Mari Grobler

Mari Grobler

Mari Grobler is op Uitenhage gebore, met Danie Snyman getroud en het een dogter uit ’n vorige huwelik. Sy skryf onder haar nooiensvan en is ’n beeldende kunstenaar, toneelspeler, digter en bekroonde skrywer, wie se woordkuns in baie tale gelees, opgevoer, gespeel en gesing word.

Daar is reeds drie-en-twintig van haar boeke gepubliseer, onder andere kinderboeke, digbundels en romanses. Van haar werk is ook in versamelbundels en tydskrifte gepubliseer.

Wanneer Mari nie navorsing doen of skryf nie, is sy ’n buitelugmens. Veral die see en plekke naby water laat haar met hoogtrap voete bid.

Sy het ’n groot familie, kinders, kleinkinders en selfs ’n agterkleindogter bygekry toe sy met Danie trou. Die mense wat sy liefhet, veral haar ma, is haar grootste bron van inspirasie.

Reënboogbruid is haar elfde romanse, die derde een in die Romanza-reeks

Vorige titels deur Mari Grobler:

  • Reënboogbruid
  • Meermindans
  • Wegholvrou