Alta Cloete/Marilé Cloete

alta

Marilé Cloete is die skrywersnaam wat Alta Cloete gebruik wanneer sy haar hand aan ʼn romanse waag. Sy is ’n plaaskind van die Roggeveld wat in die Boland kom wortelskiet het. Daar deel sy haar lewe met haar eie held, ’n sagmoedige Duitse herdershond, twee eiesinnige gemmerkatte en ʼn paar handmak voëls. Wanneer sy nie skryf nie, probeer sy lees en spesifiek Afrikaanse boeke op sosiale media bevorder. Sy verlang ook na haar twee seuns wat in Noorweë werk. Sy is ’n ongeneeslike romantikus wat onwrikbaar in die liefde glo. Sy beskou lees as die enigste heilsame vorm van verslawing – dit maak nie vet of dronk nie, takel nie jou liggaam af nie en gee jou ’n eie binnelewe wat niemand van jou kan wegneem nie.

Vorige titels deur Marilé Cloete:

  • Projek ware liefde
  • Teen haar beterwete
  • Eindelik liefde
  • Haar grootste geskenk
  • Waar sy hoort
  • Sy mooiste woorde

Vorige liefdesromans onder die naam Alta Cloete:

  • Net ’n mens
  • Opdrag van oorkant
  • Seisoen van lig en donker
  • Seisoen van vervulling
  • Seisoen van vergifnis

Vir meer inligting oor Alta Cloete se liefdesromans, gaan na www.altacloete.wordpress.com en kyk by die hofie SKRYFWERK! 

11 thoughts on “Alta Cloete/Marilé Cloete

  1. johanelle says:

    Hi Alta, met ‘n baie seer hart het ek vanmiddag die laaste bladsy van Seisoen van vergifnis klaar gelees. Ai, dit is ‘n uitsonderlike verhaal. Soveel dinge en op die ou einde soveel genade. Baie, baie dankie!
    Wanneer is die volgende een klaar? En oor wie gaan dit? Ek is baie baie nuuskierig! Ja, ek weet jy lei dalk nog aan jetlag! Maar ek kan nie wag nie! Sterkte met alles en ek kyk uit vir die volgende ene!

    • Alta Cloete says:

      Vreeslik bly as jy dit geniet het!
      As dinge reg verloop, behoort die volgende een in Jan. 2013 op die rakke te wees. En nee, ek gaan nie sê oor wie dit is nie!🙂

  2. Ronelle says:

    Jislaaik Marile, ek is so bly! Baie geluk! Laas toe ons gepraat het was daar nog bietjie onsekerheid by jou! Ek kan nie wag om oor die kinders te lees nie! Baie sterkte!

  3. Ronelle says:

    Hallo Alta

    Ek was sooo gelukkig om GEUR VAN VERGIFNIS in ons biblioteek te kry en moes vinnig lees, want daar is ‘n waglys. Baie dankie vir die eg menslike verhaal. Jy moet glad nie dink Vergifnis staan enige tree terug vir Genade nie! Albei baie goeie en puik boeke! Ek is nou net nuuskierig om Vivien en Herman se verhaal ook te lees en dan die kinders!

    Wanneer vlieg julle? Julle moet dit baie geniet!
    Groete
    Ronelle

    • Marile Cloete says:

      Ronelle, ek vermoed ek het jou per e-pos geantwoord voor ek weg is, maar is nou glad nie seker nie. Die ou kop …🙂
      In elk geval – groot dankie vir jou mooi woorde. Dit beteken vir my baie! Hoop jy stap nog die pad van die volle reeks saam met my. (Die eerste Seisoen-boek verskyn DV in Mei.)
      Groete!

  4. Cynthia Robertson says:

    Wel, as ek nog hier is teen daardie tyd, laat weet my asb dan gaan drink ons koffie (of Guinness🙂 ) Dit sal so lekker wees.
    Nee, ek het nog nie die skrywers ontwikkelingsblog gesien nie; tot April het ek voldag gewerk en het dit broekskeur gegaan met tyd. Kan jy my dalk beduie soontoe?

    Baie dankie en lekker dag

    Cindy

  5. Cynthia Robertson says:

    Hi Alta
    Ek is tans besig om my hand te waag aan my eerste Roman, en soos jy self weet is dit heel anders as die Romanzas! Maar nogtans ‘n lekker proses. Ek bly in Ierland op die oomblik, en het dus vir Lapa gevra om jou boek vir my te stuur sodat ek bietjie meer touwys kan raak. Wat ‘n heerlike verassing!!! Jou karakters was so geloofbaar, en ek moet vir jou sê, dis nou ‘n WARE liefdesverhaal. Mariaan was vir hom lief met of sonder sy bene, soos liefde is. En met haar sigarette, drank en taal, nie volmaak nie, soos die mense wat ons werklik liefhet en is. Knap gedaan, as ek maar NABY jou talent kan kom.🙂
    Baie groete

    Cindy

    • Marile Cloete says:

      Hallo Cindy! Baie dankie vir jou mooi woorde – komende van ‘n mede-skrywer dra dit sommer ekstra gewig. Ja, ek was eintlik waaghalsig (of effens gek of baie dom!) om juis vir Mariaan en Marius te kies, maar hulle het my eintlik gekies. En dit wil lyk of dit gewerk het, waaroor ek dankbaar is. Het jy al op ons skrywerontwikkeling blog die posts gesien oor die verskille tussen die romanse en die LR. Dit kan jou dalk help, want dis mos maar baie moeilik om die verskille vas te pen.
      Verder is ek baie geinteresseerd in Ierland. Droom al lank om daar uit te kom, en dit wil lyk of dit dalk in Julie/Aug 2012 kan waar word, wanneer my man ‘n kongres in Edinburgh het. Ons wil graag probeer om die twee seuns (een is in Noorweë, die ander hier) te kry om dan ‘n bietjie deur Skotland en Ierland te ry. Hoop maar die skip met die geld kom intussen hier ankers gooi!🙂
      Groete!

  6. Marile Cloete says:

    Sonja, dis woorde soos joune wat skrywers laat aanhou skryf! Ek hoop jy hou van Geur van vergifnis ook – Mariaan is nie ‘n katjie om sonder handskoene aan te durf nie!

  7. Sonja says:

    Hi Marilé
    Ek was absoluut mal oor jou boek “Geur van Genade”!! Ek kan nie wag vir volgende maand waar daar nog ‘n lekker dik boek – ons het mos ‘n lekker week vakansie – wag om gelees te word nie.

    Groete
    Sonja

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s