Proestukkie: Onvoorwaardelik syne

Hier volg ‘n lusmakertjie uit Magdaleen Walters se nuutste romanse, Onvoorwaardelik syne:

“Het my kat oortree?” wil sy weet.

“Hy’t met sy modderpote oor my kar se bonnet geloop.”

Sy rek haar oë. “Dis verskriklik.”

“En oor die voorruit. En toe gaan eet hy sy vink op die dak. Dis net bloed en vere. Vat die ding, asseblief.”

“Ag, néé, Pity.” Sy vat haar kat uit daardie yslike paar olie-besmeerde hande, hou haar gesighoogte en maak oogkontak. “Jy wéét jy mag nie die Liewe Heer se voëltjies vang nie. Jy kry oorgenoeg om te eet.”

“Liewe Heer?” Thomas staan haar met geligte wenkbroue en bekyk. “Ek dog dan Continue reading

Advertisements

Magdaleen Walters gesels oor Onvoorwaardelik syne

Magdaleen vertel: Ek het voor die rekenaar gaan sit en begin skryf, want dit was weer tyd vir ‘n nuwe manuskrip. Ek wou die heldin help om haar nuwe besigheidjie aan die gang te kry, toe die held erg omgekrap daar opdaag met haar kat in sy hande en toe neem die storie sommer so vanself sy loop. Ek moet darem byvoeg dat ek ‘n werkswinkel vir Aromaterapeute en een vir “Flower Remedies” bygewoon het voor ek die manuskrip aangepak het en dat ek Continue reading

Proestukkie: Heeltemal seker

Heeltemal seker deur Elize Davies het in Februarie by Lapa verskyn. Sy het ook hierdie week se blogfoto uit England aangestuur.

Hier volg ‘n lusmakertjie uit Heeltemal seker:

Dit is warm!!!   Nie ‘n luggie roer hier in die tent nie.  En sy is honger.  En dors.  Gelukkig is daar koue koeldrank in die yskas, onthou sy dankbaar en spring op om een uit te haal.

‘n Halfuur later wens sy sy het nooit die blikkie koeldrank gedrink nie, want nou het ‘n ander dringende behoefte ontstaan:  die behoefte aan ‘n badkamer.

Naderhand kan Linda die ongemak nie meer uithou nie.  Sy sluip deur toe en begin Continue reading

Chanette is aan die gang!

Chanette Paul tree binnekort by twee geleenthede op:

Bargain Books in die Paarl
11 Maart om 14h30-15h30
by
Shop 18, Paarl Mall
Cecilia street
PaarlTel  021 8630511  faks 0866 528 434
Email: paarl@bargainbooks.co.za

WOORDFEES – MOORD, LIEFDE EN PROFETE
Met Chanette Paul en Valiant Swart
Valiant Swart gesels met Chanette Paul oor haar romantiese spanningsroman Meetsnoer. In hierdie nuutste toevoeging tot die Gys Niemand-reeks val meetsnoere soms in afgryslike plekke – veral in die skadu van die Oordeelsdag. Twee bekende en gewilde skrywers en kunstenaars met baie op die hart.

12 Maart 11:00 | Protea Boekwinkel | 50min | Gratis

Die volledige program vir die Woordfees is nou beskikbaar op LitNet by http://www.litnet.co.za

Kristel Loots op rsg

Kristel Loots, geliefde skrywer van talle heerlike, pittige liefdesverhale (waaronder treffers soos Sjokoladesoene) praat moreaand (Dinsdag, 22 Feb.) om 20:30 op Leeskring op rsg. Moet dit nie misloop nie – Kristel is netso vaardig met die gesproke woord as met die pen!

‘n Duet van Dirna Ackerman!

Dirna Ackermann het al meer as 12 boeke geskryf. Lentelied is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses.

Vrydagmeisie

Platsak land Chiara, enigste kind van ’n stinkryk pa, op ’n Klein-Karoo-wildreservaat. Self aangestel en incognito. Want sy moet dringend geld verdien. Die eienaar van die wildplaas is Darian O’Connor, haar amperverloofde se stiefouboet. Patriarg van die familie. Die een wat sê spring en almal vra hoe hoog.

Wederomliefde

Sianka het skaars haar voete op Bosbaai gesit, of haar lewe word op sy kop gekeer. Nie net die ingewikkelde familievete nie, maar veral Hugo Durandt kalwe aan haar netjies beplande bestaan. Alles wat sy tot dusver geglo het, tuimel ineen. Gou besef sy sy’s lankal nie meer in beheer nie.

Valentynsaand by Waverley Biblioteek

Waverley biblioteek in Pretoria het weer die rooi tapyt uitgerol vir die gaste en skrywers wat die Romanza Valentynsaand bygewoon het. Mariëtte Wienekus van Lapa vertel meer:
Met aankoms is jy verwelkom met ‘n glasie sjerrie en ‘n vriendelike glimlag. Daar was net rooi ballonne en harte waar jy kyk, ‘n tafel met die jongste Romanza boeke (van LAPA Uitgewers) en natuurlik lip-lek lekker peuselhappies!
Geliefde romanse skrywers Magdaleen Walters, Marietjie Welgens, Nerine le Roux (Ahlers) en Adele Reynders was die eregaste en het ‘n meer agter-die-skerm verduideliking gegee oor die Continue reading

Proestukkie: Kammaliefde

Kammaliefde is een van die verhale wat opgeneem is in Kristel Loots se nuutste duet, Een plus een.

Nanzi sug. Soms vra die lewe net te veel van haar. Soms gebeur dinge net te vinnig en nooit na haar smaak nie. Al wat sy wil doen, is om in ’n hoekie te lê en krepeer – as sy net ’n donker genoeg hoekie kan kry waar niemand haar sal sien nie. ’n Privaat plekkie waar niemand haar sal bejammer en oor haar sal fluister nie. Pateet par excellence – dis wat sy deesdae is!

“Stop the world, I wanna get off!” brom sy binnensmonds toe sy die Continue reading

Susan Olivier se nuutste boek!

Bod op ’n biljoenêr deur Susan Olivier sal in Maart op die rakke wees.

Agtien maande was nie lank genoeg om Nico te vergeet nie, dit besef Eva die oomblik toe sy hom weer sien, en skielik is sy glad nie meer seker dat sy van hom wil skei nie.

Pret met storiekarakters!

Fiktiewe onderhoud met Jessie, die hoofkarakter in Kristel Loots se Sjokoladesoene:
M: Jessie, hoekom het jy so verdedigend gereageer toe jy die aantreklike Bruno in die supermark raakkyk?
J: Jong, jy weet mos hoe is dit met vrouens – as ons nie soos ‘n klerehanger lyk nie, dink ons mos g’n man met verstand sal ooit in ons rigting kyk nie.
M: Maar wil vroue regtig hê ‘n man moet met sy verstand na hulle kyk?
J: Wel … Nou nie nét met hul verstand nie … Maar ons weet mos die ander dele van ‘n man se anatomie se geheue is nie so goed nie … G’n vrou wil die volgende oggend Continue reading