Duet van Magdaleen Walters: Uit twee werelde

Uit twee wêrelde is ’n heruitgawe van Magdaleen Walters se gewildste romanses, Liefde in ʼn teekoppie en Meisie uit die boendoe.
Liefde in ’n teekoppie:
Leon von Beneke spot genadeloos met Anja – haar grimering, lang naels, hoëhaksandale. In die bos vererger dit net. Maar hy’s haar tienerheld, haar eerste liefde. Nou lag hy vir haar … én is hy haar niggie se verloofde …
Meisie uit die boendoe: Elspeth weet Nick Kleynhans het haar nie as sy sekretaresse gekies nie. Hy verkies meisies met skraps klere. Sy moet vasbyt, onthou sy’s hier oor die pyplyn sendingstasie toe, en nié in sy strikke trap nie.

Nuut van Alda Geers!

Vlerke vir Jakomien:
Jakomien wil nie saam met Jean-Louis de la Rozzier Ellerman werk nie. Maar sy het nie geweet dat hy ’n man is wat van elke dag en elke plek poësie kan maak nie.

Marile Cloete gesels met Rentia Bartleman

  1. Hoekom lees jy graag liefdesverhale?
    Die liefde is vir my ‘n vervullende atmosfeer waarin ek kan ontsnap van die seer van die alledaagse lewe, en liefdesverhale neem my in daardie sfeer in.

2.  Lees jy ander genres ook? Engels? (biografieë, gedigte, speurverhale, ens?)
Graag geestelike fiksie maar dan in Engels verkieslik, of in elk geval as die oorspronklike skrif. Autobiografieë soms, en het ‘n groot voorliefde vir gedigte, veral oor die liefde!

Lees die volledige onderhoud met Rentia hier: https://romanzalesers.wordpress.com/lesersklets/onderhoude-met-lesers/marile-cloete-gesels-met-rentia-bartleman/

Boekedag saam met lesers by Setaria Biblioteek

Ons was aangenaam verras met die hoeveelheid lesers wat gekom het om ons te ontmoet. Of dalk het hulle net gekom vir die heerlike middagete wat die dames voorgesit het?Kyk net hoe mooi was die tafels versier! Ons het alte lekker gekuier met sowat veertig lesers. Hier sit ons buite die bib onder die doringbome.

Ons sê baie dankie aan Des, die bibliotekaresse, wat hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak. Ons het heerlik gekuier in die vars Bosveldlug en die lesers was baie beïndruk met die boekpryse (getekende kopieë van ons boeke) wat gelukkige wenners kon kry.

Baie dankie Setaria! Die Romanzaskrywers sal julle onthou.Klik op foto’s om te vergroot.