Henk Breytenbach

Henk Breytenbach 1

Kodenaam Icarus was Henk Breytenbach se debuut en word deur Chanette Paul aangeprys: “Dié skrywer het ’n heerlike skryfstyl en die droë humor is baie vermaaklik. Dis ook nie sommer enige skrywer wat dit regkry om ’n mens te laat hou van ’n man wat werklik nie die good guy is nie. Breytenbach slaag egter uitstekend daarin om die sogenaamde flawed hero uit te beeld.” Moordlys volg op Kodenaam Icarus. Hy het ’n BSc in Rekenaarwetenskap en woon en werk in Hartebeespoortdam. Hy word veral geboei deur die wel en wee van voormalige agente van die formele intelligensieagentskappe en die ou apartheidspioene.