Geur van vervulling

Die derde Geur-boek is pas in beginsel deur Lapa aanvaar en sal (DV) in November op die rakke wees. (Dis nou as ek die herskryfproses wat nog voorlê, oorleef. 🙂 ) Soos die vorige twee boeke is dit die verhaal van ‘n doodgewone (maar unieke) vrou se soeke na ‘n volkome, vervulde lewe. En is daar ‘n goeie man wat haar verstaan … Maar hy is nie die alleen-rede vir haar uiteindelike hoop op ‘n beter toekoms nie. Sy is sterk genoeg om alleen te staan, het dit ook jare lank baie suksesvol gedoen. Haar innerlike groei maak dit eintlik vir haar moontlik om ook weer vir ‘n verhouding kans te sien.
Ek het letterlik maande lank na ‘n titel gesoek en vanoggend het dit in ‘n oogwenk na my toe gekom. Nou kan ek nie glo dit was so moeilik nie. Dit voel vir my reg. Hopelik is dit vir die lesers ook reg!

 

3 thoughts on “Geur van vervulling

  1. Sonja says:

    Wat! Alta jy is ‘n supervrou! Ek kan nie wag nie!! Was dol, gaande, gek oor Geur van Genade. Het reeds vir my Geur van Vervulling bestel – so ek het iets om die langnaweek te lees – en November is net reg vir die Desembervakansie. Heng jy kan maar skryf hoor!

Leave a comment