Bets Smith

Bets Smith

Omdat Bets Smith die wonderwêreld van boeke vroeg-vroeg ontdek het deur slaaptydsprokies en gedigte, wil sy in haar stories dieselfde tipe omgewing skep. Sy glo die liefde is vir almal, so belangrik soos suurstof, daarom speel liefde die hoofrol in haar boeke. Die skryfproses stel haar in staat om karakters en gebeure na hartelus te manipuleer en só geloofwaardige sprokies vir grootmense te skep.

Sy is voltyds onderwyser wat in die boendoe van Mpumalanga se Laeveld bly. Die inspirerende omgewing hou haar aan die skryf, al is haar tyd weens skoolhouverpligtinge beperk. Tydens die Vrouelandbou-unie se Mpumalanga-kongres 2015 (Hazyview) is sy aangewys as hul Skrywer van die Jaar vir 2016. In 2005 was sy ’n finalis vir die ATKV se Woordveertjies.

Gaan loer gerus op Bets se blog as jy ‘n kansie kry:  http://betssmithromanseskrywer.wordpress.com/

 Romanzas deur Bets:

  • Marlet se droomman
  • Engel sonder vlerke
  • Katinka se grotman
  • ’n Ma vir Frieke
  • Die soen
  • Die lyfwag
  • Die vrouehater

Marlet se droomman (Hoëres)engel_sonder_vlerkeKatinka se grotman

Enkeltitels deur dieselfde skrywer:

 

  • Seldsame man
  • Onder ’n sterrehemel
  • Goue Dagbreek
  • Bloedspoor
  • Skrikkelmaan

BloedspoorSkrikkelmaan

36 thoughts on “Bets Smith

  1. zedbie says:

    Hi Bets
    Kan jy my dalk kontak? Ons wil graag met jou gesels oor die moontlikheid om met n aantal dames te kom gesels oor jou boeke in middelburg.
    Ons sal dit opreg waardeer.

    Of waar kan ons met jou kontak maak?

    Groete
    Zedbie
    082 679 3870

  2. Marie Fourie says:

    Hi Bets,
    Ek het al jou boeke gelees wat ek hier by ons in die hande kan kry en ek het almal vreeslik geniet, veral die spannings verhale. Ek hoop jy gaan nog baie boeke vir ons skryf. Wanneer ek biblioteek toe gaan, kyk ek altyd eers vir jou boeke, maar ai hulle is skaars, almal lees dit seker.

    • Bets Smith says:

      Hallo Marie
      Dis heerlik om nog ‘n leser te ontmoet. Ek is so bly jy geniet my stories – en dat jy my laat weet jy hou daarvan. My volgende boek verskyn juis in Junie, maar ongelukkig is dit nie ‘n spanningsverhaal nie. Ek hoop jy kan hom in die hande kry en lees. Die titel is: ‘n Seldsame Man. Die spanningsverhaal waaraan ek tans werk, sal eers in volgende jaar kan verskyn – AS hy vir publikasie aanvaar word. Dit gaan op die oomblik besonder stadig met die skrywery, so tussen die skoolhou en matriekeksamen deur.
      Lekker lees aan al die ander stories wat jy intussen gaan verslind! Ek sal seker eers weer die vakansie kan ontspan met ‘n boek.

  3. Engela says:

    Hallo Bets, glo my vry, hier in Bloemfontein se tweedehandse boekwinkels is geen van jou boeke beskikbaar nie. Wel by die biblioteek. Daar het ek ‘n paar uitgeneem en gelees.Die besef het by my posgevat dat mense nie van hierdie kleinode wil ontslae raak nie. Ek is jammer dat ek nie die titels kan onthou nie, het nie gedink so ‘n geleentheid sal hom voordoen om ‘n kort briefie vir jou kan skryf nie.Ek waardeer jou taalgebruik besonder baie, natuurlik saam met die ander fasette van die kortverhaal wat vir my as leser baie bevredigend is. Natuurlik is dit effens intimiderend, want wie sou nie graag so wou skryf nie! Dreig al so lank om te probeer! Sterkte met jou loopbaan! (Die skryfene)

    • Bets Smith says:

      Hallo daar, Engela! Ek waardeer jou boodskap baie, veral op ‘n dag soos vandag wanneer my ander loopbaan (die as onderwyser) my byna ondergekry het. Toe ek 7-uur by die huis gekom het, was ek min lus om te raak aan die storie waarmee ek tans besig is. Nou, na jou kompliment, is ek sommer weer lus vir skryf. Dalk kry ek vanaand darem ‘n paar woorde in die storie ingepas. Ek hoop jy kry darem later nog ‘n paar van my stories te lese. Mooi bly in die warme Bloemfontein.

  4. Ursula says:

    Hi Bets, ons was die naweek wat nou verby is by Klein Kariba en ek het daar op jou boeke af gekom. Ek het Bloedspoor gelees, het hom baie geniet! Ek was so verlig om te sien Eileen lewe nog en toe hy vir Llyn by die huis gaan haal het tot ek hom nog ‘vertrou’. Baie goeie boek ek is juis nou op soek na nog van jou boeke.

    • Bets Smith says:

      Hallo Ursula, ek is so bly ek het nog ‘n leser ryker geword, en dat jy Bloedspoor geniet het. Om Eileen dood te maak, was vir my net te erg. Ek is nie bloeddorstig genoeg nie🙂 . Ewenwel, ek hoop jy kry nog van my ander boeke in die hande, en dat jy van hulle gaan hou. As jy net van spanningsromans hou, is daar ongelukkig net een wat heeltemal in die spannings-genre val: Skrikkelmaan. Die res is almal Romanzas. Ek werk wel weer aan ‘n nuwe spanningsroman, maar dis ‘n lang pad omdat ek voltyds werk. Ek hoop ek hoor weer van jou sodra jy nog een gekry het. Mooi bly.

  5. Magda says:

    ‘Lo Bets! So pas Bloedspoor klaar gelees – was in die versoeking om te loer wie die moordenaar was, maar het nie toegegee nie! Dankie dat Eileen nie dood is nie, was ‘n heerlike verrassing! So ook Llyn. Ek bly in klein dorpie en kry nie maklik goeie, nuwe boeke nie, en is spyt nie nog van jou boeke al gelees het nie; dankie tog vir Leserskring! Sien uit om nou moeite te doen om jou ander boeke onder oë te kry. Sterkte en dankie vir goeie, heerlike, spanningsvolle leesstof!!!

    • Bets Smith says:

      Hallo Magda, ek is so bly jy het Bloedspoor geniet en dit hier kom sê. Min mense lewer kommentaar, mens is dus half in die duister oor reaksies.

  6. Elsa says:

    Hi Julle,

    Ek is mal oor Bets Smith se boeke en kan na elke boek nie wag om met die volgende een te begin nie!!!

    Ek is tans besig om “Onder ‘n Sterrehemel” te lees. Ek het voorin gelees dat dit die eerste van twee boeke is. Wat is die titel van die tweede boek?

  7. mariroberts says:

    Het sopas jou Grotman boek gelees en wat ‘n lekkerte. Ek was so vasgevang dat ek dit nie kon neersit nie. Ek het ‘n spesmaas ek het ‘n boek voor daardie een gemis. Dalk een wat die storie van Mieke en Ian vertel?

    • Bets Smith says:

      Hi Mari, So goed om weer van jou te hoor! Dankie vir die mooi woorde oor die Grotman. Dit was heerlik om dit te skryf. Die boek wat die storie van Mieke en Ian vertel is Die Verste Ster wat ook een van die 2 stories in die duet ‘n Handvol Sterre is. Ek kan Desember my kopie vir jou saambring as jy hom wil leen?

  8. Bets Smith says:

    Hi, Carolaine, ek het lanklaas hier op die lesersblog ingeloer. Was ek verras om ‘n nuwe stukkie kommentaar raak te lees! Dit was omtrent ‘n lekker selfbeeld-‘booster’. Ons skrywers sit maar so alleen en voortploeter, en weet soms nie of ons op die regte pad is nie. Jy het my nou weer heerlik laat voel.

  9. Carolaine duPlessis says:

    Hallo daar! Het in die Desembervakansie vir die eerste keer een van jou boeke gelees-Die Vrouehater en het dit vreeslik geniet! Jou agtergrond van elke boek is baie interessant en mens kan sien jy doen behoorlik navorsing! Ek is biae lief vir lees,maar is maar kieskeurig oor skryfstyle! Daarom was ek so bly om nog n lekker skrywer te vind! Dankie,ek kyk nou gereeld vir jou boeke in die bib of in boekwinkels.

  10. Bets Smith says:

    Haai daar, Ronelle en Madelie! Soos altyd verrig ‘n positiewe woord wondere, veral op ‘n dag soos vandag, na ‘n week soos die afgelope een! Dit het woes gegaan en ek het omtrent soos ‘n grotvrou se vloerbesem gevoel! Maar dankie vir julle boodskappe – ek waardeer dit werklik.

  11. Ronelle says:

    Hi Bets
    Katinka se grotman was weereens ‘n lekker storie. Ek het dit baie geniet! Sien uit na jou spanningsverhaal!

  12. Madelie Human says:

    Bets, ek het vandag heerlik in die wintersonnetjie gesit en Katinka se storie opgeslurp. Dit was heerlike ontspanning en ure se leesgenot. Dankie vir ‘n lekkerlees storie. Sien uit na jou spanningsroman.

  13. anngert Annetjie says:

    Bets, ek het Die lyfwag, een van jou ouer boeke, by ‘n tweedehandse boekwinkel raakgeloop en moet sê jy kry dit reg om spanning te bou en te hou. As jy dit so in ‘n Romanza kan doen, sal jou spanningsroman ‘n reuse sukses wees. Sterkte.

    • Bets Smith says:

      Ai Annetjie, ek is bly jy het daarvan gehou. Ek moet sê ek dink die 5000 woorde korter weergawe van Die Lyfwag wat saam met Die verste Ster in die duet verskyn het, lees miskien gladder. Cecilia het ‘n spanningsmanuskrip van my aanvaar vir publikasie in November – as ek dit betyds klaar afgerond en afgewerk kan kry met dié dat ek nog in Februarie ‘n troue ook het! Hou vir my duimvas, asseblief!

  14. Ronelle says:

    Hi Bets
    Het nou net vir ‘n Ma vir Frieke neer gesit en lekker gelees! Dankie vir jou lekker manier van skryf. Dit hou ‘n mens aan die lees tot die laaste bladsy!
    Ek kyk uit vir die volgende ene!

    • Bets Smith says:

      Ronelle, ek het Desember die blog bietjie afgeskeep, nou begin die jaar vir my heerlik met so ‘n stukkie positiewe kritiek. Baie dankie! My volgende boek verskyn in Mei: Katinka se Grotman. Iets heeltemal anders as Ma vir Frieke. Maar ek beplan alreeds aan Frieke en Marco se liefdesverhaal. Ek hoop hy word nie doodgebore nie!

  15. Bets Smith says:

    Susan en Suzie (is dit toevallig die twee S’se!), baie dankie vir julle terugvoer. Dis so lekker om te hoor wat lesers dink oor ‘n storie wat mens na aan die hart gelê het.
    Lekker skryf, Susan. En lekker lees aan al die ander Romanzas, julle altwee. Dis vir mense soos julle wat mens skryf.

  16. Suzie Combrinck says:

    Dankie vir ‘n boek soos ‘n Ma vir Frieke, dit was sommer heerlike leesstof. Dit lyk my jy en Rykie waag groot maar kry dit reg om die leser te laat naelbyt. Die onderwerp van “date-rape” en disleksie word selde deur skrywers geneem as iets om oor te skryf, seker omdat almal gewoonlik bang is daarvoor, veral die regsaspek van die “pa” van die kind. Dankie nogmaals vir ‘n boek wat ek nie maklik kon neersit nie.
    Suzie

  17. Suzie Combrinck says:

    Ek geniet jou boeke altyd, selfs die spanningsverhale, en ek sien ook uit na die boek wat in Oktober gaan uitkom. Daar is altyd iets in ‘n verhaal waarin ‘n kind ‘n rol speel al is dit ook klein. Dis seker omdat ek geen kinders het nie dat ek ‘n spesiale plekkie in my hart het vir die klein goedjies.

    • Bets Smith says:

      Ek is bly jy hou van die romanses met bietjie spanning in, want ek is juis besig om te swoeg aan ‘n spanningsroman. Chanette Paul help my met al die haakplekke, maar dit gaan nogal sweet-sweet, want mens mag nie jou spanning te vroeg laat slap lê nie. Hou maar duimvas vir my! ♪

  18. Suzie Combrinck says:

    Ek kan nie wag vir jou boek wat in Oktober verskyn nie. Ek geniet al jou boeke terdee. Fokus op die liefde is seker jou boek wat ek die meeste geniet het, ‘n Sirkel voltooi moet jy nie lees wanneer jou gedagtes dwaal nie, want dan gaan jy nie weet of jy in die huidige of in die verlede is nie, dankie daarvoor. ‘n Meer onlangse boek wat ek geniet het is Die vrouehater. Jy het my belowe dat jy ‘n boek gaan skryf oor veldbrande en jy het jou belofte gestand gedoen.

    • bets55 says:

      Liewe Suzie, wat ‘n verrassing om jou hier op te blog te kry! Ek het so gehoop ek kry jou in Pretoria te siene by die Boek en Koek, maar hierdie is net so goed. Dankie vir jou wonderlike pluimpie. Mens kry so min terugvoer op jou skryfsels, behalwe natuurlik van die familie (wie so positiewe kritiek mens nie altyd kan glo nie) en vriende (wat ook maar baie genadig is). Ek het dit ontsaglik baie geniet om vir Die Vrouehater navorsing te doen en voor die storie regtig sy loop geneem het, het ek geweet daardie veldbrand gaan in die storie sy verskyning maak.
      Die boek wat in Oktober verskyn lê ook naby my hart, want kinders het mos maar ‘n manier om mens se lewe oor te neem – boek-kinders ook! Ek hoop net die twee kleuters in die storie is geloofwaardig. Jy sal my maar moet laat weet.
      Mooi bly en lekker lees. Ek sien hier op die blog jy het ‘n biblioteek van betekenis (een wat ons dorpsbiblioteek waarskynlik in die skaduwee sal stel!)
      Groetnis, Bets

    • Bets Smith says:

      Mari, ek probeer, ek probeer! Maar die jongste storie voel na ‘n dreigende aborsie! Ek moet sê die kontak met ander skrywers laat my veel minder voel na die enigste verlore siel in die heelal. Sterkte ook met jou skryfwerk.

  19. Madelie Human says:

    Bets, ek het al jou boeke al gelees en wil nie een uitsonder nie. Die Soen is die laaste een wat ek gelees en vreeslik baie geniet het. Jy skryf stories wat oortuig en jou styl hou my aandag. Ek hoop daar is nog baie stories wat in jou broei!

    • Bets Smith says:

      Madelie
      Ek het gister op hierdie positiewe stukkie motivering van jou reageer, maar lyk my dit Comment/reply het nie deurgegaan nie. Ek is wel besig met nog ‘n manuskrip wat einde Februarie in moet wees, maar ek weet nie of dit tussen die vakansie, gebreekte voet en die troue deur betyds voltooi sal wees nie. As hy aanvaar word, kom die keuring en regmaak eers aan die beurt. Ek hoop maar vir die beste, maar met julle ondersteuning het ek darem moed om aan te gaan. Groete!

    • Marile Cloete says:

      Nee, ek het nog nie – ‘n bietjie agterstevoor! Hulle waai so vinnig uit ons bib, ek gryp maar wat ek in die hande kan kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s