Nuut van Chanette Paul

Vergeet van die winterkoue met Chanette se nuutste boek!!

Maanschijnbaai: Jo en Sue

Julie 2012

Toe Jo Calitz die liederlike kasarm op ʼn lieflike stuk aarde by haar vervreemde en baie eienaardige oupa erf, besef sy nie dit kan haar en die drie mense naaste aan haar se redding of hulle ondergang wees nie. En Maanschijnbaai sʼn ook.

Advertisements

Nuut van Dina Botha!!

Julie bring weer vir ons ‘n paar lekker bederf boeke. Kyk uit vir Dina se nuutste!!

VRYPOSTIGE AUSSIE – Dina Botha

Romanza, Julie 2012

Sanré is ’n terreinbestuurder by ’n bouaanleg. Hierdie geboueienaar, hierdie arrogante Australiër met sy blou oë, moenie dink hy kan haar iets van haar werk kom leer nie. Of van liefde nie.

Proestukkie: Jacolette van den Berg: Tanie se sprokie

Tani se kop ruk op toe sy die beweging oorkant haar gewaar. Die man wat nader gestap kom is alles behalwe ʼn gryskop oom. Inteendeel …

Haar oë bly vasgenael op die elegante, manlike figuur. Hy het ʼn eenvoudige donker baadjie en broek aan wat styl en geld tegelykertyd uitskree. Sy bewegings is selfversekerd en vloeiend, die tipe grasie waarvan sy net kan droom. Die donker hare is kort en netjies, maar tog volgens die jongste mode met ʼn effe deurmekaar kuif. Onwillekeurig gly haar hande teen haar sye af om ʼn paar onsigbare plooie uit haar rok te stryk.

Hulle oë ontmoet oor die kort afstand en Continue reading

Proestukkie: Kristel Loots: Eendagmooi

Maar dit lyk nie asof die boodskap tot hom wil deurdring nie. In elk geval nie sonder dat sy hart en nog ’n paar van sy ander organe in die slag wil bly nie.

“Wel, dan moet jou hart maar gaan staan en klaarkry, Fanus. Want ek maak nie grappies nie. Daar’s ’n baba op pad.”

Hy lyk dadelik weer asof ’n klip hom teen die kop getref het. “Hemel vrou, is jy seker? Hoe wéét jy?”

“Daar is sekere tekens, jy weet?” Sy probeer nie eens meer die sarkasme uit haar stem hou nie.

“Ja, ja, ek weet, natuurlik weet ek, dêmmit, Janeke. Continue reading

Proestukkie: Frenette van Wyk: Stukkie goud

Die godheid wat in die oggendson op haar afgestap kom, gryp haar vas in sy betowerende mag. …

Die boek wat sy nog diep onder haar sitplek wou indruk, val uit haar skoot en land op die grond. Sy vergeet wat sy nog wil sê toe die aantreklike godheid sowaar hier voor haar voete kom kniel om dit op te tel.

Byna eerbiedig fladder haar oë oor sy digte bos swart hare en breë skouers. Continue reading

Nuut van Kristel Loots!!

Ons sien al hoe lank uit hierna en in Junie is Kristel se nuwe lekker-lees boek op die rakke!!!

EENDAGMOOI – Kristel Loots

Junie 2012

Janeke staan gevaar om haar man te verloor, en veel meer. Sy word min gespaar en daar word meer van haar verwag as redelikheid. Uiteindelik wen sy meer as waaroor sy ooit durf droom het.