Elize Davies

 

Elize Davies

Elize Davies is in Potchefstroom gebore, het in Durban en Brakpan grootgeword en is terug Potchefstroom toe om te leer om ’n tale-juffrou te word. In Vanderbijlpark, waar sy vir baie jare skoolgehou het, het sy haar Engelsman ontmoet. Hulle is na ’n blitsromanse getroud en ná al die jare maak hy nog vir haar die motordeur oop, vryf haar voete wanneer hulle moeg is en dra koffie aan wanneer sy haar stories skryf. Vier kinders, baie vreugde, hartseer, liefde en lewenslesse later, woon sy en haar gesin tans in Engeland en verlang steeds na Suid-Afrika.

Vorige titels deur Elize Davies:

  • Maanligliefde
  • Onmoontlike mansmens
  • Heeltemal seker
  • Betowerende tussenspel
  • Liefdeslied
  • Miranda se geheim

12 thoughts on “Elize Davies

  1. Elize Davies says:

    Jammer aan almal dat ek soveel maande later eers reageer ! Dit bly lekker om van julle te hoor – en Elsabe, om ‘n Eikenhof-vriendin hier raak te loop, is ‘n groot verrassing!! Laat hoor asseblief weer van jou! Dit gaan baie goed met Alta, sy bly in Benoni en is ma van vier en ouma van vyf!
    Ek het ongelukkig nie voorraad van die ouer boeke nie, Annatjie en Annaline, hulle is destyds deur JP vd Walt uitgegee maar is seker lankal uit druk uit.

  2. Elsabe says:

    Hallo Elize,
    Dis ‘n reusagtige lekkerte om jou op die kuberruim raak te loop!!
    Ek moet bieg, ek het net jou kortverhaal oor die luisstorie in ‘n tydskrif gelees en my verkneukel vanuit ‘n onderwyseres se oogpunt. Wees verseker dat ek die boeke sal opspoor. Ek dink baie aan ons Eikenhof-dae. ‘n Lekker koppie koffie en ‘n kuier sou nou so lekker gewees het. Wat doen julle in Engeland? Hoe gaan dit met Alta?
    Ek verlang nou sommer weer van vooraf.
    Goedgaan
    Elsabe Kruger (nee Joubert).

  3. Annatjie Warricker says:

    Ek is op soek na van jou ouer boeke – Lente op lavenis en Ysprinses. Kan jy dalk vir my laat weet of jy dalk van die boeke het

  4. Annaline says:

    Ek was op skool toe ek Bittersoek Verleiding en Ysprinses gelees het en dit bring tot vandag toe nog trane in my oe. Dit was die twee mooiste boeke wat ek nog ooit gelees het. Goeie werk en dankie

    Waar kan ek hierdie twee boeke kry wil dit baie graag weer lees

  5. Madelie Human says:

    Elize, ek het toe ‘Heeltemal seker’ gelees en kon dit nie neersit nie. Sjoe, as ek hierdie boek van jou vergelyk met die heel eerste Romanzas, dink ek Romanza het ‘n lang pad gekom sedert 2005. Baie geluk. Dit het my geboei van begin tot einde. Jy het wat my aanbetref, as skrywer met baie dinge weggekom waarmee ons ‘n paar jaar gelede nie sou wegkom nie. Dis geensins as kritiek bedoel nie, slegs ‘n waarneming van my kant af. Hierdie is ‘n uitstekende stukkie skryfwerk. Knap gedaan.

  6. Nelis Grove says:

    Baie dankie vir die wonderlike verhale ek geniet dit verskriklik. Ek het veral Miranda se geheim geniet die prent op die voorkant van die boek was vir my n teleurstelling ek moes twee keer dink voor ek dit uitgeneem het in die boek praat hulle van die pragtige meisie maar die omslap spreek dit nie.

    Lekker dag

    • Elize Davies says:

      Hallo Nelis Ek is bly jy het Miranda se geheim geniet. Die storie het lankal in my kop gedraai voordat hy gebore is! Ons as skrywers het nie juis beheer oor die omslae nie – “don’t judge a book by its cover” – lees maar die “proestukkies” voorin of agterop en besluit dan of jy van hom hou.
      Daar kom volgende maand (Februarie) weer ene van my op die rak – “Heeltemal Seker” – die slag is daar darem ‘n mooi blonde meisie buite op!

  7. Elize Davies says:

    Hallo Mari
    Lekker om van jou te hoor!
    Snaaks genoeg, Ysprinses is my eie gunsteling ook – die boek het homself geskryf; ek het net die woorde getik! Ek is bly jy het hom geniet.
    Ek werk aan die volgende ene, hoop om hom binne ‘n maand of wat klaar te hê.
    Groete
    Elize

  8. mariroberts says:

    Die heel eerste boek, en steeds een van my gunstelinge, was Ysprinses. Die storie het my geruk en my emosies so laat wipplank dat ek dit tot vandag toe nie kan vergeet nie. Ek wag opgewonde op jou volgende boek.

  9. Esther Brauteseth says:

    Ek stem saam met Madelie, Elize. Jy het ‘n boeiende skryfstyl en jou boeke lees baie lekker – het almal gelees!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s