Cecilia Nortjé

11668006_930453487022497_1678337880_n

Cecilia Nortjé woon op ’n plaas met haar gesin. In die week is sy ’n lektor by die TFET Kollege en naweke versin sy romanses. Sy raak opgewonde oor reën in die Bosveld, goeie kos, ’n kwinkslag wat met perfekte tydsberekening kwytgeraak word, en is ’n onversadigbare boekevraat. Sy is ’n regterbreinmens wat haar uitleef in tuinmaak, skryf en teken.

Titels uit haar pen: 

  • Meneer Perfek
  • Een nag in Parys
  • Vriende met voordele  
  • Net ’n stukkie papier
  • Instaanmeisie
  • Toekomsbelofte
  • Romanse in beseringstyd
  • Tatiana en die fossiel

 

17 thoughts on “Cecilia Nortjé

  1. Rosita Oberholster says:

    Baie geluk, ek sien jou boek (Net ‘n stukkie papier) is nou twee weke na mekaar op Nielsen se topverkoperlys vir Afrikaanse fiksie. Nogmaals baie geluk. Groete, Rosita

  2. Cecilia says:

    Hi Cecilia,
    Glo dit as jy wil, maar my naam is Cecilia Nortje! Ongelukkig het ek nog nie van jou boeke gelees nie, maar sal definitief ‘n plan maak en hulle aanskaf. Geniet jou talent.
    Cecilia

  3. Dina Botha says:

    Hi
    Dankie vir die mooi woordjie. Ek het jou profiel gelees en ek is bly ek is nie al een wat man, werk, kinders en skryf gelyktydig probeer uitleef nie. Sterkte met jou skrywery.
    Groete
    Dina

  4. Miemie York says:

    Hallo tannie. Ek wil nie se Cicilia nie, want ek is 13. My naam ia Aliche, Miemie se kleindogter. Ek was absoluut mal oor Tatiana en die fossie. Dit is my gunsteling boek sover en ek lees hordes romanzas. dis al wat ek lees. Tannie se boek het my baie emosies laat ervaar. Ek was op tye kwaad en gelukkig en het tot soms hardop gelag. Maar natuurlik is my ma dan bekommerd en kom kyk hoekom ek so lag Al ek se dis oor die boek dan kyk sy my skeef aan. Sy hou nie van lees nie, maar ke het darm die liefde vir lees by my ouma geerf. Ek hou ook van skryf en het n baie vrugbare verbeelding,maar ek raak baie vinning moeg vir die storries en los dit net daar. aar tannie moet asseblief aanhou skryf. ek kannie wag vir tannie se nuutste boek nie.
    Liefde en bewondering Aliche

    • cecilianortje123 says:

      Hallo Aliche, baie dankie vir jou briefie. Ek het ook ‘n dertienjarige dogter en haar naam is Alicia. Sy is net so lief vir lees soos jy, maar ongelukkig trek sy haar neus op vir haar ma se boeke. (Jy weet mos hoe gaan dit – jou ma kan die beroemdste sangeres in die land wees, dan durf sy nie in die huis sing nie!) Maar al haar niggies lees darem my boeke. Ek het ook vroeg al begin skryf, soos jy. Moenie bekommerd wees as jy halfpad moeg raak vir die stories nie, ek het dieselfde gedoen. Maar noudat ek ouer is het ek meer dissipline, en glo my, ‘n mens het dit nodis as jy ‘n boek skryf, want jy werk daai manuskrip tweehonderd keer deur voor hy reg is! Ag, maar al word jy nie ‘n skrywer nie, bly ten minste ‘n vlytige leser, dit maak ‘n mens se wêreld soveel groter as iemand wat nie lees nie. Ek weet nie of jy weet nie, maar daar is al ‘n boek uit na Tatiana. Sy naam is Romanse in Beseringstyd en dit gaan oor ‘n meisie wat inskryf vir ‘n soort “Boer soek ‘n vrou”-reeks. Baie prettig. Laat weet as jy hom gelees het en of jy daarvan jou. Julle lesers se terugvoer is baie belangrik, dit hou ons op die regte spoor.
      Sterkte vir die skooljaar.

  5. HANNELIE SCHOEMAN says:

    hi cecilia ja dit was nogal lekker om van die ou libertas mense te kon sien en ek sou nogal bly gewees het om jou te kon sien.ek bly op bela bela (warmbad) en ek sal uit kyk vir jou volgende boek. hou so aan groete hannelie

  6. HANNELIE SCHOEMAN says:

    hi cecilia dit was lekker om jou boeke te lees en te weet ek ken jou ons was
    saam op laerskool libertas.het dit geniet en hou so aan jy maak ons lewens
    gelukkig.lekker dag liefde hannelie

    • cecilia nortje says:

      Hannelie
      Wat ‘n verrassing om ‘n boodskap van jou te kry! Dankie, dit was nou ‘n lekker bederf. Ek hoor die reunie was so lekker, jammer ons moes dit mis. Dankie vir julle ondersteuning met die boeke, as ek meer tyd kry sal ek graag baie meer wil skryf. Miskien eendag…

  7. Magdaleen Walters says:

    Cecilia, ek het myself so ‘n tydjie gelede van die blog laat afval, maar vele hande van oraloor het gehelp en my weer opgetrek gekry. En net daarna is ek saam met manlief bosse toe – voordat ek die geleentheid gekry het om op jou ALLERSPESIAALSTE briefie te reageer. Ek was só in my skik daarmee, dat ek Exclusive Books toe gegaan het en jou Beseringstyd-storie gekoop het. Nee, nie met afslag wanneer ek weer eendag by Lapa uitkom nie, daarvoor was ek te haastig. As alles goed gaan en ‘n paar wonderwerkies gebeur by my man se werk en ons kan wegkom Botswana toe 17 Aug, gaan jou boek saam. So ook een van Martie (Mari Roberts) en een van Madelie en Elizabeth Burgers en nog drie, wat ek nou nie eens kan onthou wie s’n nie – almal gekoop vir daardie lang pad. Ek is op die oomblik ‘tussen manuskripte’ en lees alles wat ek laat ophoop het onderin my bedkassie. Terloops, ek’s mal daaroor dat jy my ‘n enigma noem. Klink goed, amper asof ek nie regtig die ordinêre ou vroutjie is wat almal weet ek is nie. Gie, gie! I wish!
    Ek gaan jou storie lekker verslind en dan vir jou vertel hoe hy my laat voel het. Ek moet erken dat ek nie vir daardie tema kans sien nie, voel my dit gaan nie ‘n maklike skryf afgee nie. Sien uit om te sien wat jy daarmee gedoen het. Groetnis daar in Ellisras. Geniet die winter, ek was nog nie daar nie, maar ek verneem die somers daar is nie vir sissies nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s