Irma Joubert

Irma Joubert Nuut(2) Mei 2013

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nyl­stroom) en het aan die Universiteit van Pretoria gestu­deer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedert­dien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortver­hale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se Spesialisjoernalis van die Jaar en was ’n Mondi-finalis.

Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB Uitgewers verskyn het.

In 2008 was Irma ’n finalis vir die ATKV-Woord­veertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Pérsomi in 2011 en Kronkelpad in 2012.

Sy is al 43 jaar lank getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie volwasse seuns, ’n skoon­dogter, ’n pleegdogter en drie kleinkinders.

Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is reeds in Nederlands vertaal. Volgens die Nederlandse uitgewer was Irma Joubert ononderbroke op die toptien-treffer­lys vir meer as twee jaar.

 

 

 

Advertisements

19 thoughts on “Irma Joubert

  1. Elsbeth says:

    Ek lees gewoonlik nie Afrikaanse boeke nie, maar ek het die afgelope 10 dae 4 van jou boeke verslind en wil dit weer lees. En het sommer die res bestel. Dit laat jou lag en huil. Maar die huil is anders want dit laat jou selfs huil as dit nie oor huil gaan nie. Dis ongelooflik mooi en dit laat my ook na my ouers verlang veral my pa wat deel van ‘n familie van ‘n dorpie in die Vrystaat (Lindley) was wat ook in die Bosveld ‘n plaas gehad het (Samaria)

  2. Toekie Rossouw says:

    IRMA WATTER WONDERLIK BOEKE DIT VOEL SO NA AAN MY EIE SIEL…. MY MA WAS EEN VAN DIE DUITSE WEESIE WAT IN 1948 NA SUID-AFRIKA GEBRING IS…. AG STUSSEN STASIE… DIT HET GEVOEL OF EK SELF IN DIE WONDERLIK BOEK GELEEF HET…. WANT VERSEKER KEN EK DIE HARTSEER EN LEED WAARDEUR MY MA EN HAAR SUSTER MOES GAAN ..NA AL JOU BOEKE WAT EK GELEES HET KAN EK NIE ANDERS AS OM DIE GEVOEL IN MY TE KRY … WENS SO EK KAN MET JOU GESELS EN AL MY ERVRINGE MET JOU TE DEEL VAN MY MA EN ALS WAT HULLE MOES DEUR GAAN.. WIE SAL DIT BETER VERSTAAN AS JUIS JY WAT AL DIE BOEKE GESKRYF HET……!!!!!!!!!!!!

  3. Serfrehano Rossouw says:

    Goeie dag

    ek is ‘n 21jarige Seun wat baie deur moes maak om te kom waar ek vandag is, ek wil graag ‘n boek skryf om mense te vertel van die hel waardeur ek is.

  4. MILDA says:

    Liewe Irma
    Ek is mal oor lees en jou boeke is die beste. Was skoon uit my vel toe ek hoor jy is die VLU se skrywer van die jaar. Ek is ons tak se skakelbeampte en sou graag ‘n persoonlike boodskap en miskien ‘n foto van jou baie waardeer. Dit is nou natuurlik vir ons takalbum vir die jaar. Is daar enige manier waarop ek jou kan kontak?

    Groete
    Milda

  5. Aliche Botes says:

    Hallo Tannie
    Ek is Aliche. Ek is ‘n graad 9 leerder van Sand du Plessis Hoërskool. Ek het ingeskryf vir die BSV skryfkompitisie en was ek nie bly toe ek sien dat een van my gunsteling skrywers die pryse gaan oorhandig nie! Ek sien baie uit om te hoor of ek miskien een van die gekukkige wenners gaan wees. Ek is mal oor lees en Tannie skryf baie goed. Ek wil ook graag eendag so goed kan skryf. Tog sukkel ek om stories langer as 10 blaaie te skryf. Ek raak dan vinnig verveeld. Het Tannie enige wenke vir ‘n jong skrywer? My ouma is ook een van tannie se groot aan hangers ( MIemie York). Ons is altyd baie opgewonde as ons sien daar is weer ‘n nuwe boek van Irma Joubert op die rakke sien.
    Ek hoop om van tannie te hoor
    Groete
    Aliche

  6. Marietjie Nelson says:

    Ek kry net nie genoeg van jou boeke nie Irma! Ek word deel van die karakters in elke boek en as ek eers begin lees kan ek die boek net nie neersit nie! Ek gaan beslis die boeke koop wat ek nog nie het nie. Ver wink die suiderkruis, Tussen stasie, Pontenilo en Persomie het so diep onder my vel gekruip! Ek kan nie wag vir nog nie!! Baie dankie vir ure se leesplesier!!

  7. Mari Roberts says:

    Wel Irma, jy het reggekry wat geen ander Afrikaanse skrywer tot dusver kon doen nie. My oudste (13jr) is ‘n fanatiese engelse lesers. Mos meer opwindend. Nou is dit vakansie en die boeke opgelees wat ons het. Ek gee vir haar Tussen Stasies met die woorde: “Probeer dit net en sê wat jy dink.” Wel, sy slaap amper niks nie, want sy lees net. Ek sal deur diep dale gaan om die ander boeke vir haar te kry, solank sy net Afrikaans lees. Baie dankie vir ‘n heerlike lees ervaring.

  8. Hannelie says:

    Ek het die boek Persomi gelees en baie geniet! Waar kom die naam vandaan? Die ma het genoem dat die pa van Persomi die naam in ‘n toneelstuk gehoor het. Is daar so ‘n stuk, of is dit fiksie? Dankie vir ure se heerlike lees.

  9. Miemie York says:

    Ek het al drie jou boeke, Tussen Stasies, Anderkant Pontenilo en so pas Persomie, gelees en het elkeen afsonderlik so geniet! Ek het nog nooit werklik historiese verhale gelees nie, maar jy is beslis ‘n inspirasie en ek kan nie nalaat om vir al my vriendinne te vertel hoe baie ek jou boeke geniet het nie. Selfs jou Romanza ”n Beskermengel vir Marlene’ het ek net so geniet en is een van my staatmakers op my boekrak. My man dink ek lei aan Alzheimer want hy sien dat ek oor en oor dieselfde boeke lees! Baie dankie vir die wonderlike inspirasie en die ure se leesgenot wat jy vir ons boekwurms gee.
    Hoop ons kry sommer weer een van die dae nog so ‘n voortreflike reeks boeke om te lees!
    Groete
    Miemie

  10. Mari Roberts says:

    Baie geluk Irma met jou Veertjie. Ek het nog nie Pontenilo gelees nie, want kon dit nog nie kry nie. Ons winkels is effens agter die klip wat seker genre’s betref. Tussen Stasies en veral Verbode drif was my allergunsteling. Daar is nou ‘n boek wat die emosies in ‘n mens losmaak en lank daarna nog laat ervaar!

  11. Gretha du Plessis says:

    Irma,

    Ek is nie ‘n afrikaanse boek leser nie maar wat ‘n wonderlike goudmyn het ek in jou boeke ontdek. “Verbode drif” het ek saterdag oggend gekoop en sondag middag klaar gelees!!! Wat ‘n wonderlike boek. Gelag, gehuil, gehartseer, ge-alles!!! Is veral mal oor die bosveld tema omdat ek self hier bly. As ek mag vra, watter omgewing in die bosveld het jy gebruik of in gedagte gehad toe jy “Verbode drif”geskryf het? Ek her dadelik maandag gegaan en al jou ander boeke gaan koop!! Kan ongelukkig nie “Tussen stasies” kry op ons ou dorpie nie maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!!! Die arme man wat by ons boekwinkel werk, wil al weg hardloop as hy hierdie vrou aangestap sien kom, om uit te vind of haar boek al hier is wat sy bestel het!!!

    Sien ook uit na nog!!!!

    Groete

    Gretha

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s