Nuut van Linelle Venter: Moeilike man

Linelle se nuutste boek, Moeilike man, is November op die rakke!!

MOEILIKE MAN – Linelle Venter

Romanza, November 2011

Op die bouterrein waar Alex as projekbestuurder instap, tref sy ’n besonder moeilike, besonder aantreklike man aan. Maar hy dink sy is bloot moedswillig en lastig. Haar verweer is om skaamteloos met hom te flankeer …

Advertisements

Waardeer ons lesers

Kom so pas van ‘n tee en koek saam met vier baie aangename vroue – almal lesers van ons. Dit is gereël deur ‘n ou vriendin van my in Thabazimbi omdat haar vriendin uit Pretoria kom kuier het en my wou ontmoet. Toe nooi hulle sommer nog twee van hulle kennisse saam wat ook boekwurms is. Hulle kon nie uitgepraat raak oor al die skrywers wie hulle nou al dmv die inteRnet ontmoet het nie. Jy kan sien hulle is mense wat “ lees om dit te geniet”, en nie nét geniet om te lees nie.
Hulle het uitverkorenes onders ons klomp, maar het gevra ek moet dit nie hier noem nie – ek respekteer dit. Ek sou vir julle ‘n foto hier opgesit het, maar toe is Murphy Continue reading

LAPA Leeskring Seminaar in die mooiste Kaap

Wat ‘n heerlike kuier was dit nie gister by Bloemendal nie! Lekker kos en geselskap, afgewissel met insiggewende besprekings … en les bes, Valiant Swart. Ek  hoop om in die volgende paar dae ‘n kort opsomming van die gesprekke (dié wat op die verhoog plaasgevind het – daar was oorgenoeg genoeglike gesprekke off stage!) hier te plaas.
Die bekende Daniël Hugo het eerstens gesels met die Vlaamse skrywer Pieter Aspe (Pierre Aspeslag) oor die eerste twee van sy Pieter van In-misdaadreeks (reeds 29 boeke), wat deur Daniël in Afrikaans vertaal is. Pieter is spesiaal Continue reading

Nog ‘n Davel boek van Chanette Paul

In November word die lesers bederf met Chanette se Isabelle.

Isabelle (2e Uitgawe) – Chanette Paul

Historiese romanse, November 2011

 Hul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik – sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner. Maar meer as ’n herinnering kan Isabelle nie word nie, want Arendt de Leeuw het net ’n paar maande oor.

Nuut van Alta Cloete: Geur van vervulling

Dis hier!!!! Alta se derde Geur boek is November op die rakke. Jy kan eenvoudig net nie dit misloop nie.

 

GEUR VAN VERVULLING – Alta Cloete

November 2011

 

In Vivien se wêreld pas Herman glad nie in die prentjie nie. Die man is te ordentlik. In haar verlede is immers ’n skande versteek. Is vergifnis en vervulling regtig so na aan mekaar?

Proestukkie: Huis van die wind – Sophia Kapp

Rosalie trap rem toe sy die imposante hek gewaar: swaar klippilare aan weerskante van die ingang en ‘n gietysterboog wat van die een kant na die ander strek en met sierlike letters die naam van die plaas aankondig.

Boshoek, lees sy, en sy voel hoe die afwagting haar kom vollê.

Boshoek. Grootwordplek. Hartplek. Huis.

Sy draai stadig in, hoor die bande oor die veehek girts. Hou dan stil terwyl die enjin saggies luier en haar hande roerloos op die stuurwiel rus.

Dit was al die jare haar baken, hierdie boog, die skeidslyn tussen die wêreld daarbuite en die beskutting van haar kinderjare, waar sy die Continue reading

Lené de Waal: Die ontstaan van Ninja in satyn

ʼn Polisiespeurder het eendag aan my genoem dat hulle ook net mense is wat liefkry en alledaagse dinge ervaar.  Dit het my aan die dink gesit, veral omdat die spesifieke lid van die mag uitsonderlike diens in die gemeenskap lewer.  Sy het  al in middernagtelike ure haar kind by haar ouers gaan aflaai om aan ʼn dringende klagte aandag te gee, al was sy nie aan diens nie. Tussendeur behou sy haar vroulikheid en almal respekteer haar vir haar uitstaande werk. Boonop is sy beeldskoon. Die eerste saadjie was Continue reading