Rika du Plessis gesels op Thaba Stereo

Rika het op 29 Mei 2010 saam met Madelie Human en Ida Bester by Thaba Stereo gekuier en oor haar werk gesels:

1. Wat sou jy sê is die geheim van ‘n liefdesroman om daarvan ‘n sukses te maak?

2. Persentasiegewys… watter rol speel die liefde in ‘n mens se lewe?

3.  Eindig alle romanse waar die held en heldin vir ewig en altyd gelukkig saam gaan lewe?

4.   Jy het onlangs van genre verander… wat het jou laat besluit om van die liefdesroman na die spanningsroman wat soms misdaad en speur bevat oor te gaan?

5.  Hoe hou jy verband tussen die liefde en die misdaad om jou leser se aandag in beide gevalle te behou?

  1. Jy moet probeer om jou leser se aandag sommer heel in die begin te vas te vang. Dan moet jy die konflik tussen jou held en heldin lewendig, interessant, maar geloofwaardig genoeg hou sodat die leser nie verveeld raak en jou boek neersit nie. Jou einde moet die leser tevrede stel. Sy moet eintlik met ‘n sug van genot en ‘n glimlag om haar mond die boek teen haar bors kan vasdruk!
  2. In my oë speel die liefde ‘n baie groot rol in die mens se lewe… ek sal sê plus minus 80%. Daar is nie net die liefde tussen man en vrou nie, daar is ook die liefde vir jou medemens, jou kinders en jou God. Dink maar net hoeveel liedjies word oor die liefde geskryf, en hoeveel gedigte besing ook die liefde. Ja, ek sou sê ‘n baie groot rol.
  3. Dit word wel van jou verwag om die romanse op daardie noot te laat eindig, want die groot rede waarom die leseres so ‘n boek optel om te lees, is om te ontspan en om haarself in die rol van die heldin in te leef en die liefde dus saam met haar te beleef en op die einde vreugde en tevredenheid saam met haar ervaar.
  4. Dit is bloot iets wat ek nog altyd graag wou doen, maar vandat my eerste boek in 1995 verskyn het tot en met 2008 toe het ek net by die liefdesverhale gehou. Toe was ek ‘n ruk lank onaktief as gevolg van siekte en ek het baie tyd gehad om te dink, wat my laat besluit het as ek nog ‘n genre wil aanpak, moet ek dit nou doen as ek weer aktief raak. Natuurlik het ek raad van Gert Basson van Hartbees Uitgewers gekry wat my baie gehelp het.  My eerste spanningsroman het nou in Februarie by Hartbees Uitgewers verskyn en nog twee is aanvaar wat binnekort sal verskyn.
  5. Ek probeer om nog steeds die konflik tussen die held en heldin as lewendig, interessant en geloofwaardig te behou wat die liefde betref, maar terselfdertyd betrek ek die held by die oplossing van die spanningselement in die verhaal en dikwels op so ‘n manier dat die heldin ook deel van daardie spanning beleef. Dit bring hulle dan nog nader aan mekaar.

2 thoughts on “Rika du Plessis gesels op Thaba Stereo

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s