Anna Penzhorn

Anna Penzhorn NUUT swart en wit

Vir Anna Penzhorn lê die bevrediging van skryf daarin om haar lesers te laat ontvlug en telkens die liefde opnuut te ervaar. Sy beskou verhale waarin die liefde tussen man en vrou sentraal staan as ’n positiewe en helende krag.

Sy glo elke mens se lewe is vol hoogte- en laagtepunte, maar tussen alles deur loop die liefde soos ’n goue draad. Die liefde tussen man en vrou word gekleur deur hulle verhoudings met ander, veral met dié waarmee hulle ’n bloedband deel.

Wanneer sy nie lees of skryf nie, luister sy na klassieke musiek. Oor die jare het sy haar hand aan verskillende genres gewaag, maar vind die liefdesverhaal die bevredigendste.

Boeke deur Anna Penzhorn:

  1. Vlindervlerke
  2. Helende liefde
  3. Onder dieselfde sterre
  4. Onbereikbaar ver
  5. Die sterre sing
  6. Winterbruid
  7. Sjarmante bedrieër
  8. Valentynsprokie
  9. Strooihalms
  10. Anderkant dagbreek
  11. Vlindersoene
  12. Verskietende ster
  13. Bruidskoor
  14. Liefdesdans
  15. ’n Man soos Leo
  16. Spel van harte
  17. Verspeelde liefde
  18. Bly by my
  19. Gesteelde liefde
  20. Iemand om lief te hê
  21. Die liefde is Grieks
  22. Weerkaatsings van die liefde
  23. Eiland van verlange
  24. Hart van ’n held
  25. Dans van die liefde
  26. Wie nie wen nie
  27. Potte van klei
  28. Die Bosveldyuppie
  29. Logika van die hart
  30. Kuiltjie
  31. Lemoenbloeisels
  32. Om gevaarlik te lewe
Advertisements

9 thoughts on “Anna Penzhorn

  1. Annetjie van Tonder says:

    Anna, ek lees jou boeke al van lankal af. Jy praat van jou filosofiese skryfstyl en ek wil net sê dis juis waarvan ek hou. Diepteontginning. Ek hou ook baie van jou taalgebruik. Welkom hier by ons. Toemaar, ek lei ook maar ‘n redelike kluisenaarslewe omdat ek meestal in my storie leef.

  2. Anna Penzhorn says:

    Dankie Rika! Daardie jare kon ons nie dink ons gaan op hierdie manier kommunikeer nie. ‘n Paar van ons het volhard en dit lyk of daar nie einde aan is nie.

  3. Rika Du Plessis says:

    Anna, ek onthou jou nog van daai tyd af toe ek en jy die verhoog met drie ander skrywers moes deel vir die prystoekennings – het mooi herinneringe van daardie jare, het nou nog ‘n foto daarvan. Gesels gerus meer hier saam met ons.

    • Anna Penzhorn says:

      Beste Marile en Rika
      Baie dankie! Julle is ‘n span om mee rekening te hou. Nou weet almal sommer hoe ‘n kluisenaar en sosiaal wanaangepas ek tot dusver was. Sal probeer verbeter as ‘n storie nie al my ure insluk nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s