Arien Lubbe

11257236_628183310651630_8018627271523989663_n

Ek is gebore en getoë in die Noord-Kaap langs die Oranjeriver, waar ek nog steeds bly. Van twaalf jaar af verslind ek liefdesverhale, maar ek het nooit gedink dat ek ooit sal skryf nie. Gelukkig het ek eendag probeer en die gogga het my gebyt. Ek werk voltyds en is ’n ma en vrou en my skryftyd is maar min, maar ek kan nie wag dat die huisgesin gaan slaap sodat ek myself verder kan inleef in my karakters se doen en late nie.

Arien Lubbe het haar eerste romanse gelees toe sy twaalf jaar oud was en het daarna nooit weer daarmee opgehou nie. Lag en liefde loop vir haar hand in hand en sy is absoluut verlief op die liefde. Sy het grootgeword langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap en woon steeds daar. Sy is ná vyftien jaar nog gelukkig getroud en heeltemal versot op haar tienerdogter en kleuterseunskind. Sy geniet dit om haar vrye tyd saam met familie en vriende te spandeer en na musiek te luister.

Titels deur Arien Lubbe:

  • Bernadine en die babawagter
  • Maria se keuse
  • Prys van liefde
  • Vir geld of liefde

63 thoughts on “Arien Lubbe

  1. Lize says:

    Hi Arien jou boek Vir geld of liefde was so goed gewees dankie hou daarvan dat jy die storie so mooi afgesluit het geen los storie lyne nie skryf nog asseblief x

    • Arien Lubbe says:

      Hi Lize, baie dankie. Ek het so ‘n bietjie verlengde kraamverlof geneem vir 2 jaar, maar het darem nou weer begin skryf. Ek hoop my ander stories is vir jou net so lekker soos my eerste een. ❤

  2. cecilianortje123 says:

    Hi Arien
    Ek het die naweek jou boek Prys van Liefde gelees en dit baie geniet. Jou kommentaar op die blog het myal laat vermoed dat jy ‘n uitstekende humorsin het, en jou boek het dit bevestig. Ek het regtig ‘n paar keer hardop gelag terwyl ek jou boek lees, en glo my, dit gebeur bitter selde. Mag daar nog baie boeke vir jou wees, ek is beslis ‘n nuwe fan!

  3. Miemie York says:

    Baie dankie Arien, ek vertrou dat alles goed sal gaan met die manuskrip. Geseende Kersfees en baie Nuwe Jaar ook aan jou en jou gesin. Groete, Miemie

  4. Miemie York says:

    Hi Arien, Ek het jou ontmoet by die boekbekendstelling van Exclusive Books en LAPA Uitgewers in Bloemfontein. Ek het toe uiteindelik twee weke gelede die voltooide manuskrip in gestuur na LAPA Uitgewers en het gister ontvangs erkenning ontvang. Ek het so begin twyfel of ek dit moet in handig vir evaluering, dat my man en my dogter gedreig het dat hulle dit sou instuur! Ek het reeds met my volgende manuskrip begin en reeds twee hoofstukke voltooi. Ongelukkig kom ons kleinkinders nou kuier en my man het my laat belowe dat ek eers weer in Januarie sal voortgaan. Ek weet nie hoe ek dit gaan regkry nie, sal maar in die nag skryf as almal slaap. Hou asseblief vir my duim vas! Miemie York, Brandfort

    • Arien Lubbe says:

      Hallo Miemie, ek onthou jou baie goed. Ek is baie bly om te hoor jy het nie weer daardie manuskrip in ‘n laai gaan bêre nie.

      Ek sal vir jou styf duimvas hou. Nou vir die wag vir ‘n antwoord. Dis senutergend, maar Lapa antwoord altyd so vinnig moontlik. Dit neem gewoonlik 3 – 4 maande vir hulle om ‘n manuskrip te evalueer. Ek skryf ook maar in die aande. Dis al wanneer dit stil is in my huis.

      Jy moet die Kerstyd en jou kleinkinders vreeslik geniet. Ek hou styf duimvas vir jou en ek hoop jy hou my op hoogte. Baie dankie vir jou briefie, baie sterkte met die skryfwerk (dit bly maar net lekker) en ‘n baie geseënde tyd vir jou en jou familie.

      • Miemie York says:

        Hallo Arien, baie dankie vir die goeie wense vir my skrywery en ek kan nie wag om terug voering te kry nie! Al moet ek die hele manuskrip herskryf, sal ek dit weer doen. ‘n Geseende Kersfees ook vir jou en jou gesin.

  5. Anzel Gerber says:

    Hi, Arien! Baie geluk! Ek het sopas jou boek klaar gelees, en ek moet sê, ek is impressed. Al was daar fokaliseringsfoute in… 🙂 Ek terg sommer. So leer n mens. Ek dink steeds dis n briljante storie en kan nie wag vir jou volgende een nie. Veral die gevoel waarmee jy skryf is impressive. Jy het Anza se gevoelens en gedagtes baie goed beskryf… dit het amper werklik gevoel. Ek het n paar keer kliphard gelag. En dit wil gedoen wees. Weereens baie geluk!

  6. anngert says:

    Arien, baie geluk. Ek het die boek gelees en vir jou ‘n kort hamburgertjie geksryf daar waar jy vir ‘n hamburger gevra het op die Skrywersblog.

  7. Dina Botha says:

    Hi, Dankie vir die goeie woordjie oor ‘n Man op Sig. En baie geluk met joune. Dis een wat ek beslis gaan aankoop en lees.
    Dina

  8. Naomi Eloff says:

    Baie geluk, Arien. Hoop dat daar nog baie boeke gaan wees. Jy moet ‘n ‘scrapbook’ album maak van al die kommentaar oor jou eerste boek, dis iets wat jy altyd wil onthou, veral vir daardie dae wat kom wanneer jy nie weet hoe of waar nou nie … dan blaai jy deur diè album!

    • Arien Lubbe says:

      Baie dankie Naomi. Ek dink ek gaan sommer ‘n muur in my huis aan myself toeken en my boek raam met al die kommentaar rondom.

      Toemaar, ek is darem nie ernstig nie. Baie dankie vir die idee. Ek gaan dit verseker doen.

  9. Johanna says:

    Ek skryf vir jou ‘n kuber-komment
    om my gelukwense aan te stuur
    Die herfs word nou jou debuut-moment
    Die koue afgeweer deur jou skrywersvuur

    Inspirasie was dalk vermeng met perspirasie
    gedagtevloei doodseker of weifelend
    Spelling, sinsbou, punktuasie….
    Tussen al die popcorn …. is jy die smartie!

    Johanna

    • Arien Lubbe says:

      My liefste tante.
      Ek het dalk ‘n boek agter my naam, maar ek is ligjare agter tannie en al tannie se taalkundige kennis.
      Baie dankie vir my uitsonderlike en pragtige boodskap. Ook vir al die ondersteuning en jare se liefde wat jul so mildelik uitdeel.
      Liefde

  10. Cindy Robertson says:

    Hi Arien
    Baie, baie geluk. Daar is niks wat daarmee kan vergelyk om al jou al ure se harde werk in gedrukte vorm te sien nie, en vir die meeste van ons is dit die toppunt van jare se droom en sweet. Ek kyk uit vir jou boek – as ek sien hoeveel van jou vriende en familie erg opgewonde is, WEET ek dat dit goed gaan wees!

    • Arien Lubbe says:

      Vreeslik dankie Cindy. Dis baie lekker om sulke boodskappies te kry. Ek hoop nie my boek stel teleur nie. Ek het die hele vlak in kennis gestel. My familie en vriende is ‘n ongelooflike steunpilaar en baie ondersteunend.

  11. Marscha Britz says:

    Sjoe, vriendin! Geen wonder ek moet elke oggend vir jou en kleinsus wag nie…Ek sou ook laat slaap as ek sulke lekker drome droom! Baie geluk met die boek. Weet dit gaan nog groot gaan! Kan nie wag om dit te lees nie! Liefde

    • Arien Lubbe says:

      Ek het jou darem al persoonlik bedank, maar weereens dankie. Onthou wat ek gesê het van ‘n komende boek se karakters. Hopelik sal dominee se hart dit hou.
      Sterkte met al daardie graad 1 rillertjies vir wie ons so lief is. Jy’s ‘n fantastiese juffrou en nog ‘n beter vriendin.
      Liefde

  12. Annemarie says:

    Hi Nig, nou toe nou, ek het ‘n talentvolle familie. Dis lekker om op iemand te kan roem en te kan sê – ek ken haar tog! Ek is rerig erig trots op jou.

  13. tannie elsabé says:

    Meisiekind,
    Ek het nooit beplan om vanoggend voor die rekenaar te sit en huil nie. My hart wil oopbars van trots. Toe Frans se eerste storie verskyn het, het ek gedink my hart spring by my keel uit. Nou doen jy dieselfde aan my. Baie geluk! Ons is verskriklik trots op jou en glo ons kan uit ons harte sing: “Kinders by dosyne”. Ons Hemelse Vader het darem maar net ‘n awesome manier om te kompenseer, nie waar nie? Sien jul DV oor ‘n paar dae

    • Arien Lubbe says:

      Sjoe, nou het tannie my ook in trane en vol hoendervleis. Baie dankie vir my mooi boodskap tannie. Liefde en ek sien uit daarna om julle weer te sien.

    • Arien Lubbe says:

      Dankie Magdaleen. Ek is bly die opwinding is elke keer daar, maar is dit nou nodig dat die spanning ook elke keer teenwoordig moet wees.

  14. Mari Roberts says:

    Wel, dit is vir my ‘n voorreg om darem net te kan sê: You go girl! Ek kan nie wag om die boek te lees nie en dan gaan ek jou kontak!

  15. Marlize says:

    Sjoe Skoonsus!

    Lekker om met jou familie te kan spog! Ons is so trots op jou. Kan dit nie glo! Sien erg uit om jou boek te lees!
    Wens jy was hier dat ons darm n koffetjie op jou kon drink!

    • Arien Lubbe says:

      Dankie Mara. Ek verlang julle netso. Hoekom julle nou ook jul heil moes vind in Sodom en Gomora, sal net julle weet! Ons beplan darem om Junie na ons nuwe nefie te kom kyk! Dan sal ek bietjie pop speel en jy kan ‘n volle nagrus inkry. (Dan kan jy ook seker ‘n slag ietsie anders as koffie drink)

  16. Marietjie Welgens says:

    Baie geluk Arien
    Daardie gevoel wat jy nou ondervind kom nie baie in jou lewe voor nie. Dit is ‘n ambisie wat jy verwesenlik het … jy, en die genade van God. Jou latere boeke is steeds lekker, maar die eerste is die beste.

    • Arien Lubbe says:

      Dankie Marietjie. Jou woorde beteken vir my baie. Ek kan nogals dink dat daar nie nog een soos jou eerste sal wees nie. Ek sal tevrede wees om ‘n ‘one-book-wonder’ te word.

    • Arien Lubbe says:

      Dankie tannie. Nou wag ek net vir tannie se boek… Ek is nie so seker oor toor met woorde nie, maar tannie weet mos dat ek ure lank aan ‘n storie kan vertel. Ek hoop om tannie gou weer te sien.

  17. Rykie Roux says:

    Geluk, Arien! Dit is ’n wonderlike voorblad. Net jammer April is nog so ver, want om daardie stapeltjie van ses in jou hande te hou is ongelooflik, jy sal sien. Julle moet, moet, moet daardie aand gaan uiteet en sjampanje drink!

    • Arien Lubbe says:

      Ek glo jou. Kan jy jou voorstel hoe ek te kere sal gaan wanneer ek daardie pakkie ontvang?! Ek gaan dit verseker vier, maar nie met ‘n uiteet nie. Ek sal ‘n straatbraai moet hou om almal te kan huisves.

  18. Lisbé Smith says:

    Hi jy!
    Baie trots op jou!
    Sal graag die boek wil lees, is nogal effens verslaaf aan “omkrul-tone-van-lekkerkry” boeke!

    • Arien Lubbe says:

      Dankie Lizbè. Jy is verseker op die regte plek as jy lekker boeke soek om te lees! Hier is skrywers om van te kies en te keur. Ek sal sorg dat jy een van my boeke kry.

  19. LIZELDA says:

    Wow!!!!, daar is ‘n knop in my keel!Dis ongelooflik! Ek weet nie eers wat om te sê nie, behalwe dat jy nou loshande DIE coolste vriendin is wat ek het. Baie baie geluk, WOW!

    • Arien Lubbe says:

      Dankie vriendin. Ook vir al jou ondersteuning en inspirasie. Jy is die beste vriendin waarvoor ‘n mens kan vra. En jy het nie eers nodig om ‘n boek te skryf dat ek dit kan sê nie.

    • Arien Lubbe says:

      Ha-ha! Ek het julle gesê ek gaan vir almal vertel. Ek is bly dat dit die blog ‘n bietjie bloot gestel het. Ek weet van ten minste een persoon wat by die ander lesers ook ingeloer het. Sy het vir my gesê dit was heerlik om die skrywers se kommentaar te lees, want sy is gaande oor hulle taalgebruik.

  20. Jolandi Kruger says:

    Hi Ousus,

    Ek is so ongelooflik trots op jou!! Het amper ‘n traan gepik toe ek jou foto en boek sien, selfs al is dit bietjie my deurmekaar hormone se skuld…

    Hoop hierdie is die eerste van ‘n hele reeks boeke, en ek belowe ek gaan elkeen van hulle lees! Ek spog met almal oor jou, en ek hoop elke boek bring vir jou eindelose vreugde en trots.

    En onthou, as jou idees opraak, skryf ‘n roman oor jou oulike sussie…

    Lief jou, Ousie!

    • Arien Lubbe says:

      Dankie tittie!
      Jy’s die beste sus in die hele wye wêreld! Ek sal ‘n boekie opdra aan jul baba – sodra jy my sê of dit pienk of blou is!

    • Arien Lubbe says:

      Baie dankie Marile. Ten minste hoef ons nie hierdie baba se doek om te ruil nie! Dankie vir al jou advies en hulp. Dit maak dinge baie makliker vir ons ‘rookies’

  21. Marieta says:

    Liefkind,

    Baie geluk! Ons is eindeloos trots op jou! Kan nie wag om ‘n eksemplaar in die hande te hou nie (al het ek dit TWEE keer reeds moes deurlees!)

    Hoop hierdie is die eerste van vele heerlike boeke en die begin van ‘n nuwe pad vir jou vorentoe. Hou jou voetjies vas op Moeder Aarde en jou kop vol stories.

    • Arien Lubbe says:

      Dankie moeksie! Baie dankie vir alles en dat ma my boek al 2 keer gelees het en dit ‘n 3de keer ook sal lees net omdat dit sonder spelfoute is. Lief jou my antie.

  22. Dina Botha says:

    Baie geluk. Jy kan seker nie wag vir jou eerste “babatjie” nie. Hoop daar is nog sommer baie. Dankie dat jy so baie van my boeke gelees het. Dis lekker om te hoor iemand hou daarvan.

Leave a comment