Hoekom verkies jy Romanza?

Reza van Rooyen vat  in Volksblad van 26/03/2010 onwetend baie akkuraat saam waaroor Romanza gaan:

‘What is worse than the complete agony of being in love?’ ’n Aanhaling uit een van my gunsteling-flieks, Love Actually. En ook hierdie week een van my vriende se status update op Facebook… Wanneer jy so oud is soos ons – dis nou jou laat twintigs – en jy wag nog in angs en bewing vir jou ridder, is die liefde ’n filosofiese onderwerp wat gereeld oor ’n glas wyn of ’n bak roomys onder die loep kom. Gewoonlik stap ons effens dronker of effens dikker daar uit, en ook nie veel slimmer nie. Ek gooi toe ook ’n stuiwer in die armbeurs op Facebook: “What is worse than the complete agony of having your heart broken.” Dis nou daai gevoel wanneer jou hart só seer is, jy kry nie asem nie. Wanneer jy die Sarie koop omdat Amór vertel oor haar gebreekte hart en jy juig want jy het ’n maatjie. Dit voel of jy doodgaan, later is jy bang jy gaan nie dood nie en uiteindelik kom jy agter ’n mens gaan nie so maklik dood nie. Om sake te vererger trou ALMAL. As jy iemand raakloop, is hul eerste vraag: “Is jy al getroud.” Antwoord jy nee, kan jy die medelye in hul oë sien opdam. Asof arme jy elke aand in die fetusposisie opgekrul lê en huil oor jou enkellopende status. Inteendeel. Maar uiteindelik het Liewe Jesus geweet die mens is nie gemaak om alleen te wees nie. Dié dat ou Eva op die toneel verskyn het. En dan klop my hart instemmend op Anthony Hopkins in Meet Joe Black se woorde: “Love is passion, obsession, someone you can’t live without. Fall head over heels. I say find someone you can love like crazy and who’ll love you the same way back. Forget your head and listen to your heart. Because, the truth is there is no sense living your life without this. To make the journey and not fall deeply in love – well, you haven’t lived a life at all. You have to try. Because if you haven’t tried, you haven’t lived.”

Lank lewe die liefde!

10 thoughts on “Hoekom verkies jy Romanza?

  1. nenettedelange says:

    O ek vrek oor Romanza Boeke. Dit is ‘n maklike lees oor plekke in Suid-Afrika waarmee jy jouself kan vergelyk en inleef. Dit laat ‘n lekker warm gevoel in jou hart en ek is nie bang om my boeke uit te leen vir jonger meisies nie, want dit bevat nie goedkoop walglike scenes nie

    • Marile Cloete says:

      Hallo Nicotine! As we are in the business of writing romance novels, we do not really write articles. But I can tell you that the best source of ideas is the world around you, the people around you. Start looking with you eyes WIDE open en listening with your ears REALLY open – and you will be surprised!

  2. Anzel Gerber says:

    Dit laat my vergeet van my daaglikse stres by die werk. Niks is vir my lekkerder as om met n romanza op te krul, met n koppie warm sjokolade aan my sy nie. Dis heerlik! En ek lees gewoonlik een klaar binne twee tot drie ure – sonder onderbrekings🙂

  3. Marile Cloete says:

    Romanza word (na my mening) beter versorg en afgerond as die romansereeks van ‘n ander uitgewer. Lapa doen manuskripontwikkeling met ons skrywers, iets wat alle uitgewers nie doen nie. Agv hiervan bly ons skrywers aan die groei en ontwikkel – stagneer nie en word steeds beter!

  4. Marile Cloete says:

    Is dit die aantreklike helde wat jou tone laat krul? Die selfstandige, sterk heldinne? Die eg-Suid-Afrikaanse aard van die stories? Die humor?
    Ons wil graag hoor!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s