Suzie Combrinck gesels met Rika du Plessis

1. As jy ‘n boek soek om te lees, waarna kyk jy op die boek wat die deurslag vir jou keuse gee?
Ek weet net wanneer ek die voorblad sien, (om jou ‘n voorbeeld te gee: ek het ‘n boek wat ek nie van die voorblad gehou het nie, eenkant toe gesit geweier om die boek te lees, toe het ek die oorspronklike boek gesien dit geruil met die Romankeur wat ek gehad het, die boek gelees, en baie daarvan gehou). Daarna kyk ek na die lokstukkie op die boek of in die advertensie, Dan het ek ‘n goeie idee of ek dit sal lees.
2. Wat irriteer jou soms in boeke wat jy lees?
. Iets wat nie werklik kan gebeur nie, daar moet iets wees waarmee ek kan identifiseer, woorde wat nie in die gewone omgang van die lewe gebruik word nie, irriteer my ook grensloos.
3. Wat verkies jy – net skoon romanses, of spanningsromanses?
. Enigiets, maar ek geniet gewone romanses net meer, spanningsverhale van sommige skrywers geniet ek maar ek sal nie elkeen wat ‘n boek skryf, sommer vat ek lees nie. (Vroue skryf net mooier spanningsverhale as mans!!!)
4. Lees jy ‘n boek stuk-stuk, of lees jy hom klaar van begin tot end?
. Vat die boek en lees dit klaar
5. Verkies jy dat ‘n boek in plein, gewone woorde geskryf moet wees, of dat soms nie so alledaagse, hoë woorde moet gebruik word?
. Ek verkies alledaagse woorde. Plein gewone Afrikaans
6. Wat laat jou besluit om ‘n spesifieke skrywers se boeke te versamel?
Die eerste boek wat ek van ‘n skrywer lees, vertel my of ek van sy of haar skryfstyl gaan hou, soms is dit miskien nie so regverdig nie, want die een boek wat ek van die skrywer neem, kan moontlik haar slegste werk wees, dan skiet ek haar werk af as gevolg daarvan.
7. Verkies jy ‘n gewone foto vir die omslag, of liefs ‘n skets van ‘n ontwerper?
Ek het nie werklik ‘n voorkeur nie, dit moet net algemeen aanvaarbaar wees. ‘n Foto of ‘n skets gaan my nie afsit as ek die boek wil lees nie.
8. Wanneer jy die boek lees, en jy kom agter die held of heldin lyk nie soos hulle op die voorblad lyk nie, is jy teleurgesteld, of maak dit nie saak nie?
Dit maak nogal ‘n indruk wanneer die skrywer se dat die heldin ‘n brunet is en as jy die voorblad sien is dit ‘n blondine. Nee, ek verkies dat daar darem ‘n vergelyking is op die foto of die skets van die werklike mense in die boek.
9. Die liefdestonele – verkies jy dat die liefdesdaad enduit gevoer moet word, of nie?
Wanneer ek Mills en Boon boeke lees, kan dit maar deurgetrek word, (jy weet wat jy lees) maar met gesinsvermaak verkies ek dat dit nie heeltemal beskryf word nie.
10. Hou jy van baie karakters in die verhaal, of van min?
Daar kan later meer karakters in die boek opgeneem word, maar die boek moet nie begin met tien name op die eerste bladsy nie.
11. Die name van die karakters, verkies jy plein alledaagse name, of verkies jy die nie-so-alledaagse name?
Dit hang van die karakters af, soms wil hulle ‘n uitheemse naam hê, maar dit kom ook uit in die verhaal.
12. Moet jou held en heldin albei “skoon” en sonder foute wees, of kan hul gewoon menslik wees en ook ‘n fout of twee hê?

Mense het foute, so, ek kan nie verwag dat my held of heldin ‘n engel in aardse klere moet wees nie.
13. Watse tipe skrywers se boeke versamel jy glad nie? Ons verwag nie hul name nie, net die tipe boeke?

. Soos jy op my lys van skrywers gesien het, wissel dit baie. Ek lees geen biografiee of reisverhale of spanningsverhale wat deur mans geskryf word nie. Ek is nuuskierig, so enigiets wat interessant lyk, sal vir my aanvaarbaar wees.
14. Volgens jou, wat maak van ‘n romanse ‘n suksesverhaal?
Iets wat nie net spookasem is nie, wanneer jy die boek neersit, moet jy darem kan se, wow, dit het my stof tot nadenke gegee, iets wat jy met jou kan saamdra vir die volgende 20 jaar. En as dit vir jou snaaks klink, kan ek net se dat ek wel boeke sowat 20 jaar gelede gelees het, wat nou nog ‘n indruk maak, en dis nie dat ek dit nou onlangs weer gelees het nie, die name van die karakters kan ek nie meer onthou nie, maar ek kan die storie vir jou vertel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s