Nuut van Kristel Loots

Kristel Loots het al meer as 30 boeke geskryf en duisende bewonderaars met haar romantiese komedies betower.
Een plus een is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde.
Kammaliefde
Nanzi weet sy hoort nie naby Krisjan van der Merwe met sy koninklike lyf, sy spierwitte tande, sy gevaarlike manlikheid, sy terg en speel nie. Hulle werk toevallig saam. Daarom is sy soentjies en drukkies kamma-kamma. Maar as hy moet weet wat in haar kop aangaan, vat hy die pad. Soos mans maak. Sy kén die vernedering. Sy moet hom voorspring, voor daardie smeulende oë haar geheim lees.
Kanniedoodliefde
Alles irriteer haar: die Karoo, Doringdorp, Sweet Valley … Kurt irriteer haar die meeste en Jackie wíl nie hier wees nie. Maar sy moet ’n artikel skryf oor hierdie lawwe gasteplaas uit die jare sestig waar ou hippies soos rosyntjies hulle vervloë jeug probeer herleef … En nét daar stap Kurt met sy heuningstem, sy mooi woordjies en die tergliggies in sy oë reguit in haar hart in.

Marilé se nuutste treffer!

Waar sy hoort is my agste Romanza en is deel van die boek-familie wat al destyds met die geboorte van Klein klippie ver gooi ontstaan het. (In Man van min woorde, Man met ‘n missie en Man van sy woord, asook in Liedjie vir jou verskyn dieselfde karakters telkens weer.) Continue reading

Dina Botha gesels oor haar werk

Resep vir Liefde is my 19de boek. (Duet uitgesluit) Weens ‘n gebrek aan ‘n goeie idee (op daardie oomblik in my lewe) het ek besluit om dit wat ek wel het te gebruik. Iemand het my kort te vore gevra hoekom ek nie ‘n skuilnaam, soos baie ander skrywers, gebruik nie. My antwoord was dat ek nie die nodigheid daarvoor insien nie. Niemand gaan weet dat Sannie Swanepoel eintlik Dina Botha is nie. Continue reading

ATKV-Skryfskool 2011

Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied en bekendes uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree.
DATUM: 21 Maart 2011 – 25 Maart 2011
PLEK: Potchefstroom

KURSUSSE: Hoe skryf ek ʼn rubriek, prosa, poësie, kinderliteratuur?Hierdie bene loop gelyktydig tydens die skryfskool.
KOSTE: R3 000,00 per persoon wat deel. Luukse verblyf in die nuwe Puk Sports Village, Potchefstroom vir 4 nagte, ontbyt ingesluit.
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 4 Maart 2011
TOELATINGSVEREISTES: Eie skryfstuk, soos hieronder uiteengesit. Vir vyf dae word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers, groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word ʼn bywoning­sertifikaat toegeken. Om tot die Herfsskool toegelaat te word, word daar ʼn skryfstuk gevra wat jy saam met jou inskrywing voor die sluitingsdatum, 4 Maart 2011, moet instuur met ʼn deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie). Hierdie skryfstuk van jou word deur die loop van die week in kleingroepverband met jou bespreek.
NAVRAE Tel: 018 299 1783
Faks: 018 299 1784
kobie.vanaswegen@nwu.ac.za

Vir nuwelinge: Waar kan ek Romanzas koop?

Boekwinkels wat Romanza verkoop: Romanzas is deesdae wyd te kry by CNA en Exclusive Books, soos die meegaande foto uit die Oos-Kaap toon. Indien jy nie naby ‘n groot sentrum bly nie, is die internet jou oplossing.
Op die internet is Romanza beskikbaar by:
www.lapa.co.za
www.loot.co.za
www.kalahari.net
www.graffitibooks.co.za
OF: Sluit aan by die Romanzaklub en kry elke maand twee splinternuwe Romanza boeke teen ‘n baie spesiale prys in die pos. (posgeld gratis binne SA)
Skakel 012 401 0700
Of skryf aan:
LAPA Romanza-klub
Posbus 123
Pretoria
0001