Elsa Hamersma

 

Elsa Hamersma web

Elsa Hamersma het haar skool- en universiteitsjare in Pretoria deurgebring. Daarna het sy en haar man twee en dertig jaar in Johannesburg geleef en gewerk.

Die afgelope veertien jaar bly hulle in die Weskus in ’n privaat natuurreservaat. Hulle lewe is rustig en die wêreld wat sy in haar boeke skep, verskaf al die opwinding wat sy nodig het.

Haar man, kinders en vyf kleinkinders is haar hart se punt.

 

Titels deur die skrywer:

  • Die mense langsaan
  • Spioen vir liefde
  • Afspraak op Klippiesbaai
  • ’n Onskuldige meisie
  • Haar laaste kans
  • Ompad na die liefde

Leave a comment