Alma Carstens

Alma Carstens 2Ek is ’n kaalvoet plaaskind van die weskus in Namakwaland. Na vier jaar in Nairobi, Kenia het ons (dis nou ek, my man, Jacques en ons twee kinders Mornay en Emma) in Julie 2009 na Lilongwe, Malawi verhuis. Ek is ’n dromer wat glo aan romantiese liefde en ewigdurende geluk, daarom het ek ‘n passie vir liefdesverhale. Wanneer ek nie skryf of lees nie, kuier ek graag saam met vriende, kyk flieks en studeer vir ’n graad in tale en letterkunde (met spesialisering in kreatiewe skryfkuns) by Unisa. Ek is ook dol oor reis, rooiwyn, ’n kaggelvuur, sagte reën en die see.

 

Ná vier jaar in Kenia en meer as ses jaar in Malawi, het Alma Carstens en haar man die Afrika-stof tydelik van hul voete afgeskud om ’n nuwe avontuur aan te pak. Sedert Januarie 2015 woon hulle in Bangkok, Thailand waar Jacques as regsadviseur vir ’n Britse maatskappy werk. Stories skryf en lees was nog altyd vir haar meer as net ’n stokperdjie, maar deesdae is dit ook ’n noodsaaklikheid wat help met die verlange na hul kinders in die Kaap. Wanneer sy nie skryf nie, kuier sy graag saam met vriende, kyk flieks en speel gholf. Sy is ook dol oor reis, goeie wyn, ’n kaggelvuur en die see.

Alma se boeke:

  • Ver anderkant Wiesenhof
  • Middernagsoene
  • Tyd sal leer
  • Kaapse draai
  • Luca se obsessie
  • Halwehuisliefde
  • Die aanbod
  • Verlore jare

Die aanbodHalwehuisliefde  Luca se obsessie (Hoëres)

Kringloop van liefde:
Thalia spandeer die laaste nag van haar vakansie op die eiland saam met ‘n wildvreemde man, oortuig daarvan dat sy hom nooit weer gaan sien nie. Maar sy het haar misgis … Haar herontmoeting met die aantreklike vreemdeling laat haar stom van skok en plaas haar in die mees benarde posisie denkbaar.

‘n Tuiste vir Mieke:
Na haar pa se dood en bankrotboedel, het Mieke geen heenkome of kwalifikasies nie. Van huishou weet sy niks, van kosmaak nog minder. Haar rykmanslewe is net ‘n vae herinnering toe sy Luke Stassen se huishoudster en kinderoppasser word. Sy weet dat as hy van haar gevoel vir hom uitvind, loop sy dieselfde paadjie as haar voorgangers en dit kan sy nie bekostig nie. Maar dan haal die verlede hulle in en van wedersydse vertroue is daar geen sprake meer nie. Speel wraak ‘n rol in sy motiewe?

Net Vriende:
Jake Struwig pas perfek in Christie se plan. Hy is skatryk, suksesvol, onweerstaanbaar … net die man wat haar gaan help om Carl terug te wen. Haar lewe lank kyk Christie toe hoe haar suster alles van haar steel wat vir haar waardevol is. Soos vir Carl. En sy weet – as Maryke vir Jake ontmoet, los sy Carl soos ‘n warm patat. Te laat besef Christie dat sy met mense se lewens speel asof dit waardeloos is. En veral Jake laat hom nie gebruik nie…

Celine se nuwe droom:
Na haar egskeiding trek Celine met haar dogters na Arendsbaai aan die Weskus. Die prentjiemooi dorpie is salwend, maak gesond. In Daniel se winkel kan sy haarself uitleef, haar eie ding doen en die moeite werd voel. Maar sy bly blind vir ander mans en toe Daniel haar sy liefde bied, jaag sy hom weg. Sy glo dat Turner sy fout gaan agterkom en na haar sal terugkeer. Eers toe die rooikop Tanya op die toneel verskyn, besef sy waar haar hart le …

‘n Nuwe bruidegom:
Toe Marise se troue in ’n nagmerrie ontaard, is daar vir haar net een uitweg en dis om te vlug … landuit, weg van die pers en die skande, maar veral weg van die Rosseaus! Sy moes geweet het hier kom moeilikheid toe hoogheilige, arrogante, selfvoldane en skatryk Quinton Rosseau haar uit die ding probeer praat. In Kenia vind sy rus in die Masai Mara tussen die veld en die diere, maar haar vrede word eensklaps onderbreek wanneer ’n onwelkome gas by Twiga Lodge arriveer. Gaan sy ooit die verlede agter haar kan laat en die Rosseaus vergeet as hulle teen haar wil weer deel van haar lewe raak?

 Die aanbod

Karlien wil nie vir grond met die ryk buurman trou nie. En hoe vertrou sy haar eksverloofde as hy onverwags terugkeer en alles wil regmaak? Kan sy verhoed dat afkeer aan ’n man ongemerk liefde word?

11 thoughts on “Alma Carstens

  1. Alma Carstens says:

    Ek is baie bly dat jy die stories geniet het, Souretha. Hierdie jaar is ‘n stil een, maar volgende jaar sal daar hopenlik weer ‘n paar op die rak wees.

  2. Souretha says:

    het drie van jou boeke gelees Net Vriende,Celine se droom en n Nuwe bruidegom.lees dit oor as ek vir wag vir my nuwe boeke lid van lapa. dankie vir die mooi boeke het dit geniet sien uit na nog

  3. Alma Carstens says:

    Hallo Celesta, lekker om van jou te hoor! Daar is tans ‘n manuskrip by Lapa, sal maar moet sien wanneer dit in ‘n boek ontwikkel. Dankie vir jou ondersteuning, dis wonderlik dat ek jou aan die lees kan kry!

  4. Celesta Kuhn says:

    Hi Ammie, jong ek hoop jy’s al besig aan jou volgende boek, want ek kan gewoontlik nie wag vir jou boek(-e) om die rakke te tref nie. Het al jou boeke gelees en het almal terdeë geniet, want ek leef my omtrent in jou stories in. CK

  5. cheryl shepherd says:

    ek het twee van jou boeke baie geniet en kyk vorentoe om die ander twee te kry-alle voorspoed met die studies-

  6. Susan Brand says:

    Kan nie wag vir jou volgende boeke nie. Lekker leer hoop jy kry kans om te skryf, want ons lesers wag.

    Susan

  7. Marile Cloete says:

    Welkom by ons, Alma!
    O, om darem naby plekke soos die Masai Mara te kan woon! Wat ‘n heerlike veld het jy om stories te skryf wat in Afrika afspeel – ek bly maar glo ‘n mens kan net regtig oor ‘n plek skryf as jy self daar tyd gespandeer en ervarings gehad het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s