‘n Terugblik – 2012

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2012 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

4,329 films were submitted to the 2012 Cannes Film Festival. This blog had 15,000 views in 2012. If each view were a film, this blog would power 3 Film Festivals

Click here to see the complete report.

Advertisements

Annetjie gesels met ons!

Annetjie van TonderAnnetjie van Tonder het gou kom inloer en ons meer vertel van haar nuutste boek.

Hoe het die storie ontstaan?

Ons het so twee jaar gelede saam met my swaer en skoonsus in Golden Gate gaan vakansie hou. Dit was ’n salige week wat diep in my geheue vasgelê is. Daardie lieflike sandsteenkranse met die goue rosigheid as die son sak, is die groot Skepperhand se skildery. Mens kan maar net kyk en bewonder.

Toe kom speel die gedagte aan ’n storie wat daar moet afspeel. En wat beter as ’n plantkundige wat ook artikels vir natuurtydskrifte skryf en materiaal bymekaar maak vir ’n koffietafelboek. Continue reading

Elsa Winckler vertel ons meer oor Heldergeel dag!!

elsa-rooi-rose-fotos-021Agtergrond oor Heldergeel dag

Die invloed van die gesin waarin jy grootword, die mense waarmee jy jou omring, het ’n groot invloed op ’n mens en bepaal in ’n groot mate die koers waarin jou lewe beweeg. Toe ek met Lana Liebenberg se storie in Waar liefde lê begin het, was die idee glad nie dat ek ook haar twee broers se storie sal vertel nie, maar hulle het net eenvoudig ’n lewe van hulle eie gekry en moes ek net hulle verhale ook vertel. Continue reading

Proestukkie: Annetjie van Tonder: Man in ‘n raam

Man in 'n raamEn nou kry sy sowaar jelliebene oor hierdie man in die fotoraam. Sy oë, wat aan soethoutlekkers herinner, kyk broeiend vanonder welige donker wenkbroue na haar. Hy kon netsowel ’n hoofkarakter in ’n Hollywood film gewees het. Surene kan haar nogal voorstel hoe die res van hom moet lyk om by só ’n gesig te pas.

Michiel Bosch. Tronèl, haar woonstelmaat, het die foto by haar ouboet afgebedel nadat een van sy vele meisies hom afgesê het en dit weer vir hom teruggegee het. Nou pryk die foto hier waar ’n mens dit nie kan miskyk nie.

Surene loer weer na die sterk gesig in die raam. Sy mond lyk streng. Dit lyk nie of hy enige nonsies sal vat nie. Volgens Tronèl kan hy streng en beneuk wees, maar het tog ’n baie sagte hart. Continue reading

Proestukkie: Dina Botha: Boks vol soentjies

Boks vol soentjiesKort voor ses klop Steven aan haar kantoordeur. “Celeste, hier is twee mans wat jou wil spreek. Ek dink hulle is musikante, want hulle het twee swart tasse by hulle.”

“Dis vreemd,” sê sy toe sy saam met Steven ontvangs toe loop.

“Goeiemiddag. Jy moet Celeste wees?” groet die oudste van die twee mans haar in Portugees. “Ek is Manuel de Sousa en dis Josy Castello. Ek speel trekklavier en hy ’n Portugese kitaar.”

“Goeiemiddag. Dis alles goed en wel dat julle musiek maak, maar wat kan ek vir julle doen?”

Manuel lag. “Nee, dis ’n kwessie van wat ons vir jou kan doen.” Continue reading

Proestukkie: Elsa Winckler: Heldergeel dag

Heldergeel dagHenry swaai om strand toe. Daar is ’n geraas in sy ore, asof die branders om hom breek. Vrees vou ’n vuis om sy lugpyp en vir ’n oomblik wil hy naar word.

“Moet nou nie ontsteld word voor ons nie weet wie dit was nie,” paai Ian en trek Lana onder sy blad in.  “Henry, gaan jy vir ons uitvind …”

“Henry, wag,” sê Nick ook agter hom, maar Henry is reeds op pad deur die malende massa op die strandgebied. Angstigheid stu op in sy keel en hy moet sluk om nie  te skree nie. Wat de hel soek sy naby haaie? Het die vroumens dan geen verstand nie?

Hy loop met lang treë tussen die mense deur. Sy elmboë beur vir hom en pad oop en hier en daar kry hy ergerlike kyke, maar daaraan steun hy hom nie. Hy moet by haar uitkom sodat hy haar nek kan omdraai. Van alle belaglike goed … Continue reading