Ontmoet vir Heila van der Merwe!

1.  Dis moeilik om een gunsteling Afrikaanse boek te kies, want elke boek het iets wat dit besonders maak. Ek hou van ‘n historiese roman en daarom sal ek maar Kringe in ‘n bos en Tussen stasies kies.

2.  My gunsteling skrywer is Jane Austen.

3.  Ek kan nie sê ek het een rolmodel vir skryf nie, maar mens is seker wat jy lees. Elke verhaal vra ‘n ander ritme en musiek. Ek probeer net om in gewone taal te skryf  en so my eie styl te ontwikkel.

4.  My gunsteling aanhaling is: aan jou dade grens ‘n ewigheid, DJ O.

5. Ek het vier jaar gelede begin skryf. Maar ek moet sê, vandat ek by Lapa uitgekom het, het ek baie geleer.

6.  Ek het nog nooit baie van ‘n vaste roetine gehou nie, veral nie as ek skeppend wil wees nie. Die stories neem vorm aan terwyl ek ‘n koppie tee drink, of wanneer ek vroeg soggens wakker word, of swem in die gimnasium. Ek probeer elke dag ‘n stukkie skryf inpas.

7.  My inspirasie kry ek van dinge wat om my gebeur, of iets interessant wat ek oplees. As iets my aangryp soos byvoorbeeld die mense in die Karoo wat geen seggenskap het oor wat met hulle grond gaan gebeur wanneer daar skaliegas ontgin gaan word nie, skryf ek ook daaroor. Dis ook lekker om soms ‘n klomp disfunksionele of teenoorgestelde karakters saam in ‘n pot te gooi en te roer as mens ‘n komedie skryf.

8.  Die boek wat ek nou lees is the Lady of the Rivers van Philippa Gregory.

9.  My gunsteling deel van skryf is die uitdink van die verhaal en om interessante  karakters wat woema daaraan gee, te skep.

10.  Die slegste deel van skryf is net voor ek die boek instuur en begin twyfel of dit goed genoeg is.

13.  Ek kan nie eers meer onthou waar ek die goeie raad gelees het nie, maar die skrywer het gesê: “Kill your darlings.” Dis daardie mooi stukkie wat jy geskryf het en wat regtig  nie ‘n doel in die verhaal dien nie.

14.  My lessenaar en rekenaar is in my familie-kamer waar my man ook by sy rekenaar tegniese boeke sit en skryf. Hier is al my skilderye, kwaste, verf, boeke en die klanksisteem.

15.  Die gunsteling van die karakters wat ek tot dusver geskep het, is die Kalahari-boer in ‘Onder sterre.’ Hy is absoluut gemaklik in sy vel met sy voete plat op die aarde. Alhoewel hy die grond aanbid waarop die slim dokter loop, sit hy haar telkens speel-speel op haar plek met sy skerp humorsin.

16.  Ek hou van ‘n held wat slim is en omgee vir mense. Hy moet beslis ‘n sin vir humor hê en weet hoe om ‘n vrou se voete onder haar uit te slaan.

17.  Die heldin moet selfstandig wees, maar ook vroulik en liefdevol.

Algemeen

1.  Om saam met my familie om die etenstafel te sit en kuier, is soos om in die hemel te wees.

3.  Ek is dol daaroor om in die natuur te wees.

4. 13. As ek alleen wil wees, gaan sit ek in my tuin. Ek haat mure om my, daarom het ek die een muur in my tuin vol blare geverf om dit tussen die plante te laat verdwyn.

5.  20. My gunsteling gereg is braaivleis omdat ek dit nie hoef voor te berei nie.

8.  As ek nie skryf nie is ek besig met die gewone lewe. Om die boeke wat ek skryf interessant te maak moes ek oor baie onderwerpe oplees en ek geniet dit. Ek lees graag verhale. Soms teken en skilder ek. Ek het ‘n besigheid wat geskilderde agtergrondtonele en rekwisiete uitverhuur vir konserte.

16.  Ek hou van reis maar as ek enige plek op aarde kon kies om te woon, sal dit net hier in Port Elizabeth wees waar ek nou is.

17.  My pa is seker my rolmodel wat skryf aanbetref. Hy was destyds apteker op Sabie toe my ma se broer oom Dirk Opperman hom geskakel het en gevra het of hy nie ‘n boek wil skryf nie. Hy het gesê hulle kort dringend Afrikaanse boeke. Oom Dirk het onthou dat my pa mooi opstelle op skool kon skryf toe hulle saam in doktor Schoonees se klas was. My pa was besig met kankernavorsing agter die apteek in ‘n kamertjie wat hy in ‘n laboratorium omskep het. Hy kon nie befondsing kry om aan te gaan daarmee nie en was redelik gefrustreerd. Dis toe dat hy Proefbuis tot Proefbuis geskryf  het. Dit is gepubliseer en hy het goeie kritiek daarop gekry. Oom Dirk het vir hom ‘n leer gebinde eksemplaar gestuur en hy het my ma na Gods window geneem en die boek en ‘n bottel sjampanje uit die kattebak gehaal en vir haar gegee. Ons kinders het later van die skietbier in ‘n likeurglasie gekry. Net voor sy dood het hy gevra ek moet weer die laaste bladsy vir hom lees.

18.  My geheime ambisie is om die roman waaraan ek skryf klaar te maak.

19.  Lank gelede het ‘n motiveringspreker vir ons gesê daar is geen droom wat te groot is om waar te maak nie. Ons moet net glo en begin doen. Een van die mans het hewige met haar verskil en gesê as mens nie bene het nie, kan jy droom soos jy wil, maar jy sal nooit ‘n resies kan hardloop nie. Wys jou net.

One thought on “Ontmoet vir Heila van der Merwe!

  1. Heila says:

    So tussen hakies, ek skryf onder my nooiensvan Heila Theron en my twee boekies is Vir altyd betower en Onder sterre

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s