Chanette Paul

_MG_4813

Chanette Paul is gebore in ʼn era toe vroue nog voorskote met frilletjies gedra het. Sy word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly.

Voor sy begin skryf het, was sy kortstondig ʼn onderwyseres en het ʼn paar jaar lank wearable art gemaak in ʼn klerefabriekie wat sy bedryf het. Sy het ook haar hand gewaag aan die verf van enigiets waarop sy haar hande kon lê en die resultate by ʼn kunsmark probeer verkoop.

Tans woon sy in ʼn skewerige huis in die Overberg op die oewer van die Kleine Rivier waar die man in haar lewe ʼn rivierboot bedryf. Hier is sy bedrywig met allerlei storiedinge, probeer sy haar kat vet kry en vlooiloos hou. Sy versamel graag “goeters” vir haar huis, is ʼn leesvraat en musiekliefhebber, ʼn onkundige tuinier en ʼn vrot kok. Sy hou graag walvisse dop in naburige kusdorpe, is mal oor snorkel en hoop sy sien eendag ʼn meermin.

As ek nie sou kon skryf nie, sou ek nie sin uit die lewe kon maak nie.
Besoek gerus my webwerf vir meer inligting oor my en my boeke by http://www.chanettepaul.co.za/

36 thoughts on “Chanette Paul

  1. antoinette strydom says:

    Beste Chanette
    Ek het al die boeke oor die Davel vrouens Ek het al die Gys Niemand stories behalwe vir Springgety.. EK het ook Siende Blind en Raaiselspieel. Hoe Kan ek te werk gaan om die boek Springgety in die hande te kry, Fynbos vir n Feeks en die reeks oor die Skuba duik het ek ook . Behalwe vir Springgety soek ek ook Jo en Sue van Maanskijnbaai en die opvolg . Ek nog nie op E book. Ek hou van tasbare dinge soos jou boeke om dit te bere en weer oor 10 jaar te lees as ek dalk Alzheimer het en elke boek gaan soos n nuwe storie klink, . Jy is n wonderlike skryfster. n Groot bewonderaar

    • cliffordenen says:

      Goeie dag Antionette

      Die Maanskijnbaai-tweeluik is weereens beskikbaar. Jy kan LAPA se bestelafdeling skakel om dit te bestel, maar ongelukkig is Springgety uit druk. Ons het selfs ons kantoor kopie verkoop. Chanette se nuwe boek, OFFERLAM, het pas verskyn en dit is uitstekend!

      • Chanette Paul says:

        Hallo Antoinette!
        Cliffordene het jou vrae oor die beskikbaarheid van boeke geantwoord. Die goeie nuus oor Springgety is dat daar planne in die pyplyn is om die hele Gys Niemand-reeks te herdruk en dan sal Springgety weer vrylik beskikbaar wees.
        Dis heerlik om te hoor jy geniet my boeke. Soos jy verkies ek ook ‘n papierboek. Hoop jy geniet die stories oor tien jaar nog – verkieslik sonder Alzheimers!
        Mooi by en lekker lees!

  2. Magda Botha says:

    Hi Chanette,
    Ek het so pas Raaiselspieel gelees. Weer eens ‘n boek (wel my kindle) wat ek nie kon neersit nie. Die boek is uitstekend, soos al die ander boeke wat ek van jou gelees het. Ek is ‘n leesfreak en kan nie sonder ‘n boek wees nie. Jammer jy kan nie meer boeke in ‘n jaar skryf nie!

    • Chanette Paul says:

      Dis heerlik om te hoor jy het Raaiselspieël geniet, Magda! Sonder julle “leesfreaks” sal ons as skrywers maar swaar trek ☺. Glo my, ek skryf so vinnig as wat dit menslik moontlik is. Ewebeeld sal November 2014 darem op die rak wees. Lekker lees!

  3. Lizelle says:

    Hi daar aan alle bloggers. My ma het begin om Chanette se boeke te lees. Eintlik is verslind n beter beskrywing daarvoor. Sy’t nooit gelees toe ons nog kinders was nie, maar Chanette se boeke het n leeswurm in haar wakker gemaak. Sy het byna elke beskikbare boek in rekordtyd deurgelees. Nou sit ek met die dilemma dat sy nie meer boeke het nie. Ek het elke moontlike soektog probeer maar heellaas die boeke wat sy nog kort is nie beskikbaar nie. Sy kort nog: Opsoek na n held, Oerdans van Liefde, Liefde in Laventel, Bittersoet Wals, Die Goue Vreugde, Troupant, Vlerke van Goud, Branders van Liefde, Woestynliefde, en Eiland van Begeerte. As iemand my asseblief laat weet waar ek (al is dit tweedehands) hierdie boeke in die hande kan kry sal ek baie dankbaar wees.
    Lekkerlees groete.
    Lizelle.

    • Chanette Paul says:

      Hi Lizelle
      Dis wonderlik om te hoor daardie leeswurm het ontwaak!.
      Wat die boeke betref:
      Op soek na ‘n held is saam met Porselein van staal uitgegee in die Duet Branders van liefde, dus kan jy maar net laasgenoemde soek.
      Bittersoet Wals is heruitgegee as Tamara – dis dieselfde boek net met ‘n ander titel. Die titel is verander omdat die res van die Daveltjies toe gevolg het.Tamara is beskikbaar by Lapa en aanlynboekwinkels.
      Troupant was ‘n byvoegsel tot die Sarie. Dis ‘n baie dun boekie en tensy jy by iemand uitkom wat dit gehou het, sal dit nie verkrygbaar wees nie..
      Oerdans van Liefde, Liefde in Laventel en Legende van die liefde is al drie opgeneem in Chanette Paul Omnibus 3.
      Die Goue Vreugde is nie een van my boeke nie.
      Gaan kyk gerus by http://springbokboeke.co.za/html/chanette_paul_boeke.html. Dit lyk my hulle het dalk van die boeke wat jy soek.
      Ek hoop dit maak jou soektog makliker!
      Baie groete, ook vir jou ma
      Chanette

      • Lizelle says:

        Baie dankie Chanette. Ek waardeer jou terugvoer. Jy verstaan nie hoe my ma sommer oornag in n boekwurm ontaard het nie. En dit raak my werk om die boeke op te spoor. Maar ek glo dit is een van die voordele van pensioen. Ha ha… .. Ons kyk met groot oë uit vir jou volgende boek.
        Vriendelike groete.
        Lizelle Davel.

  4. Chanette Paul says:

    Ai, Annatjie, dis so lekker om te hoor dat jy die Gys-boeke geniet het, veral omdat dit nie jou gewone leesstof is nie. Dis vir ‘n skrywer altyd ‘n kompliment as ‘n leser se leeswêreld uitbrei danksy iets wat jy geskryf het.. Ja, Isabelle is nou op die rak en Maryn binnekort ook. Dan nog Fleur. Dit voel vir my asof ek ‘n tweede keer afskeid neem en ek het het sommer van voor af lief geword vir die Daveltjies.
    Lekker lees!

  5. Annatjie says:

    Hallo Chanette
    Ek is ‘n roman verslaafde maar het toe ook die sprong gewaag en die Gys reeks gelees. Was ek nou aangenaam verras en verslaaf aan die boeke. Dankie vir ‘n puik reeks – ek hou nie eers van speurverhale nie of nee wag ek het nie van speurverhale gehou nie. Baie dankie ek dit ongelooflik geniet en leen die boeke vir almal. Kan nie wag vir Isabelle en die laaste van die Davel vroue nie. My boekmerkie van jou werk oortyd – lekker dag

  6. Ronelle says:

    Hi Chanette
    Baie, baie dankie dat jy in Dryfhout soveel moeie gedoen het om die Gysreeks met ‘n bang af te sluit! Dit was regtig ‘n fees om te lees. Ek het Dryfhout gelos vir ‘n baie spesiale geleentheid. Ek en my man was hierdie week in Namibië, hy het bedags gejag en ek het gelees. Ek het een aand alleen gebly terwyl hulle nog ‘n draai gery het. Daar is nie elektrisiteit nie, so dit was ek, alleen in die donker en ‘n kersie. Dit was regtig soms angswekkend, want dit voel toe later of iemand vir my deur die venster loer!
    Mag jy nog baie wonderlike stories die lig laat sien!

    • Chanette Paul says:

      Ek is so bly jy het Dryfhout geniet, Ronelle! Dit klink asof Strandloper dalk by jou venster was😉. Ek hoop dat my volgende boek ‘n waardige opvolger sal wees al is dit baie anders as die Gys-boeke.

  7. cecilianortje123 says:

    Hi Chanette
    Ek het vandag die skrywersverslag van Lapa af gekry vir die Instaan-meisie en jou kommentaar op die rugbyspeler het my hardop laat lag. Wat laat my dink jy is nie ‘n groot rugbyspeler-fan nie? Ek het nog nie ms terug ontvang nie, wou net vir jou laat weet jy’t my lekker laat lag.

    • Chanette Paul says:

      Gee my ‘n man soos André Joubert en ek is sy fan for life, maar daar is baie van hulle se IK en verwysingsraamwerk waaroor ek ernstige vertwyfelinge het!😉

  8. shirley says:

    Haai, ek het onlangs boekwinkel begin, maar vir bemarkingsdoeleindes wil ek graag iemand soos Janette Paul nooi om ‘n moteveringspraatjie en ‘n boekbekendstelling te hou. Kan u namens haar antwoord?

    • Chanette says:

      Hallo Shirley
      Ek hoop jou boekwinkel is ‘n groot sukses. Jy kan my deur middel van Lapa Uitgewers kontak. Hulle reël die soort dinge. Hulle nommer is 012 401 0700. Vra vir die bemarkingsafdeling.

  9. Sophia says:

    Aan al Chanette se getroue fans: maak julle reg vir ‘n wonderlike leeservaring. Ek was bevoorreg om ‘n keurdersverslag te skryf vir Dryfhout – die laaste boek in die reeks – en ek sê nou vir julle: dit was tone-omkrul-lekker. ‘n Wonderlike plot, ‘n supersexy (maar menslike) heldin, ‘n held wat my mond laat water het en ‘n laaste besoek aan al die karakters wat ons van Springgety, deur Fortuin, Boheem en Meetsnoer leer ken het, tot by Gys en Gertjie wat … Maar nee, daaroor sê ek niks. Lees net die boek wanneer hy uitkom, dis HEEEEERRRRRRRRLIK!

  10. Mari Roberts says:

    Ek gaan beslis Boheem en Meetsnoer in die hande probeer kry, al is dit net om Gys en Gertjie te volg. Dit is so sweet en al is hulle hardkoppig, kan ek nie anders as om in afwagting te sit nie. Die ander karakters is heerlik en dit maak ‘n ewe lekker storie (verskoon die term) maar miskien is dit omdat Gys so eg is en ek hom in iemand sien wat ek kan, dat ek vir hom geluk wil hê. Hy mag 50 wees, maar beslis nie koud nie! Dit is goed dat hulle karakters nie so belangrik is, dit maak die stories net meer opwindend om te lees.

  11. Mari Roberts says:

    Ek gaan beslis Boheem en Meetsnoer in die hande probeer kry, al is dit net om Gys en Gertjie te volg. Dit is so sweet en al is hulle hardkoppig, kan ek nie anders as om in afwagting te sit nie. Die ander karakters is heerlik en dit maak ‘n ewe lekker storie (verskoon die term) maar miskien is dit omdat Gys so eg is en ek hom in iemand sien wat ek kan, dat ek vir hom geluk wil hê. Hy mag 50 wees, maar beslis nie koud nie!

  12. Chanette Paul says:

    Bly jy geniet dit, Mari. Gys en Gertjie … Wel, hulle is in hulle 50’s jy weet. Dis wanneer mens besonder hardkoppig raak. En dit klink my jy moet nog deur Boheem se Gys en Gertjie-deel ook kom voor Meetsnoer? Die ironie is, Gys en Gertjie is klaarblyklik almal se gunsteling karakters, maar hulle was nooit bedoel om eens in Springgety te wees nie, laat staan deel van ‘n reeks uitmaak!

  13. Mari Roberts says:

    Chanette, het eergister vir Fortuin in die hande gekry en sedertdien, knor dit om enigiets anders te doen. Jitte, ek sit letterlik vasgenaal. Kruip in my kind se kamer weg, sodat niemand my pla nie, maar lees moet ek dit nou klaar lees voordat ek iets anders kan doen. Ek geniet dit regtig, veral Gys en Gertjie. Hoop so hulle gaan in meetsnoer hulle skanse laat sak.

  14. Anzel Gerber says:

    Ek kan nie wag om Meetsnoer onder hande te kry nie. Ek sal na jou boekbekendstelling toe kom, ek belowe🙂 Glo my, ek mis dit vir niks in die wêreld nie!

    Ek sal jou ook op hoogte hou van my manuskrip en of ek iets hoor. Ek sal maar geduldig moet wees, né? Sulke goed gebeur nie oornag nie. Dit is harde werk… Vir die uitgewers en die skrywers. Veral wanneer die herskryf begin.

    Sterkte met die laaste ruk se werk aan Meetsnoer. Ek glo dit gaan fantasties wees! Ek sal ook op die uitkyk wees vir jou Duet.

    Groete

  15. Chanette Paul says:

    Hallo Anzel
    Natuurlik onthou ek jou van die Skryfskool af. Ons het dan so lekker gesels. Ja, Meetsnoer verskyn hierdie jaar en wel in Oktober. Op die oomblik is ek nog besig om dit af te rond en hoop om ook ’n week of wat deur die laaste weergawe te gaan.

    In Mei verskyn ook ’n Duet, getitel Onder seespieël. My heel eerste romanse, Maalstroom van ekstase word saam met Leerskool van liefde (my 3e een) word hierin vervat. Albei het skubaduik as agtergrond.

    Ek voel baie verleë oor my webtuiste. Ek probeer dit al opdateer vandat Boheem verskyn het, maar kom net nie sover nie. Hopelik sal ek daarby uitkom sodra Meetsnoer van my af is!

    Dis lekker om te hoor dat jy nie net my boeke geniet nie maar ook daaruit leer. En baie verlig dat die boek onvoorspelbaar is! Dis wat die spanningsgenre so moeilik maak, lesers is baie slim en net een glipsie kan die ‘game’ weggee.

    Baie sterkte met jou eerste manuskrip. Dis altyd ’n senutergende besigheid om ’n manuskrip in te dien, maar die eerste is beslis die ergste. Ek is nie seker of dit op my lessenaar sal beland nie, maar hoop ek so en sien uit daarna.

    Dankie dat jy van jou laat hoor het en ek hoop jy lees lekker wanneer Meetsnoer verskyn.

  16. Anzel says:

    Hi, Chanette

    Ek weet nie of jy my nog onthou nie, maar ek was op verlede se Lente Skryfskool op Potch. Ek was in een van jou groepe en jy’t ons vertel van jou nuwe boek wat hierdie jaar verskyn. Meetsnoer, as ek reg onthou. Het jy al vir ons nuus?
    Ek het op jou webtuiste gaan kyk, maar daar is nog niks nuwe inligting nie…🙂 Nou wonder ek maar net. Ek leer baie by jou skryfstyl en kan nie wag om jou nuwe boek onder oë te kry nie. Ek het Boheem vreeslik geniet. Asook Fortuin en Springgety. Nou wag ek net vir die laaste twee…
    Annetjie is reg. Dit is baie moeilik om jou boek neer te sit. Al is ek by die werk, dan dink ek aan wat ek reeds gelees het en probeer redeneer wat volgende gaan gebeur. Ek is natuurlik nooit reg nie, want jou boeke is alles behalwe voorspelbaar. Dis hoekom ek dit so geniet.

    Ek het ook my eerste manuskrip ingestuur na Lapa. Ek wonder of jy dit onder oë sal kry? Ek weet nie. Hulle werk mos met n span manuskrip ontwikkelaars, né? Sal maar moet wag en sien. Sterkte met die boek!😉

  17. Annetjie van Tonder says:

    Chanette, ek het Boheem gedurende die Desembervakansie gelees en kon dit nie neersit nie. Ek dink jy vaar uitstekend in hierdie genre. Die spanningslyn verslap nie ”n oomblik nie en die feit dat elke karakter ‘n moontlike verdagte is, maak die uiteindelike ontknoping soveel te meer verrassend. En die liefdestoneel aan die einde, waar hulle nie aan mekaar raak nie, maar mens die vibrasies en emosie soos hoendervleis op jou eie vel voel uitstlaan, is uniek gedoen. Ek het ook Springgety gelees toe dit destyds verskyn het. Wil nog graag ook Fleur lees. Hier in ons kompleks bly ‘n afgetrede ginekoloog, tagtig jaar oud, wat jou boeke verslind.

    Doe so voort.

    • Chanette Paul says:

      Annetjie, ek is altyd so verlig om te hoor die ontknoping is vir lesers ‘n verrassing, maar die lekkerste om te hoor is dat die leser nie die boek kon neersit nie. Ek is dus baie bly jy het Boheem op albei vlakke geniet.

      Die spanningsromans was en is steeds vir my ‘n enorme leerkurwe as skrywer en ek leer met elke boek weer van vooraf. Ek geniet dit geweldig baie al wonder ek in swakker oomblikke wat my besiel het! My lesers, ook nuwes wat bygekom het toe ek die genre sprong gewaag het, maak al die gesukkel egter die moeite werd. Julle terugvoer is vir my goud werd en gee my telkens moed om Gys vir nog ‘n toneel of twee in die oë te kyk.

  18. Madelie Human says:

    Daar het jy dit, Chanette! ‘n Heerlike idee vir jou vyfde boek in die reeks. Hoe jy kophou met al die karakters en kinkels in jou stories, sal net jy weet. Ek staan verstom.

    Een van jou romanses wat my bybly, is Fynbos vir ‘n feeks. Die navorsing oor die fynbos was uitstekend en die romanse tussen held en heldin, tonekrul-lekker.

    • Chanette Paul says:

      Die kophouery is weliswaar nie maklik nie, Madelie. Hier teen die einde van die storie raak en detail-blind. Net rustyd help daarvoor en dan natuurlike wonderlike keurders wat help om glipse te ondervang.

      Fynbos was vir my ook een van my romanses waaraan ek baie lekker geskryf het. Ek was mal oor Ezra. Dit was ook vir my ‘n nuwe ervaring om ‘n ware feeks te sien verander en groei totdat sy ‘n volwaardige heldin geword het – al was sy steeds moeilik.

      • Marile Cloete says:

        Ek hou van die gedagte van ‘n feeks wat ‘n heldin kan word – dan is daar mos hoop vir ons almal!

  19. Ida Gräbe says:

    O aardetjie, Chanette
    Ek stuur hopelik hierdie week my nuwe poging, Duikmaats, aan Lapa, ook met skubaduik as agtergrond. Het glad nie geweet van jou verhale tot nou nie maar is baie gretig om hulle te lees.
    Sterkte vir hierdie jaar! Ek bewonder jou vir jou oorvloedige publikasies saam met die veeleisende manuskripontwikkeling wat jy vir Lapa doen.

    • Chanette Paul says:

      Dankie, Ida. Noudat ek die dik boeke skryf is die publikasies nie so oorvloedig nie – net een per jaar. Maar dis vir my lekker om my so in een storie te verdiep vir ‘n hele nege maande lank – en glo my, dis nie toevallig dat my skryftyd aan ‘n boek juis 9 maande is nie!

      Skuba was een van die wonderlikste goed wat ek ooit aangepak het. Cecilia Britz was destyds ook my uitgewer (toe nog by Perskor) en het na die tweede een gevra dat ek nou ‘n bietjie moet aanbeweeg, weg van die skubatema af. As dit nie daarvoor was nie, sou daar dalk meer gewees het met die tema! Miskien omdat ek klein bietjie verlief was op my duikinstrukteur.

        • Chanette Paul says:

          ‘Skuus ek antwoord nou eers. Ek het Maandanag wakker geword en gedink daar is oornag ‘n Minora Fabriek in my borskas van stapel gestuur. Was toe al die tyd die begin van bronchitis. Nou darem effens beter.

          Marile, ek dink nie Gertjie se hart sal dit hou as Gys nou moet begin duik nie. Die man is darem nou al fikser en als, maar ek dink nie ek kan dit aan haar doen nie. Daar is natuurlik in die vyfde boek ‘n wrak…

  20. Marile Cloete says:

    PORSELEIN VAN STAAL was een van die heel eerste Romanzas wat ek gelees het. Dit sal dus altyd vir my spesiaal bly. En ek dink die titel is besonder skerp! Nora Roberts het mos ‘n hele klomp boeke (ek is nie seker of hul ‘n reeks vorm nie) waarin sy so speel met teenoorgesteldes, bv. HOT ICE, SACRED SINS, GENUINE LIES, ens. Op die Skrywersblog was al ‘n bespreking oor die keuse van titels – ek besef nou die gebruik van kontrasterende begrippe is iets wat ek daar moes genoem het.

    • Chanette Paul says:

      Dankie vir die verwelkoming, Marile. Ek is bly jy het Porselein geniet. Dit was nogal ‘n baie vrugbare storie vir my. Die eerste, en baie korter, weergawe het as ‘n vervolgverhaal in die Rooirose verskyn. Ek het altyd gevoel die storie het nie heeltemal tot sy reg gekom met die beperkte woordtelling wat tydskrifte toelaat nie en het dit toe oorgeskryf vir Romanza. Dis vir my wonderlik dat dit toe verlede jaar weer ‘n keer gebruik kon word vir die Duet.

      Ek sukkel baie met titels, maar ek was nogal baie in my skik met hierdie een. Deesdae hou ek liefs by een woord titels, maar dis niks makliker om die regte woord uitgedink te kry wat alles in die verhaal probeer saamvat nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s