Rika du Plessis praat met Elize Grobler:

1. As jy ‘n boek soek om te lees, waarna kyk jy op die boek wat die deurslag vir jou keuse gee?

Die voorblad is vir my belangrik.

2. Wat irriteer jou soms in boeke wat jy lees?

Enigiets wat te veel oor en oor beskryf word.

3. Wat verkies jy – net skoon romanses, of spanningsromanses?

Albei is lekker om te lees.

4. Lees jy ‘n boek stuk-stuk, of lees jy hom klaar van begin tot end?

As ek tyd het, lees ek die boek dadelik deur anders maar stuk-stuk.

5. Verkies jy dat ‘n boek in plein, gewone woorde geskryf moet wees, of dat soms nie so alledaagse, hoë woorde moet gebruik word?

Ek persoonlik verkies gewone alledaagse woorde. Het nie tyd om met ‘n woordeboek ook te werk nie.

6. Wat laat jou besluit om ‘n spesifieke skrywers se boeke te versamel?

Die verhale van alledaagse mense en hul wedervaringe. Diere speel vir my ‘n groot rol in enige storie wat ek lees.

7. Verkies jy ‘n gewone foto vir die omslag, of liefs ‘n skets van ‘n ontwerper?

Nee ek verkies ‘n mooi foto.

8. Wanneer jy die boek lees, en jy kom agter die held of heldin lyk nie soos hulle op die voorblad lyk nie, is jy teleurgesteld, of maak dit nie saak nie?

Ek sou graag wou hê die held en heldin moet lyk soos op die voorblad.  So sien ek hulle as ek  lees…

9. Die liefdestonele – verkies jy dat die liefdesdaad enduit gevoer moet word, of nie?

Vir my moet dit tog nie enduit gevoer word nie, ons kan mos ons verbeelding gebruik.

10. Hou jy van baie karakters in die verhaal, of van min?

Ek is nie lief vir te veel karakters in ‘n boek nie. Jy leer die huisgesin en vriende ken en raak verveeld en partykeer deurmekaar met te veel nuwe karakters.

11. Die name van die karakters, verkies jy plein alledaagse name, of verkies jy die nie-so-alledaagse name?

As iemand van oorsee af in die storie kom dan is ‘n buitengewone naam mooi, anders verkies ek ons gewone name. Dit is maklik om die karakters so te onthou.

12. Moet jou held en heldin albei “skoon” en sonder foute wees, of kan hul gewoon menslik wees en ook ‘n fout of twee hê?

Nee, niemand is sonder foute nie. Solank die foute net een of ander tyd in die storie nie weer herhaal word nie.

13. Watse tipe skrywers se boeke versamel jy glad nie? Ons verwag nie hul name nie, net die tipe boeke?

Fiksie van moord en doodslag ens.

14. Volgens jou, wat maak van ‘n romanse ‘n suksesverhaal?

Die manier waarop die storie geskryf is en jy nie die boek kan neersit nie.  Ek persoonlik glo dat ‘n suksesverhaal diere ook in die storie moet hê. Wat is nou mooier en sommer hartseer ook as jou geliefde perd of hond deel is van jou lewe. Ons kan so baie by hulle leer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s