos in 10 omnibusse gedruk. Dit word nou weer geherdruk. Nommer een het in April uitgekom en no. 2 kom nou uit, hierdie maand. Volgende jaar kom weer twee uit.
    Ek het vandag juis ‘n e-pos van NB die ou Tafelberg gehad wat sê dat hulle van die ouer boeke op E-boeke gaan sit.
    Ek het al gesien dat Springbok-boeke van my ou boeke adverteer. Hulle is deesdae onverkrygbaar.
    Daar kom hierdie maand weer n nuwe boek van my uit by Lapa se Romanza reeks. “‘n Bruid vir Soetvlei.”
    Dankie dat julle my boeke geniet. Ek dreig om op te hou skryf, maar dalk motifier julle my om nog te skryf.
    Liefde,
    Tannie Sarah.

    • Sunel Krüger - Suid-Wes/Namibië says:

      Liewe Tannie Sarah

      Ek het toevallig heelwat van tannie se boeke by lizmar boeke te koop gekry. Ek geniet dit baie. Ek sal uitkyk vir omnibus 2 sodra dit hier in Namibië te koop is. Baie dankie vir al tannie se lekker lees storie. Ek kan dit oor en oor lees en elke keer geniet ek dit meer. Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe jaar vir tannie.

      Sunel

      • Sarah Du Pisanie says:

        Eik is baie bly dat julle nog die boeke aan die hande kry. Omnibus 2 het nou net uitgekom ek het ‘n week gelede my skrywerseksemplare gekry.
        Dankie vir jou goeie wense en sê sommer groete vir al die ou Suidwesters. Ek verlang so na julle.

  44. Sunel Krüger - Suid-Wes/Namibië says:

    Liewe Tannie Sarah,

    Ek is ‘n gebore Suid-Wester en geniet tannie se Suid-Wes/Namibië stories baie. Ek wil baie graag al die boeke wat ek nie het nie koop maar weet nie waar om dit te kry nie. Kan tannie dalk vir my sê watse boekhandelaars ek nog kan probeer?

  45. Talita Naude says:

    Goeiedag tannie Sarah! Ek is so bly ek het hier uitgekom! U weet nie hoe ek al vir die afgelpope tien jaar u boeke veslind en versamel! Baie baie dankie vir dier ure se genot, nagte deurlees op skool, rondgesnuffel in tweedehandse boekwinkels. Partydae kon ek tot drie boeke op ‘n slag kry. Mag God u so ryklik seën!

    • Sarah Du Pisanie says:

      Talita,
      Dankie vir die heerlike seëning. Dit is lekker om te weet dat julle die boeke geniet het. Ek het dit net so geniet om dit te skryf.
      Daar kom nou weer ‘n nuwe boekie by Lapa se Romanza reeks uit. ” ‘n Bruid vir Soetvlei.”
      Liefde.
      Tannie Sarah..

  46. An-lu Marx says:

    Ek is 21 en my eerste Sarah du Pisanie boek sal ek veraltyd onthou dit was Woestynplantjie wat ek in St 5 as boekprys ontvang het en ek het vandag al 21 boeke van u gelees. Daar is min Skrywers wat my so boei soos u .

    • Sarah Du Pisanie says:

      Alta,
      Liede is n sprokie (hy was oorspronklik onder ‘n skuilnaam -Elna Senekal) asook Fort van die Kappiedraers word weer in die 10 Omnibusse wat nou herdruk word uitgegee.
      Soentjies vir Lani, Die Losprys en Kans vir die liefde, is by Lapa uitgegee en ek weet nie of dit uit druk is nie. Kontak hulle by lidav@lapa.co.za. Dit is hulle bestellings. Hulle adverteer gewoonlik nie meer as daar nie genoeg boeke is nie. Dalk is daar iewers een, wat net vir jou wag.
      ‘n Vrou vir Herman en waar die Suiderkruis hang het by Tafelberg uitgekom. Posbus 879 Kaapstad. Probeer daar veral waar die Suiderkruis hang.
      Ek is besig om met Lapa te onderhandel en wil dan ‘n boek oor die “Broers van Jakkalswater “uitgee. Die sal dan ‘n vervolg wees., op Jakkalswater.Dit sal bestaan uit ‘n Vrou vir Herman, Piet se Beurt en dan kry die tweeling ook vrouens. Hulle sal my laat weet hier na die einde van November toe. Dit lyk baie belowend maar moet nog eers deur al die kanale gaan.
      Sterkte en dankie vir jou ondersteuning en mooi woorde.

      • Madelein says:

        Hallo Tannie Sarah. Wat het geword van die nuwe omnibus oor Jakkelswater se mense? Ek was baie opgewonde oor die vooruitsig van nog ‘n omnibus, maar ek hoor nou geen verdere nuus daaroor nie.

        • cliffordenen says:

          Hallo, Madelein. Die omnibus verskyn in April. Gelukkige is daar darem twee lang naweke waarin jy kan verlore raak in die twee jongste broers se stories. Bytvas! Groete

          • Madelein says:

            Dit is nou die beste nuus van my jaar! Watter stories word ingesluit in die Omnibus en waar sal ek hom kan koop? Ek hoop ‘n Vrou vir Herman is daar, want ek soek my morsdood na hom!

            • cliffordenen says:

              Dis nuwe stories oor die jongste Van Rensburg-broers. Hulle verhaal word vertel. Ongelukkig nie ‘n Vrou vir Herman nie. Dit sal by LAPA of enige groot handelaars beskikbaar wees.

              • Madelein says:

                Baie dankie vir die terugvoer. Ek sien Tannie Sarah het hieronder op 05/02/2015 geskryf dat ‘n Vrou vir Herman in Omnibus 11 opgeneem is wat ook hierdie jaar uitgegee sal word. My jaar raak net al hoe beter! Al wat my dan nog bly ontwyk is Liefde is ‘n Sprokie. Ek het dit as skoolkind seker 10 maal by die biblioteek uitgeneem, maar ek soek my oor ‘n mik na my eie kopie. Was ‘n bietjie aan die slaap toe Omnibus 1 uitgekom het.

    • Sarah Du Pisanie says:

      An-lu,

      Dit is wonderlike om sulke lesers te hê. Ek is baie bly as die jong mense nog my boeke lees – outydse skoon stories. Dit doen ‘n ouma se hart baie goed.
      Liefde,
      Tannie Sarah.

  47. Alta Pretorius says:

    Sarah Dupisanie verskaf ons oneindegende leesgenot en is ons groot gunsteling. My mammie versamel al Sarah Dupisanie se boeke en ons het almal behalwe die volgende:

    Liefde is ‘n sprokie
    Liefde per dosyn
    Soentjies vir Lani
    ‘n Vrou vir Herman
    Waar die Suiderkruis hang
    Die Losprys
    Fort van die Kappiesdraers
    Kans vir liefde

    As enigiemand dalk kan help waar ek enige van hulle kan koop – verkieslik 2e hands sal ek dit baie waardeer. Maak nie saak van die kondisie nie. Ons het ook ander duplikaat boeke wat ons kan omruil. Ons bly in Witbank.

    Tonne dankies vir al die lekker lees.
    Dankie Alta
    0832263778

    • Sarah Du Pisanie says:

      Ek het ‘n voorstel aan die uitgewers gemaak omtrent daardie omnibus maar nog nie terugvoering gekry nie. Dit was darem nou die vakansietyd en ek verskoon hulle. Sodra ek iets hoor sal ek tog die boek skryf.
      Sê vir jou kinders ek is trots op hulle dat hulle nog vasklou aan Afrikaanse skrywers, dit is regtig ‘n riem onder die hart.
      Baie liefde

  48. Sarah Du Pisanie says:

    Mariet,
    Dit is n groot probleem. meeste van die boeke is uit druk uit.
    NB Uitgewers, die Ou Tafelberg uitgewers het nou weer die 10 Omnibusse wat my eerste 30 boeke bevat geherdruk. Die eerste een het in April verskyn en die tweede kom Nov uit.
    Vind by Tafelberg uit wat het hulle nog van my en die ander by Lapa.
    Ek het n lys van die boeke hier opgesit ook die Omnibusse, hulle kom weer net so uit soos wat hulle aangegee is.
    Probeer Springbok boeke. Ek sien hulle verkoop van die ou boeke.
    As jy op my naam Google dan kry jy gewoonlik al die advertensies van die boeke.

    • Marile Cloete says:

      Miskien moet julle ook op die internet begin soek – dit klink of ‘n mens daar skaars tweedehandse boeke kan kry. Beter as niks, al wou jy graag ‘n nuwe hê.

  49. Mariet van Rensburg says:

    Hoe kan ek van Sarah du Pisanie se boeke bestel? Ek het alreeds ‘n paar gelees en wil aub. al die boeke bestel wat ek nog nie het nie.

    Groetye
    mariet

  50. Elizabeth says:

    Baie dankie vir die lieflike boek :Waar die Suiderkruis hang: dit was
    absoluut fantasties . Ek het gehuil en geglimlag van die begin tot end.
    Die boek is een van my gunstelinge.

  51. Sarah says:

    Ai, Heidi,
    My stories is op. Ek skryf vir myself die simpelste boeke deesdae. Ek skaam my regtig vir hulle.
    Die lesers hou blykbaar nog steeds daarvan want hulle verkoop en verkoop sommer binne n maand uit. Ek dink ek is net al moeg vir my eie stories. (Miskien is dit omdat ek al so oud en nie meer romanties is nie.)
    Dalk kry ek weer so n oplewingtjie en dan sal ek probeer, maar ek beloof niks.
    Dankie vir julle liefde en ondersteuning deur die jare. Dit was lekker om vir sulke lesers te kon skryf.
    Liefde
    Sarah.

  52. Heidi says:

    Tannie Sarah

    Ai, ek is vanaand verlig! Ek is so dankbaar om te sien ek is nie die enigste een wat ‘n Du Pisanie klap weg het nie!!
    My versameling is amper voltallig – sodra ek almal het gaan ek nog net een kort! – kan Piet se tweeling kleinboeties nie maar asseblief vrouens kry voordat Tannie ophou skryf nie?!!

    Groete
    Heidi

  53. Sarah du Pisanie says:

    Dankie vir jou mooi woorde. Dit is heerlik om te weet jy geniet die boeke.
    Ek hoop ook dat daar binnekort ‘n storie agter ‘n bos sal uitspring.
    Die feit dat die jongmense my boeke lees is vir my ‘n groot kompliment, baie dankie.
    Ek sal laat weet as die storie uitspring – ek raak nou oud en lui.
    Liefde,
    Tannie Sarah.

  54. Hannet says:

    Tannie Sarah
    Ek is 30 jaar oue Vrystater en mal oor lees.

    Ek is vanaand skoon uit my vel van opgewondenheid. Vandat ek op skool een van Tannie se boeke gelees het, was u my gunsteling skrywer. Ek het gereeld biblioteek toe gegaan en gesoek na een van u boeke wat ek nog nie gelees het nie, ek het boekwinkels gefynkam vir enige van u boeke wat te koop is en toe u omnibusse uitkom het ek hulle almal gekoop, behalwe Omnibus 1, ek weet nie hoe ek dit gemis het nie en hier hoor ek vanaand dat ek binnekort Omnibus 1 in die hande kan kry. Dis wonderlike nuus!

    Dankie vir die lys van al die boeke wat Tannie geskryf het, ek het seker al so 35 van hulle gelees en gaan my bes probeer om die ander boeke in die hande te kry, want lees MOET ek hulle lees.

    Namibie klink wonderlik en ek geniet dit baie om van die land in u boeke te lees. U laat die land so mooi en romanties klink. My wens is dat ek eendag u pragtige land kan sien en beleef.

    Mag daar gou weer ‘n insident, storie, musiek of grappie op Tannie se pad kom, sodat daar ‘n nuwe boek op die rak sal verskyn en ek hoop dat daar nog baie stories uit Tannie se pen sal kom.

    Vrystaatgroete

    Hannet van den Berg

  55. Christie Strauss says:

    Hallo tannie. Hoop dit gaan goed?
    Ek het die boodskap gelees net toe ek klaar vir tannie die boodskap gelos het. Baie dankie, ek sien uit om nog van tannie se boeke te lees. Ek sal tannie laat weet as ek reg gekom het. ek is ook nou n tweede jaar en swot LLB Regte… Ek dink ek het die omnibus wat onlangs weer uit gekom het gelees, sien uit vir die volgende boeke.

    Groete Christie.

  56. Sarah du Pisanie says:

    Hi Christie,
    My twee kleinseuns Johan en Ockert du Pisanie is ook op Potchefstroom. Johan is al n oumeneer en is besig met sy M-graad. Ockert is nou eers 2de jaar.
    Kyk net op die skrywe voor joune, waar ek met Dirna en Hannetjie praat, het ek vir Hannetjie vertel waar om boeke te kry.
    Dit is vir my ‘n yslike kompliment as die kinders nog steeds my boeke lees.
    Ek het al 43 boeke geskryf en daar het in November ‘n Omnibus by Lapa uitgekom met twee nuwe boeke en een ou boek, wat jy seker nog sal kry.
    Ek hoop jy kom reg en laat weet weer van jou, ek maak net kinders bymekaar.
    Liefde,
    Tannie Sarah.

  57. Christie Strauss says:

    Tannie Sarah

    My naam is Christie en ek is 20 jaar oud. Ek geniet dit om tannie se boeke te lees. Ek hou daarvan dat die tydspeling op die goeie ou dae gerig is (geskiedenis interesseer my baie) en tannie se boeke is skoon en glad nie eentonig nie. Ek het al meeste van tannie se boeke gelees en sukkel om nog te kry. Kan tannie my dalk se waar ek nog kan kry? Ek swot op Potchefstroom kampus en die biblioteek het nie baie van tannie se boeke nie.

    Dankie en seen wense.
    Christie

    • Leandrie says:

      Hey christie ek is leandrie (15) ek gloo seka jy sal my nigie ken en jy is reg da is nie baie van tanie shara se boeke in die biekwinkel nie ek is ook opsoek na ha boeke en my nogie is hildi kemp lat weet my of jy ha ken

  58. Hannatjie van Niekerk says:

    Ja,ja,ja!! ‘n Besoek aan Skotland is net die ding! Klomp stories nog agter al hierdie bosse en onder die sneeu!

    Ek sal met die e-pos verder gesels, dankie!

  59. Sarah Du Pisanie says:

    Hallo Dirna en Hannatjie.
    Wat ‘n heerlike verrassing om mense uit die Heimat te kry, wat nog steeds my boeke lees.
    Ons ou Suidwesters is maar enig in hulle soort.
    Dirna,
    Dankie vir jou ondersteuning. Laat weet my meer van jou. Uit watter deel van Suidwes kom jy en wie is jou ouers, ons ken hulle dalk.
    Hannetjie,
    Jou pa was ons tandarts en ons het saam al die godsdiens stories, uitgepluis en baie eenders gedink.
    As daar nou een plek is wat ek nog wil besoek is dit Skotland. Ek dink in ‘n vorige lewe het ek daar in ‘n kasteel gebly.
    My eerste 30 boeke het Tafelberg later jare in 10 omnibusse uitgegee. Op aanvraag gaan hulle nou al 10 herdruk. In elkeen is drie stories en die eerste omnibus kom in April uit. Dit sal ook in Leserskring beskikbaar wees. Ek het al 43 geskryf en meeste van die nuwer boeke is by Lapa. Probeer daar. Jy kan op die lys van omnibusse kyk watter boeke jy kort. en dan maar daardie spesifieke Omnibus aankoop.
    Daar het nog twee boeke buiten die Omnibusse by Tafelberg verskyn nl. ‘n Vrou vir Herman en Waar die Suiderkruis hang.
    Tafelberg is nou NBboeke en die een wat jy daar kan kontak is. Ettienne Bloemhof.
    Sy E.pos is: ebloemhof@nb.co.za.
    Die ander boeke is by Lapa en die kontak persoon is Charlene Hougaart. Die E-pos daar is:
    charlene@lapa.co.za.
    Laat weet my meer van jou ook. Waar is Michele en jou ouers nou.
    As julle nie op hierdie publieke blog wil gesels nie, my E-pos is dupisanie@telkomsa.net.
    Sê groete vir al die Suidwesters wat julle teekom.
    Liefde

  60. Hannatjie van Niekerk says:

    Tannie Sarah

    Ek het in Windhoek so om die hoek in Eros van Tannie groot geword en op skool al lekker gelees aan die boeke.

    My ouers is Dawie en Cheryl Lubbe en my sussie(Michelle) was saammet Joani in die klas.

    Ons bly nou in Skotland en ek het 2 dogtertjies. (5jr en 3jr)

    My kinders se moedertaal is afrikaans en ek is dankbaar vir die paar boeke wat ek vir hulle bere vir as hulle eendag ‘n mooi storie in hulle hart-taal wil lees!

    Ek het die naweek 4 van Tannie se boeke gelees en dit voel sommer of ek op vakansie was by die huis!!

    Ek is baie dankbaar dat die liefdestonele met ‘n soen eindig en is baie bly Tannie het nooit ‘aangepas’ by die moderne style nie.

    Dankie vir boeke wat ek met vrymoedigheid vir my dogters kan bere!!! (Ek sukkel net om hulle in die hande te kry- enige raad sal baie welkom wees?)

  61. dirnaackermann says:

    Sarah, jy, plus jou helde en heldinne, is een uit ‘n duisend! Suidwes is my heimat en as hy een maal in jou bloed is, bly hy sit. (Al woon jy al meer as dertig jaar in die Kaap.) Daar is soveel van jou stories, (soos by Kosie s’n) wat ek weer en weer gelees het. Net te heerlik!

  62. Sarah Du Pisanie says:

    Dankie Sonelle. Om baie eerlik te wees, ek self hou meer van my ou boeke as die nuwes. Ek is heeltemal uit voeling uit met die moderne stories.
    Byvoorbeeld by Romanza moet dit kontemporêr wees, m.a.w dit moet hedendaags wees en ek is beslis nou nie meer romanties nie en kan glad nie aanpas by hierdie smeulende liefdesverhale nie.
    Ek wil vreeslik graag nog een boek oor die ou dae in Suidwes skryf, maar ‘n vars storie wil net nie agter die bos uitspring nie.
    Ek sal harder probeer – ek belowe!
    .

  63. Sonelle Devenier says:

    Goeiedag

    Sarah, ek moet eintlik sê Tannie, want ek is nou 30 jaar oud.

    Ek het elke liewe boek van jou wat ek kon kry, al gelees. Daarna het ek dit begin versamel. Ek kort nog ‘n paar en dis jammer, want uit ondervinding weet ek jou boeke is skaars en word baie vinnig opgeraap in tweedehandse winkels.

    Al jou boeke was vir my mooi. Ek is net jammer dat die christelike aspek daarin, later jare verlore begin gaan het.

    Om aan te sluit by die tema van “klere wat waai”, ek lees glad nie sulke liefdes verhale nie. Dit beteken dat daar vandag bykans geen liefdes verhale is wat ek kan lees nie; die paar wat ek probeer het, het almal sulke elemente bevat en dit het net een plek in my huis beland, naamlik in die asdrom.

    Baie dankie vir die mooi, skoon leesstof!

    Vriendelike groete
    Sonelle Devenier

  64. Rika Du Plessis says:

    Sarah, net soos jy, het ek ook net een Romanza, Jaarringe van liefde, geskryf. Soos Annetjie, glo ek ook dat ‘n goeie storie nie werklik nodig het dat die klere moet waai nie, en so het een van Lapa se redaktrises ook lank gelede vir my gesê. Tog het ek in van die vroeëre hardebande ook die klere uitgetrek, en was nogal verbaas dat dit daardie tyd aanvaar was.

  65. Annetjie van Tonder says:

    Ek glo daar is baie ouer Romanzalesers wat ook nog konserwatief is, daarom kry ek dit ook nie reg om die nuwe benadering te volg waar daar stomende intimiteit buite die huwelik is nie. En ek doen dit ook nie waar hulle al getroud is nie. Die leser het mos genoeg verbeelding. Ek het ‘Die Ninawind’ ook gelees en die storie is pragtig, die karakters goed uitgebeeld. ‘n Goeie storie dra homself sonder dat daar klere uitgetrek moet word.

  66. Sarah du Pisanie says:

    Ek het nog net een Romanza geskryf. ‘Gedeelde Geluk’. Ek hou nie van die Romanza formaat nie, ek is te gewoond aan die ou formaat waar ons tussen 50-60 000 woorde moes skryf. Charlene het my jammer gekry en voorgestel dat ek vir haar 3 boeke skryf wat sy dan in ‘n omnibus uitgee. November het so n Omnibus dus by Lapa verskyn.
    Ek weet nie of my skryfstyl verander het nie. Toe ek noudie dag weer vir Gedeelde Geluk lees, was dit nie vir my so sleg soos toe ek dit net klaar geskryf het nie.
    Wat ek wel vind, is dat my stories opgeraak het en ek sukkel om n nuwe tema uitgedink te kry.
    Liefdestonele hou vir my op by ‘n soen. My lesers is baie ouer mense en ek sal dit ongelukkig nie regkry om dit ‘warm’ te maak nie, daarvoor is ek te oud en te konserwatief.
    Ek skryf nog – ook maar net. Ek wil vreeslik graag vir die kompetisie inskryf maar ek wag vir n storie om iewers agter n bos uit te spring.

    • Nicolette Loots says:

      Hallo! Ek is self een van die jonges (26 jaar) en ek moet sê dat een van die grootste redes waarom ek mal is oor Sarah du Pisanie boeke, is die feit dat dit nie te “warm” is nie – dis net lekker lees. So moet asb nie veranders soos die uitgewers wil nie, bly skryf soos altyd!!!!

    • Antoinette Nell says:

      Dankie vir die “skoon” boeke!My 24 jarige was vanmiddag weer lus vir sommer net lees nadat ons vir omtrent 7 jaar geen ligte afrikaanse boeke gelees het nie. Sy is biblioteek toe en het met 2 Sarah du Pisanie omnibusse teruggekom omdat sy nie van die “warm” storie lyne hou nie! Dis boeke wat ons al gelees het maar ons het dit baie geniet om dit weer te lees. Ek sien daar is ‘n paar wat ons nog nie gelees het nie en sal probeer om hulle uit te neem.

  67. Annetjie van Tonder says:

    Sarah, ek maak ‘n diep en nederige buiging voor jou vanoggend, want ek was gister in ons biblioteek en het verstom gestaan oor die hoeveelheid boeke van jou in die rak. Em om te dink jy moes dit vroeër met ‘n gewone tikmasjien skryf. Ek salueer jou. Nou wil ek vreeslik graag een van jou nuwer romanzas in die hande kry. Dink jy jou skryfstyl het verander deur die jare? Ek het ‘n juffrou vir Skurwekop gelees en dit baie geniet. Hoe hanteer jy vandag die liefdestonele? Skryf jy nog steeds?

  68. Sarah du Pisanie says:

    Annatjie weet jy, ek wonder of ek nie gelukkig is nie. Ek is baie lief vir geskiedenis en dit is soms die snaakste storie, of insident musiek of ‘n grappie wat my op ‘n idee bring.
    Ek vlieg byvoorbeeld van Walvisbaai af Kaap toe en toe ons oor die woestyn vlieg lyk die duine vir my bo-op so plat. In Israel of die Midde-Ooste noem hulle so ‘n plat heuwel ‘n Tel . Dit is wanneer daar ‘n dorp of geboue was wat met die jare toegewaai het en dan grawe die argeoloë daar. Dit is waar Prins van die Duine gebore is, ek het toe ‘n stad in die woestyn gemaak.
    My eerste paragraaf is lewensbelangrik. As ek dit klaar het dan vlot alles. Ek skryf soms die eerste hoofstuk tot 7 keer oor, om almal op hulle plekke te kry en dan het die storie ‘n lewe van sy eie.
    Ek het geen skryfopleiding gehad nie, en ek het slegs ‘n breë ‘idee’ waaroor dit moet gaan.
    Ek maak nooit ‘n formele raamwerk nie. Die storie skryf homself gewoonlik.

  69. Annetjie van Tonder says:

    Sarah, hoe lyk ‘n tipiese skrywersdag in jou lewe en doen jy baie navorsing en hoeveel tyd staan jy af aan die uitwerk van ‘n storielyn? Of is jy een van die geseëndes wat sommer net gaan sit en skryf en dan vloei dit?

  70. Madelie Human says:

    Sarah, ek het jou omnibus wat by Lapa verskyn het in die vakansie gelees. Ek het heerlik agteroor gesit en jou stories van Namibië geniet. Jy bly maar ‘n immergroen skrywer! Ons kan net by jou leer.

  71. Sarah du Pisanie says:

    Ek sal jou ook graag van aangesig tot aangesig wil sien. Julle voel vir my soos kinders en ek weet sommer ek sal vreeslik lief wees vir julle.

    • Michelle says:

      U boeke is vir my ‘n baie groot inspirasie. Ek het deur ‘n tydjie van depressie gegaan en wanneer ek net tyd alleen nodig het vlug ek na ‘n hoekie waar ek net kan opkrul en verlore raak in ‘n wêreld waar mense vir mekaar omgee. Die emosie wat uit u boeke in my ontlok wanneer ek u boeke lees het beslis begin om ‘n baie groot uitwerking op my seer gemoed te maak. U heldinne het my weer die wilskrag gegee om self die vrou wat diep in my opgesluit was tevoorskyn laat kom. Ek is net spyt dat die eerste drie omnibusse tans nie beskikbaar is nie. Ek sou graag my versameling van u boeke wou aanvul met die eerste drie. Ek hoop daar is ‘n kans dat hulle weer op die rakke sal verskyn.

  72. Naomi Eloff says:

    Ek hoop regtigwaar dat daar ‘n OMNIBUS 11 sal verskyn met JAKKALSWATER, ‘N VROU VIR HERMAN en PIET SE BEURT. Ek geniet jou boeke. Jakkalswater bly my gunsteling. Sal jou graag eendag wil ontmoet, en ure lank gesels. Ek is mal oor jou manier van skryf!

    • Marinda Roodman Dippenaar Coetzee says:

      Hi Tannie Sarah,
      Ek is opsoek na Tannie se omnibusse. Ek het een tot drie te koop gekry, maar dit is waar dit geeindig het. Ek sou graag die res ook wil he, maar ek kry dit nerens. Die ander het ek by verskillende CNA’s gekoop. Ek geniet verskriklik Tannie se boeke. Ek is self mal oor Namibie. Kan Tannie my dalk help om die res in die hande te kry.

      Groete Marinda

    • Christa says:

      Ek het vir Sarah du pisanie gaan kuier 2014 Maart maand, mense wat ‘n ondervinding, sy is ‘n lieflike mens, sy het die wonderlikste man, so sag en dierbaar, moet se hy pas by haar soos ‘n handskoen. Julle dit was die lekkerste kuier van my lewe. Sal julle glo ek het toe die regte SANDROOS soos in haar boek, SANDROOS UIT MOAB in my hande gehou, sy het een daarvan in haar huis, hoe wonderlike dat die Here by pad vir my oopgemaak het om haar te sien , en my man Roelf dankie dat jy met ons vakansie daarheen geneem het. . Al my mede lesers ek het , nuus vir almal, sarah het vir BENNIE EN FAATJIE ook vrou gekry, hou dop die boek kom uit. Kyk vinnig by lapa daar is nou ook die boek LIEFDE IN DIE OUKAAP van haar. Daar kom ook beslis ‘n omnibus 11 uit. Sarha baie dankie vir die lekker kuier ek het jy sommer baie liewer gekry, jou secunda bewonderaar, christa

    • Elrica Erasmus says:

      Kan ek ook GROOT asseblief vra vir ‘n Omnibus 11 met Jakkalswater, ‘n Vrou vir Herman en Piet se Beurt. Ek het al hemel en aarde omgekeer op soek na ‘n Vrou vir Herman – maar pure verniet. Het nou die nuwe boek Liefde in die Ou Kaap gelees en soos gewoonlik was dit puik! Groete Elrica

    • Christa says:

      Hallo al my mede lesers, het vnadg my omnibus 11 gery en ook huweliks klokkie op jakkalswater. Het n koeldrank en groot pak skyfies gekoop, gaan nou begin lees, niemand mag my nou pla nie nie, my man sal sorg vir aandete, ek is soos ‘n kind oor kersgeskenk. Dankie sarah du pisanie….jou groot bewonderaar vna secunda.

    • Christa says:

      Ek gaan nou weer by Saraha du pisanie n draai maak om my laaste boeke te laat teken. Wens so ek kan julle saam neem om haar te ontmoet. Ek is so bly ben en faan het nou ook vrouens gekry. Baie danksie Sara dat jy hulle ook gehelp het. Die Here he tjou met n wonderlke talent geseen. Dankie dat ek ook die Sandroos in my hande kon hou, nooit gedik ek sal eendag die regte Sandroos sien en vashou nie. Hoogte punt my lewe gewees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s