Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach’n Liefde vir woorde, stories en mense het Dibi Breytenbach genoop om haar in die regte te bekwaam, en sy werk al baie jare in die strafregstelsel. Sy het ’n diep passie vir kinders en kinderregte, en spesialiseer op dié gebied. Sy debuteer in 2015 met Saliger, ’n roman met kindermishandeling as tema. Taalgenoot berig oor Saliger: “Hoe verder mens lees, hoe meer kan mens maar net wens dat regsgeleerdes meer fiksie moet skryf. Die skrywer se agtergrondkennis verleen ’n ongekende diepte aan die genre en onderskei haar van die res. Hoewel die onderwerp met erns bejeën word, is die boek nie swaar leesstof nie, maar eerder ’n kombinasie van spanning, genot en vreugde in ’n boek wat lekker en vinnig lees.”

Vrediger is haar tweede roman met ’n misdaadtema. Chanette Paul sê van hierdie roman: “’n Baie lekker storie en lekker geskryf. Die karakters oortuig, die Zoeloeland-omgewing word baie goed uitgebeeld en die sosiale kommentaar verryk die roman.”