Bernette Bergenthuin

 

Bernette BergenthuinBernette Bergenthuin is ’n jong advokaat van Pretoria. As oud-Matie sal die Boland altyd herinneringe inhou wat sy koester, maar tans is die kriewelrige noorde haar tuiste. Ná prettige hoërskooljare by die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria studeer Bernette BRekLLB op Stellenbosch en leef haar totaal in al wat kampusaktiwiteit is. Ná voltooiing van ’n honneursgraad in Bestuursrekeningkunde voltooi sy haar prokureursklerkskap in Pretoria. Pupilskap by die Pretoria Balie volg. Bernette se eerste Romanza, Flenters vir Lint, word in 2011 gepubliseer by LAPA. Nog twee Romanzas volg waarna sy haar hand waag aan ’n romantiese komedie, Lam in Wolfsklere. Tussen 2014 en 2016 verskyn nog drie enkeltitels, Als oor kop, Stiletto’s van staal en Viva la Vida. Verskeie kortverhale vloei deurentyd uit die skrywer se pen en verskyn van tyd tot tyd in tydskrifte. Sy was twee keer ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys, een maal vir die romanseprys met Glansheld en die koerantprinses en die tweede keer vir die liefdesromanprys met Stiletto’s van staal.

12 thoughts on “Bernette Bergenthuin

  1. Claudine le Roux says:

    Hi Bernette, ek geniet jou boeke, maar ek is op soek na Flenters vir lint, Lam in wolfsklere en Glansheld en die koerantprinses. Kan jy dalk vir my llaat weet waar ek die boeke nog kan kry aangesien die boekwinkels in Klerksdorp waar ek gesoek het dit nie meer kry nie.

    Baie dankie

  2. Angelique says:

    Hi Bernette,

    Jou boeke is werklik van die bestes wat ek al gelees het… En soms raak mens moeg vir een skrywer, want hulle skryf soms dieselfde, maar jou boeke is almal verfrissend, nuut en vol verrassings…

    Jy het werklik interessante sê-goed… Ek kan nie anders as om dit net te geniet. Ek het gedink ek het al al jou boeke gelees, maar ek sien ek moet nog “ek is lief vir jou” lees… Ek het hom nie as ‘n e-boek gesien nie, so ek hoop ek kan hom bestel op die net.

    Hou aan skryf en stories uitdink… Ek hou van Ken en Barbie in elke verhaal. En dalk loop ek jou nog raak in die hof… Gaan volgende jaar regskool doen en my toelatingseksamens skryf, of dalk verwys ek van my kliente na jou… Ek sien jy is besig met jou pupilskap.

  3. Ronelle says:

    Kan nie wag nie!

    Ek hou daarvan om saam met ‘n skrywer meegevoer te raak oor eksotiese plekke, ongerep of te not!

    Sien baie uit daarna!

    Ronelle

  4. bernettebergenthuin says:

    Dankie Ronelle! Ek is ywerig besig met die derde manuskrip, hou net bietjie uit 🙂
    Meyer is nogal ‘n cassanova, nè!
    Ek sal self nie omgee om aan sy sy te pryk nie…
    Gelukkig kan ek eerlikwaar sê hy is stewig gegrond op regte-lewe helde, so
    daar is hoop!
    Ek is nou besig met Dawid van Wjik, Goue seun van Suid-Afrikaanse swem… maar ook ‘n besigheidsman om mee rekening te hou. Ek hoop jy is bietjie lus vir reis, want Dawid het ‘n plekkie in Mosambiek, ongerep en onpretensieus, net soos hy…
    Sjoe, maar ek kan darem meegevoer raak, dit is net lekker as lesers net so “into” my karakters raak soos ek self!

    Dankie vir jou boodskap, Ronelle, ek skryf lustig voort!
    Bernette

  5. Ronelle says:

    Hi Bernette
    Het nou net LIEF VIR JOU klaar gelees! Dit was verfrissend anders en ek het die hele pad gewens ek kon Willemien wees! O, dit moet wonderlik wees om so van jou voete af geswiep te word en dan hierdie romantiese wêreld saam met jou held te kan betree!

    Puik! Dit was regtig lekker lees!

    Hoop jou volgende een is al amper op die rak!

    Groete
    Ronelle

  6. bernettebergenthuin says:

    Ek loooove ‘n kaapse romanse, regtig, dit en ‘n gerieflikheishuwelik is my gunsteling genres! AS dit ‘n kombinasie van die twee is… maar, jy kry kaapse verhale en kaapse verhale, as ek kan sien wanneer die skrywer vinnig Google search toe is en toe sommer ‘n klomp feite ingeprop het, boei dit my nie. Ek het onlangs ‘n lekker een gelees, ‘n Romanza, Angelique en die boekanier. Hersien jou manuskrip! van uitstel kom afstel, vra ‘n meester-uitsteller! Ek is bly jy het Flenters geniet, dit is baie lekker om leser-terugvoer te kry. Good luck met jou besige skedule, ek moet eintik swot maar doen natuurlik alles behalwe….

  7. dorisblogspot says:

    Mercy? Ha-ha, nee wat dis nie nodig nie! Ek het die boek vreeslik geniet. Dit was ‘n opregte page turner soos jy die spanning sommer van die begin af verhoog het deur ‘n mens nuuskurig te maak en te wil uitvind hoekom Christiaan nou skielik Tiaan is! Perfek deurgevoer en ‘n vervullende einde – wat meer kan ‘n leser vra? En ons almal kan simpatiseer met ou Katinka. Sug. Daardie oulike ene wat weggeglip het voor jy behoorlik kon vasgryp en nou nog ‘n paar jaar later oor wonder …
    ‘n Historiese romanse? Dis baie koel, hoor. Ja, ek het ‘n Kaapse verhaal geskryf (omtrent so twee jaar gelede al), maar Bernette, my lewe is een gejaag, girl! Ek moet die tyd vind om dit nog te hersien. Ek het nog nie tyd gemaak vir daardie ms nie omdat Kaapse verhale glo nie meer baie populêr is nie. Dis waarom ek ‘n Romanza begin skryf het. Hy’s voltooid en amper gereed om in te suur. (Eeeek …)
    Ek dink skrywers moet weer begin Kaapse verhale (of historiese romanse) skryf met meer … uhm … kaskenades dan sal dit weer populêr raak, of hoe?

  8. bernettebergenthuin says:

    Dankie Doris! Ek hoop jy geniet dit! Have mercy, dit was my eerste een!
    Ek sien op die blog jy skryf ook? Nogal ‘n kaapse verhaal! Ek is nou besig met my eerste historiese roman, maar dis ‘n ander ball game ne!
    Lees lekker !

  9. dorisblogspot says:

    Hey Bernette,
    Wou gou inloer om jou te laat weet ek het gister Flenters vir lint in die CNA gegryp soos belowe en kan nie wag om myself te gaan opkrul voor die venster vandag na ‘n mal week en net te lees nie.
    Skryf lekker!

  10. dorisblogspot says:

    Bernette, na ek gou jou stukkies gelees het lyk jy na so interressante skrywer dat ek jou boeke wil koop en lees net om te sien wat in jou kop ronddraai! Geluk met jou twee boeke en sterkte vir die res (maar ek het ‘n vermoede jy gaan dit nie nodig kry nie, en dat jy vinnig een van die gunstellingskrywers gaan word!)

    • bernettebergenthuin says:

      Dankie Doris!
      Jy praat my sommer moed in terwyl ek tee maak, kaste regpak, énigiets om nie deur my nuwe storie gekonfronteer te word nie! Ek gaan nóu sit en skryf, En hulle moet nou maar net met mekaar oor die weg kom… Dit is bietjie soos twee kuiermense wat nie wil praat nie maar ook nie wil loop nie. Dit is baie lekker om terugvoer van lesers te kry, enige kritiek of komplimente is welkom, dit is al hoe ek gaan leer! Ek skryf afterall om my leser te empower!
      Geniet die res van die naweek!

Leave a comment