Boekbekendstelling

Die spoggerige boekwinkel, Painted Words, op Nylstroom/Modimolle het behoorlik uitgehang met die bekendstelling van ANDERKANT  DIE MôRESTER. Dit was ‘n heerlike oggend – ek is seker nie net vir my nie, maar ook vir die sowat 30 gaste wat dit bygewoon het. Dis veral die lewendige bespreking wat my verras het. Dit het nie net oor die boek gegaan nie, maar oor die skryfproses. Natuurlik is dit tone-omkrullekker as daar so ‘n ophef van die Afrikaanse boek en veral die liefdesroman gemaak word. Almal was bekend met die liefdesverhaal, maar nie met die liefdesroman nie. Ek vertrou ek het die geleentheid benut om die genre positief  blootstelling te gee.

Ek het weer eens besef hoe belangrik is dit om karakters te skep waarmee die lesers kan identifiseer. Een van die baie vrae was hoe ek die psige van my karakters ken. Ek weet self nie, maar as dit die indruk is wat ek wek is ek nederig dankaar. My ernstige, soms flilosofiese aanslag word my vergewe en selfs verwelkom. Ek het in veral in hierdie boek probeer om ligter oomblikke in te werk. Maar onvermydelik slaan ‘n skrywer se aard deur.

Boonop het die boekwinkel gesorg vir ‘n reuse bos romantiese, bloedrooi rose om by die voorblad van die boek te pas. Die tee en eetgoed het geen respek vir kilojoules gehad nie. Maar die grootste bevredig bly nog vir my ‘n leser wat sê: Ek kon die boek nie neersit nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s