Didi Potgieter

didi_2016

Didi Potgieter woon op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou, skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar het onlangs besluit om dit op papier te waag. Met twee kinders, ’n man en ’n loopbaan om aan aandag te gee is daar maar min tyd vir skryf, maar soos vir die meeste ander skrywers is skryf vir haar terapie en ’n geleentheid om te ontsnap uit die werklikheid na waar die liefde altyd genoeg is, en mans die skottelgoedwasser uitpak sonder om gevra te word.

Vorige titels deur Didi Potgieter:

  • ’n Tweedehandse hart
  • Liefde vir ’n vuurvreter
  • Leer my liefhê